1 Werp jou brood uit op die water, want n verloop van baie dae sal jy dit vind.

2 Gee 'n deel aan sewe, ja, ook aan agt; want jy weet nie watter onheil daar op die aarde sal wees nie.

3 As die wolke vol reën is, giet hulle dit uit op die aarde; en as 'n boom na die suide of na die noorde val, op die plek waar die boom val, daar bly hy lê.

4 Wie op die wind ag gee, sal nie saai nie; en wie na die wolke kyk, sal nie oes nie.

5 Soos jy nie weet wat die weg van die wind is, of hoe die gebeente in die skoot van 'n swangere is nie, net so weet jy nie die werk van God wat alles doen nie.

6 Saai jou saad in die môre , en laat teen die aand jou hand nie rus nie; want jy weet nooit watter een sal geluk nie, hierdie of daardie, en of altwee saam goed sal wees nie.

7 Verder, soet is die lig, en goed is dit vir die oë om die son te aanskou.

8 Want as die mens baie jare lewe, moet hy hom in die almal verheug en dink aan die dae van duisternis, dat dit baie sal wees; alles wat kom, is nietigheid.

9 Verbly jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid; en wandel in die weë van jou hart en in die aanskouing van jou oë; maar weet dat God jou oor al hierdie dinge in die gerig sal bring.

10 En weer verdriet uit jou hart, en hou die kwale weg van jou liggaam, want die jeug en die jonkheid is nietigheid.

1 要把你的粮食撒在水面上, 因为日久你必得回。

2 你要分为七份, 或分为八份, 因为你不知道将来会有什么灾祸在地上发生。

3 云若充满水气, 雨就倾倒在地上; 树无论向南倒, 或向北倒, 倒在哪里, 就横在哪里。

4 看风的, 不撒种; 观云的, 不收割。

5 你不晓得风的路向, 不知道骨头如何在孕妇胎中形成, 照样, 创造万物之 神的作为, 你也不得而知。

6 早晨要撒你的种, 直到黄昏也不要歇手; 因为你不知道哪一样种得成, 是早撒的, 或晚撒的, 或两者都一样好。

7 光是美好的, 眼睛得见天日, 也是好的。

8 人无论多长寿, 都当乐在其中, 不过他要想到黑暗的日子, 因为这些日子将会很多; 要来的, 都是虚空的。

9 年轻人哪! 你在幼年时要快乐, 在壮年的日子, 要使你的心欢畅; 顺着你心所愿的, 眼所见的去行。不过, 你要知道, 为了这一切事, 神必审问你。

10 所以你当除掉心中的烦恼, 除去肉体的疾苦, 因为无论是幼年或是壮年, 都是虚空的。