1 'n Bejaarde man moet jy nie hard bestraf nie, maar vermaan hom soos 'n vader, jongeres soos broers,

2 bejaarde vroue soos moeders, jongeres soos susters in alle reinheid.

3 Eer die weduwees wat waarlik weduwees is.

4 Maar as 'n weduwee kinders of kleinkinders het, laat hulle eers leer om teenoor hulle eie huis eerbied te betoon en vergelding te doen aan hulle ouers; want dit is goed en aangenaam voor God.

5 En sy wat waarlik weduwee is en alleen gelaat is, hoop op God en bly in smekinge en gebede nag en dag.

6 Maar sy wat losbandig is, is lewendig dood.

7 Beveel ook hierdie dinge, sodat hulle onberispelik kan wees.

8 Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as 'n ongelowige.

9 Laat 'n weduwee gekies word, nie minder as sestig jaar oud nie, wat die vrou van een man gewees het

10 en getuienis het van goeie werke, as sy kinders grootgemaak het, gasvry gewees het, die voete van die heiliges gewas het, verdruktes gehelp en elke goeie werk nagestreef het.

11 Maar jy moet die jong weduwees afwys; want wanneer hulle tot oneer van Christus wellustig word, wil hulle trou

12 en kom onder 'n oordeel, omdat hulle hul eerste geloof verwerp het.

13 En tegelykertyd leer hulle ook om ledig by die huise rond te gaan; en nie alleen is hulle ledig nie, maar ook praatsiek en bemoeisiek, want hulle praat wat nie behoorlik is nie.

14 Ek wil dan hê dat die jong weduwees moet trou, kinders baar, hulle huise regeer en die teëparty geen aanleiding gee om kwaad te spreek nie.

15 Want sommige het al afgewyk agter die Satan aan.

16 As 'n gelowige man of 'n gelowige vrou weduwees by hulle het, moet die aan hulle hulp verleen; en laat die gemeente nie beswaar word nie, sodat dit die wat waarlik weduwees is, kan help.

17 Laat die ouderlinge wat goed regeer, dubbele eer waardig geag word, veral die wat arbei in woord en leer.

18 Want die Skrif sê: Jy mag 'n os wat graan dors, nie muilband nie; en: Die arbeider is sy loon werd.

19 Moenie 'n beskuldiging teen 'n ouderling aanneem nie, behalwe op die getuienis van twee of drie.

20 Bestraf die wat sondig, in die teenwoordigheid van almal, sodat ook die ander kan vrees.

21 Ek besweer jou voor God en die Here Jesus Christus en die uitverkore engele dat jy hierdie dinge sonder vooroordeel in ag neem en niks uit partydigheid doen nie.

22 Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.

23 Moenie langer water alleen drink nie, maar gebruik 'n bietjie wyn ter wille van jou maag en jou herhaalde ongesteldhede.

24 Die sondes van sommige mense is baie duidelik en gaan voor hulle uit tot die oordeel, maar volg ander eers agterna.

25 Net so is ook die goeie werke baie duidelik, en ook die wat anders is, kan nie weggesteek word nie.

1 不要严厉责备老年人, 却要劝他好像劝父亲; 劝青年人好像劝弟兄;

2 劝年老的妇人好像劝母亲; 存着纯洁的心, 劝青年女子好像劝姊妹。

3 要敬重供养那些无依无靠的寡妇。

4 寡妇若有儿孙, 就应当让儿孙先在自己家里学习孝道, 报答亲恩, 因为这在 神面前是蒙悦纳的。

5 那无依无靠独居的寡妇, 她们仰望 神, 昼夜不住地祈求祷告。

6 寡妇若奢侈宴乐, 虽然活着也是死的。

7 这些事你要嘱咐她们, 使她们无可指摘。

8 人若连自己的家人也不供养, 就是背弃信仰, 比不信的人还不如。

9 寡妇登记, 年纪必须到达六十岁, 只作过一个丈夫的妻子,

10 并且要有善行的见证: 就如养育儿女, 接待客旅, 替圣徒洗脚, 救济困苦的人, 尽力行各样的善事等。

11 至于年轻的寡妇, 不要给她们登记, 因为她们一旦情欲冲动而背弃基督的时候, 就想结婚。

12 她们被定罪, 是因为丢弃了起初的信誓。

13 同时, 她们懒惰惯了, 挨家闲游; 不但懒惰, 而且好说闲话, 好管闲事, 说不该说的话。

14 因此, 我愿年轻的寡妇结婚, 生儿育女, 管理家务, 不给敌人有辱骂的机会;

15 因为有些人已经转去跟从撒但了。

16 如果信主的妇女家中有寡妇, 她就应该救济她们, 不要让教会受累。这样, 教会就可以救济那些无依无靠的寡妇了。

17 那些善于治理教会的长老, 尤其是那些在讲道和教导上劳苦的长老, 你们应当看他们是配受加倍的敬重和供奉的。

18 因为经上说: "牛踹谷的时候, 不可笼住它的嘴。"又说: "作工的配得工价。"

19 控诉长老的事, 除非有两三个证人, 否则不要受理。

20 常常犯罪的, 你要当众责备他们, 使其余的人也有所惧怕。

21 我在 神和基督耶稣以及蒙拣选的天使面前叮嘱你, 要毫无成见地持守这些话, 行事也不要偏心。

22 不要匆匆忙忙地替别人按手, 也不要在别人的罪上有分, 要保守自己清洁。

23 因为你的胃不好, 而且身体常常软弱, 不要单单喝水, 可以稍微用点酒。

24 有些人的罪是明显的, 就先受审判; 有些人的罪是后来才显露出来的。

25 照样, 善行也是明显的, 就算不明显, 也不能隐藏。