1 Daarna het die HERE met Moses gespreek en gesê:
2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land van julle inwoning kom wat Ek aan julle gee,
3 en julle 'n vuuroffer aan die HERE wil berei, 'n brandoffer of slagoffer -- deur 'n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer of by julle feestye -- om vir die HERE 'n lieflike geur van beeste of van kleinvee te berei,
4 dan moet die een wat sy offer aan die HERE bring, as spysoffer bring 'n tiende van 'n efa fynmeel, gemeng met 'n kwart-hin olie;
5 en wyn vir die drankoffer, 'n kwart-hin, moet jy berei by die brandoffer of vir die slagoffer, vir elke lam.
6 Of vir 'n ram moet jy as spysoffer berei twee-tiendes van 'n efa fynmeel, met 'n derde van 'n hin olie gemeng.
7 En 'n derde van 'n hin wyn vir die drankoffer moet jy as lieflike geur aan die HERE bring.
8 En as jy 'n jong bul as brandoffer of slagoffer berei, deur 'n besondere gelofte te volbring of as dankoffer aan die HERE,
9 moet hy by die jong bul as spysoffer bring drie-tiendes van 'n efa fynmeel met 'n half-hin olie gemeng.
10 En vir die drankoffer moet jy 'n half-hin wyn bring, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
11 So moet gedoen word by elke bees of by elke ram of by 'n lam van die skape of van die bokke.
12 Volgens die getal wat julle berei -- so moet julle doen by elkeen volgens hulle getal.
13 Elke kind van die land moet hierdie dinge op dieselfde manier doen, om 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE te bring.
14 En as 'n vreemdeling by julle vertoef, of hy wat vir geslagte onder julle is, en 'n vuuroffer van lieflike geur vir die HERE berei -- soos julle doen, so moet hy doen.
15 Wat die vergadering aangaan, een en dieselfde insetting geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef. 'n Ewige insetting in julle geslagte is dit: soos julle, so moet die vreemdeling voor die aangesig van die HERE wees.
16 Een wet en een reg moet geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef.
17 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
18 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land kom waarheen Ek julle bring,
19 moet julle, as julle van die brood van die land eet, 'n offergawe aan die HERE afgee.
20 As eersteling van julle growwe meel moet julle 'n koek as offergawe afgee; net soos die offergawe van die dorsvloer, so moet julle dit afgee.
21 Van die eerstelinge van julle growwe meel moet julle 'n offergawe aan die HERE gee in julle geslagte.
22 Verder, as julle jul misgaan en nie al hierdie gebooie doen wat die HERE aan Moses meegedeel het nie --
23 alles wat die HERE julle deur Moses beveel het van die dag af dat die HERE dit beveel het en verder in julle geslagte --
24 dan moet die hele vergadering, as dit buiten wete van die vergadering, in swakheid gebeur het, een jong bul berei vir 'n brandoffer as lieflike geur aan die HERE, met die spysoffer en die drankoffer wat volgens voorskrif daarby behoort; en een bokram as sondoffer.
25 En die priester moet versoening doen vir die hele vergadering van die kinders van Israel, en dit sal hulle vergewe word; want 'n swakheid was dit, en hulle het hul offer as vuuroffer aan die HERE en hul sondoffer, weens hulle swakheid, voor die aangesig van die HERE gebring.
26 Dit sal dan die hele vergadering van die kinders van Israel vergewe word, ook die vreemdeling wat onder hulle vertoef; want dit het die hele volk deur swakheid oorgekom.
27 En as 'n enkele siel in swakheid sondig, moet die 'n jaaroud bokooi as sondoffer bring.
28 En die priester moet versoening doen vir die siel wat hom misgaan het, weens sy sonde in swakheid voor die aangesig van die HERE begaan, om vir hom versoening te doen; en dit sal hom vergewe word.
29 Wat die kind van die land onder die kinders van Israel aangaan en die vreemdeling wat onder hulle vertoef -- een en dieselfde wet moet vir julle geld, vir hom wat in swakheid iets doen.
30 Maar die siel wat iets moedswillig doen, van die kinders van die land of van die vreemdelinge, hy versmaad die HERE; en die siel moet uitgeroei word onder sy volk uit.
31 Want die woord van die HERE het hy verag en sy gebod verbreek. Di, siel moet sekerlik uitgeroei word; sy ongeregtigheid is op hom.
32 En toe die kinders van Israel in die woestyn was, het hulle 'n man gekry wat op die sabbatdag hout bymekaarmaak.
33 En die wat hom gekry het terwyl hy hout bymekaarmaak, het hom na Moses en A„ron en na die hele vergadering gebring.
34 En hulle het hom in die gevangenis gesit, want dit was nie beslis wat met hom gedoen moes word nie.
35 Toe sê die HERE vir Moses: Die man moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom buitekant die laer stenig.
36 Toe het die hele vergadering hom buitekant die laer uitgebring en hom gestenig, dat hy gesterf het, soos die HERE Moses beveel het.
37 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
38 Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle, hulle moet vir hulle klossies maak aan die hoeke van hul klere, in hulle geslagte, en aan die hoekklossies 'n draad van pers stof vasbind.
39 En dit sal julle as klossies dien: as julle dit sien, moet julle aan al die gebooie van die HERE dink, dat julle dit doen en nie jul hart en jul oë navolg waar julle agter aan hoereer nie,
40 sodat julle aan al my gebooie mag dink en dit doen, en aan julle God heilig mag wees.
41 Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het om vir julle 'n God te wees. Ek is die HERE julle God.
1 耶和华对摩西说:
2 "你要告诉以色列人: 你们进入我赐给你们居住之地的时候,
3 如果要从牛群或羊群, 拿牛羊作火祭献给耶和华, 无论是燔祭, 或是其他的祭, 为要还特许的愿, 或是作甘心的祭, 或是在你们的节期献上的, 都要献给耶和华作为馨香的祭;
4 那献供物的, 要把一公斤细面和一公斤油调和作素祭, 献给耶和华。
5 此外, 无论是燔祭或是别的祭, 为每只绵羊羔你要一同献上一公升作奠祭的酒。
6 或是为每只公绵羊, 你要一同献上两公斤细面, 用一公升半油调和作素祭;
7 你也要用一公升半酒作奠祭, 献给耶和华作馨香的祭。
8 你若是预备公牛犊作燔祭, 或是别的祭, 为要还特许的愿, 或是作平安祭, 献给耶和华,
9 就要把三公斤细面, 用两公升油调和作素祭, 和公牛犊一同献上;
10 也要用两公升酒作奠祭, 献给耶和华为馨香的火祭。
11 "献一头公牛, 或一只公绵羊, 或一只绵羊羔, 或一只山羊羔, 都要这样办理。
12 照着你们预备的数目, 每只都要这样办理。
13 本地人献馨香的火祭给耶和华, 都要这样办理。
14 如果有外人与你们同住, 或有人世世代代住在你们中间的, 要献馨香的火祭给耶和华; 你们怎样办理, 他也要怎样办理。
15 至于全众, 无论是你们, 或是与你们同住的外人, 都一样的规例, 作你们世世代代永远的规例; 在耶和华面前, 你们怎样, 寄居的人也怎样。
16 你们和住在你们中间的外人, 都只有一样的法规, 一样的典章。"
17 耶和华对摩西说:
18 "你要告诉以色列人: 你们到了我领你们进去的那地,
19 吃那地的粮食的时候, 就要把举祭献给耶和华。
20 你们要用初熟的麦面作饼当举祭献上, 你们献时, 好像献上禾场的举祭一样。
21 你们世世代代要把初熟的麦面作举祭献给耶和华。
22 "如果你们作错了事, 没有守耶和华吩咐摩西的这一切命令,
23 就是耶和华借摩西吩咐你们的一切事, 从耶和华吩咐的那一天起, 直到你们的世世代代;
24 如果有无心之失, 是会众不知道的, 全体会众就要把一头公牛犊作燔祭, 作为献给耶和华馨香的祭, 并且照着规章把素祭和奠祭一同献上, 又献一只公山羊作赎罪祭。
25 祭司要为以色列全体会众赎罪, 他们就必蒙赦免; 因为这是无心之失, 他们又因自己的无心之失, 把供物, 就是献给耶和华的火祭和赎罪祭, 一起奉到耶和华面前,
26 以色列全体会众和寄居在他们中间的外人, 就必蒙赦免, 因为全体人民都犯了无心之失。
27 "如果一个人误犯了罪, 他就要献一只一岁的母山羊作赎罪祭。
28 祭司要在耶和华面前为那误犯的人赎罪, 因为他犯罪是出于无心; 祭司为他赎罪, 他就必蒙赦免。
29 对于犯了无心之失的人, 无论是本地人或是寄居在他们中间的外人, 都有一样的法例。
30 但那胆大妄为的人, 无论是本地人或是寄居的, 若是亵渎了耶和华, 那人总要从民间剪除。
31 因为他藐视耶和华的话, 违犯耶和华的命令, 那人必被剪除; 他的罪孽要归到他身上。"
32 以色列人在旷野的时候, 有一个人在安息日捡柴。
33 遇见他捡柴的人, 就把他带到摩西、亚伦和全体会众那里。
34 他们把他收在监里, 因为要怎样办他, 还未明朗。
35 耶和华对摩西说: "那人必须处死, 全体会众要在营外用石头把他打死。"
36 于是全体会众把他拉出营外, 用石头把他打死, 正如耶和华吩咐摩西的。
37 耶和华对摩西说:
38 "你要告诉以色列人, 叫他们世世代代在自己衣服的边上作繸子, 又在繸子上, 钉上一根蓝色的细带子;
39 这要作你们的繸子, 叫你们一看见, 就记得耶和华的一切命令, 并且遵行; 不随从自己的心意和眼目乱跑, 像你们素常乱跑行淫一样,
40 好使你们记得, 并且遵行我的一切命令, 又使你们成为圣洁, 归给你们的 神。
41 我是耶和华你们的 神, 曾把你们从埃及地领出来, 为要作你们的 神; 我是耶和华你们的 神。"