1 En die HERE het met Moses gespreek in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van J,rigo, en gesê:

2 Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle aan die Leviete van hulle erflike besitting stede gee om te bewoon; ook moet julle weiveld rondom die stede aan die Leviete gee.

3 En die stede moet vir hulle dien om te bewoon; maar die weiveld wat daarby behoort, moet vir hulle diere en hulle besitting en al hulle lewende hawe wees.

4 En die weiveld van die stede wat julle aan die Leviete gee, moet van die stadsmuur af buitentoe duisend el rondom wees.

5 En julle moet buitekant die stad meet: aan die oostekant twee duisend el en aan die suidekant twee duisend el en aan die westekant twee duisend el en aan die noordekant twee duisend el, en die stad in die middel. Dit moet vir hulle as weiveld van die stede dien.

6 En die stede wat julle aan die Leviete gee, moet die ses vrystede wees wat julle moet gee, dat die een wat 'n doodslag begaan het, daarheen kan vlug; en daarby moet julle twee en veertig stede gee.

7 Al die stede wat julle aan die Leviete gee, moet wees agt en veertig stede, hulle saam met hul weiveld.

8 En wat die stede betref wat julle uit die besitting van die kinders van Israel gee -- julle moet van die wat baie is, baie neem, en van die wat min is, min neem; elke stam moet van sy stede aan die Leviete gee volgens die erfdeel wat elkeen gaan kry.

9 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

10 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle deur die Jordaan na die land Kana„n trek,

11 moet julle gunstig geleë stede vir julle uitsoek; as vrystede moet hulle vir julle dien, dat die een wat 'n doodslag begaan het, een wat per ongeluk 'n mens doodgeslaan het, daarheen kan vlug.

12 En die stede moet vir julle as toevlug dien vanweë die bloedwreker, sodat hy wat 'n doodslag begaan het, nie sterwe voordat hy voor die vergadering gestaan het om geoordeel te word nie.

13 En die stede wat julle gee, moet vir julle, ses in getal, as vrystede dien.

14 Drie van die stede moet julle oos van die Jordaan gee, en drie daarvan moet julle in die land Kana„n gee; vrystede moet hulle wees.

15 Vir die kinders van Israel en die vreemdeling en die bywoner onder hulle moet hierdie ses stede as toevlug dien, sodat elkeen daarheen kan vlug wat per ongeluk 'n mens doodgeslaan het.

16 Maar as hy hom slaan met 'n ystervoorwerp, sodat hy sterwe, dan is hy 'n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.

17 En as hy hom slaan met 'n klip in die hand -- waardeur iemand kan sterwe -- en hy sterwe, dan is hy 'n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.

18 Of as hy hom slaan met 'n houtvoorwerp in die hand -- waardeur iemand kan sterwe -- en hy sterwe, dan is hy 'n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.

19 Die bloedwreker, hy moet die moordenaar doodmaak; as hy hom kry, moet hy hom doodmaak.

20 En as hy hom uit haat stamp of met opset na hom gooi, sodat hy sterwe,

21 of hom uit vyandskap met sy hand slaan, sodat hy sterwe, dan moet hy wat geslaan het, sekerlik gedood word; hy is 'n moordenaar; die bloedwreker moet die moordenaar doodmaak as hy hom kry.

22 Maar as hy hom onvoorsiens, sonder vyandskap, stamp of enigiets sonder opset na hom gooi;

23 of as hy enige klip waardeur iemand kan sterwe -- as hy, sonder om dit te sien, dit op hom laat val, sodat hy sterwe, terwyl hy geen vyand van hom was en sy onheil nie gesoek het nie,

24 dan moet die vergadering tussen hom wat doodgeslaan het, en die bloedwreker oordeel volgens hierdie voorskrifte.

25 En die vergadering moet hom wat 'n doodslag begaan het, red uit die hand van die bloedwreker, en die vergadering moet hom laat teruggaan na sy vrystad waarheen hy gevlug het; en hy moet daarin bly tot die dood van die hoëpriester wat met die heilige olie gesalf is.

26 Maar as hy wat 'n doodslag begaan het, ooit buitekant die grens van sy vrystad gaan waarheen hy moes vlug,

27 en die bloedwreker hom buitekant die grens van sy vrystad kry, en die bloedwreker hom doodslaan wat 'n doodslag begaan het, dan sal daar vir hom geen bloedskuld wees nie.

28 Want hy moet in sy vrystad bly tot die dood van die hoëpriester; maar n die dood van die hoëpriester mag die een wat 'n doodslag begaan het, teruggaan na die land waar sy besitting lê.

29 En dit moet vir julle 'n regsinsetting wees in julle geslagte, in al julle woonplekke.

30 As iemand 'n mens doodslaan, moet die moordenaar op verklaring van getuies gedood word; maar een getuie is nie genoegsaam om iemand tot die dood te veroordeel nie.

31 Maar julle mag geen losgeld aanneem vir die lewe van 'n moordenaar wat skuldig is om te sterwe nie, want hy moet sekerlik gedood word.

32 Ook mag julle geen geld aanneem om iemand vry te stel van die vlug na sy vrystad -- sodat hy kan teruggaan om in die land te woon -- tot op die dood van die hoëpriester nie.

33 En julle mag die land nie ontheilig waar julle in is nie; want die bloed ontheilig die land, en vir die land word geen versoening gedoen vir die bloed wat daarin vergiet is nie, as net deur die bloed van hom wat dit vergiet het.

34 En jy mag die land waar julle in woon, nie verontreinig nie, omdat Ek daarin woon; want Ek, die HERE, woon in die midde van die kinders van Israel.

1 耶和华在耶利哥对面, 约旦河边的摩押平原, 对摩西说:

2 "你要吩咐以色列人, 叫他们从所得为业的地中, 把一些城给利未人居住, 也把这些城周围的郊区给利未人。

3 这些城要归他们居住, 城的郊区可以牧放他们的牛羊和一切牲畜, 也可以存放他们的财物。

4 "你们给利未人的城郊, 要从城墙起, 周围向外量四百五十公尺。

5 你们又要从城外, 向东面量九百公尺, 向南面量九百公尺, 向西面量九百公尺, 向北面量九百公尺, 城在中间; 这要归给他们作城外的郊区。

6 你们分给利未人的城, 其中要有六座避难城, 让误杀人的可以逃到那里去, 此外还要给他们四十二座城。

7 这样, 你们所要给利未人的城, 共为四十八座, 连城带城郊都要给他们。

8 从以色列人所得的地业中, 你们要把一些城给利未人, 人多的就要多给, 人少的就要少给; 每个支派要照着自己承受的产业, 把城分给利未人。"

9 耶和华对摩西说:

10 "你要吩咐以色列人说: ‘你们过约旦河, 进到迦南地的时候,

11 就要选择几座城, 给你们作避难城, 让误杀人的, 就是无心杀死人的, 可以逃到那里。

12 它们可以作你们逃避报仇者的避难城, 使误杀人的不至于死, 直到他站在会众面前受审判。

13 你们指定的城, 要给你们作六座避难城。

14 在约旦河东面, 你们要分出三座城; 在迦南地, 你们也要分出三座城, 都要作避难城。

15 这六座城要给以色列人和外族人, 以及他们中间居住的人作避难城, 使无心杀人的人, 都可以逃到那里去。

16 "‘如果人用铁器打人, 以致把人打死, 他就是故意杀人的; 故意杀人的必被处死。

17 如果人手里拿着可以打死人的石头打人, 以致把人打死, 他就是故意杀人的; 故意杀人的必被处死。

18 如果人手里拿着可以打死人的木器打人, 以致把人打死, 他就是故意杀人的; 故意杀人的必被处死。

19 报血仇的, 要亲自把那故意杀人的杀死; 一遇见他, 就可以杀死他。

20 如果人因怀恨把人推倒, 或是埋伏着向人扔东西, 以致把人打死;

21 或者因仇恨用手打人, 以致把人打死; 那打人的, 必被处死, 因为他是故意杀人的; 报血仇的一遇见凶手, 就可以杀死他。

22 "‘但是, 如果人没有仇恨, 忽然把人推倒, 或是无意向人投掷什么器皿,

23 或是因为没有看见, 用任何可以打死人的石头, 扔在人身上, 以致把人打死, 他本来与他无仇, 也无意害他;

24 这样, 会众就要照着典章, 在打死人的和报血仇的人中间施行裁判。

25 会众要把误杀人的, 从报血仇的人手中救出来; 他要住在城中, 直到受膏的大祭司死了。

26 但误杀人的, 若是出了他逃进的避难城的境界,

27 报血仇的在避难城境外遇着他, 把他杀了, 报血仇的就没有犯流人血的罪。

28 因为那误杀人的应该住在避难城中, 直到大祭司死了; 大祭司死了以后, 那误杀人的才可以回到他自己地业去。

29 "‘这在你们一切居住的地方, 要作你们世世代代的律例典章。

30 杀人的, 要凭着几个见证人的口供, 才可以把他处死; 如果只有一个见证人, 就不能指证把人处死。

31 犯了死罪, 故意杀人的, 你们不可收取赎价代他赎命, 因为他必被处死。

32 逃到避难城的人, 你们也不可收取他的赎价, 使他在大祭司未死以前回到本地居住。

33 这样, 你们就没有玷污你们居住的地, 因为血能玷污地; 在地上如果有流人血的, 除非流那故意杀人者的血, 那地的血就不能得赎。

34 你们不可玷污你所住的地, 就是我居住的地, 因为我耶和华是居住在以色列人中间的。’"