1 En Dar¡us, die Meder, was twee en sestig jaar oud toe hy die koningskap ontvang het.

2 Dit het Dar¡us behaag om oor die koninkryk honderd en twintig landvoogde aan te stel wat in die hele koninkryk sou wees;

3 en oor hulle drie ministers, van wie Daniël een was, aan wie die landvoogde rekenskap moes gee, sodat die koning nie sou skade ly nie.

4 Toe het hierdie Daniël bo die ministers en die landvoogde uitgemunt, omdat 'n voortreflike gees in hom was; daarom was die koning van plan om hom oor die hele koninkryk aan te stel.

5 Toe het die ministers en die landvoogde gesoek om 'n grond vir 'n aanklag teen Daniël te vind met betrekking tot die regering, maar hulle kon geen enkele grond vir 'n aanklag of verkeerde handeling vind nie, omdat hy getrou was en geen nalatigheid of verkeerde handeling by hom te vinde was nie.

6 Daarop het die manne gesê: Ons sal teen hierdie Daniël geen enkele grond vir 'n aanklag vind nie, tensy ons dit teen hom vind in sy godsdiens.

7 Toe het hierdie ministers en landvoogde die koning bestorm en so vir hom gesê: Mag koning Dar¡us vir ewig lewe!

8 Al die ministers van die koninkryk, die bevelhebbers en die landvoogde, die raadsmanne en die goewerneurs het beraadslaag dat die koning 'n verordening moet uitvaardig en 'n verbod bekragtig dat elkeen wat gedurende dertig dae 'n versoek rig aan enige god of mens behalwe aan u, o koning, in die leeukuil gegooi sal word.

9 Stel nou 'n verbod vas, o koning, en laat 'n bevelskrif skrywe wat volgens die onveranderlike wet van Meders en Perse onherroeplik is.

10 Hierom het koning Dar¡us die bevelskrif en die verbod geskrywe.

11 En net toe Daniël verneem dat die bevelskrif geskrywe was, het hy in sy huis gegaan; en hy het in sy bo-kamer vensters gehad wat oop was in die rigting van Jerusalem, en hy het drie maal op 'n dag op sy knieë geval en gebid en lofprysinge uitgespreek voor sy God, net soos hy tevore gedoen het.

12 Daarop het daardie manne aangestorm en Daniël gevind terwyl hy bid en voor sy God om genade smeek.

13 Hulle het toe nader gekom en voor die koning oor die koninklike verbod gespreek: Het u nie 'n verbod geskrywe dat elkeen wat gedurende dertig dae 'n versoek doen aan enige god of mens behalwe aan u, o koning, in die leeukuil gegooi moet word nie? Die koning het geantwoord en gesê: Die saak staan vas volgens onherroeplike wet van Meders en Perse.

14 Toe het hulle geantwoord en voor die koning gesê: Daniël, een van die Joodse ballinge, het hom aan u, o koning, en aan u verbod wat u geskrywe het, nie gesteur nie, maar drie maal op 'n dag doen hy sy gebed.

15 Toe die koning die woord hoor, het dit hom baie mishaag, en hy het planne beraam om Daniël te verlos, ja, tot sonsondergang toe het hy moeite gedoen om hom te red.

16 Daarop het daardie manne die koning bestorm en aan die koning gesê: Weet, o koning, dat dit 'n wet van Meders en Perse is dat elke verbod of verordening wat die koning vasgestel het, nie verander mag word nie.

17 Toe het die koning bevel gegee, en hulle het Daniël gebring en in die leeukuil gegooi. Die koning het begin spreek en vir Daniël gesê: Mag jou God wat jy gedurigdeur vereer, jou verlos!

18 En 'n klip is gebring en op die opening van die kuil gelê, en die koning het dit met sy ring en met die ring van sy maghebbers verseël, sodat niks anders met Daniël sou gebeur nie.

19 Toe het die koning na sy paleis gegaan en met vas die nag deurgebring en die byvroue nie voor hom laat kom nie, en sy slaap het van hom weggevlug.

20 Daarop het die koning die môre vroeg toe dit lig word, opgestaan en haastig na die leeukuil gegaan.

21 En toe hy nader kom na die kuil, het hy met 'n droewige stem na Daniël geroep; die koning het gespreek en aan Daniël gesê: Daniël, kneg van die lewende God, was jou God wat jy gedurigdeur vereer, in staat om jou van die leeus te verlos?

22 Toe het Daniël met die koning gespreek: Mag die koning vir ewig lewe!

23 My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie, omdat ek voor Hom onskuldig bevind is en ek ook teen u, o koning, geen onreg gedoen het nie.

24 Toe het die koning baie bly geword en bevel gegee om Daniël uit die kuil op te trek. So is Daniël dan uit die kuil opgetrek sonder dat daar 'n letsel aan hom gevind is, omdat hy op sy God vertrou het.

25 En die koning het bevel gegee, en hulle het daardie manne gebring wat Daniël aangeklaag het, en hulle, hulle kinders en hulle vroue in die leeukuil gegooi; en hulle het nog nie die bodem van die kuil bereik nie of die leeus het hulle oorweldig en al hulle bene vermorsel.

26 Toe het koning Dar¡us aan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde woon, geskrywe: Mag julle vrede groot wees!

27 Deur my word bevel gegee dat hulle in die hele magsgebied van my koninkryk moet bewe en sidder voor die God van Daniël, want Hy is die lewende God en Hy bestaan in ewigheid en sy koninkryk is een wat nie vernietig kan word nie en sy heerskappy duur tot die einde toe.

28 Hy verlos en red en doen tekens en wonders in die hemel en op aarde, Hy wat Daniël uit die mag van die leeus verlos het. [ (Daniel 6:29) En hierdie Daniël was voorspoedig onder die regering van Dar¡us en onder die regering van Kores, die Pers. ]

1 大利乌按自己的心意, 立了一百二十个总督, 治理全国; (本节在《马索拉抄本》为6:2)

2 他又在这些总督之上, 设立三位监察司(但以理是其中之一), 监管总督的工作, 免得王受亏损。

3 因为但以理里面有美好的灵性, 所以各方面都比其他的监察司和总督优胜; 王有意立他治理全国。

4 于是这些监察司和总督在但以理治国的事上, 寻找把柄控告他, 只是不能找到任何的把柄和过失, 因为他忠心可靠, 他们找不到他的任何错误和过失。

5 那些人就说: "如果我们要控告这但以理, 就只有在他 神的律法中去找把柄。"

6 这些监察司和总督就相约前来见王, 对他说: "愿大利乌王万岁!

7 国中所有的监察司、总监、总督、谋臣和省长, 一同商议, 请王立一条法例, 实施一道禁令: 无论何人, 在三十天内, 王啊! 除了向你以外, 若向任何神或任何人求什么, 就必扔在狮子坑中。

8 王啊! 现在求你立这禁令, 签署这份文告, 使禁令不能更改。按照玛代和波斯的律法, 这样的禁令是不能废除的。"

9 于是大利乌王签署了这禁令文告。

10 但以理知道这文告签署了以后, 就上到自己家里楼顶上的房间, 这房间的窗户朝向耶路撒冷开着; 他一日三次双膝跪下, 在他的 神面前祷告称谢, 像往日一样。

11 那些人相约前来, 看见但以理在他的 神面前祈祷恳求。

12 他们就来到王面前, 提起王的禁令, 说: "你岂不是签署了禁令, 无论何人, 在三十天内, 王啊! 除了向你以外, 若向任何神或任何人求什么, 就必扔在狮子坑中?"王回答说: "确有此事。按照玛代和波斯的律法, 这样的禁令是不能废除的。"

13 于是他们对王说: "王啊, 在被掳的犹大人中的但以理不理会你的命令, 也不理会你签署的禁令, 竟仍一日三次向他的 神祈求。"

14 王听见了这话, 就非常愁烦; 他定意要搭救但以理, 直到日落的时候, 他还在设法营救但以理。

15 那些人就相约前来见王, 对他说: "王啊, 你该知道, 根据玛代和波斯的律法, 王所立的禁令和法例, 都是不能更改的。"

16 于是王下令, 人就把但以理带来, 扔在狮子坑中。王对但以理说: "你常常事奉的 神, 他必搭救你! "

17 有人搬了一块石头, 放在坑口, 王又盖上自己的印鉴和众大臣的印鉴, 使惩办但以理的事不得更改。

18 王回到宫里, 整夜没有吃东西, 也不要任何娱乐解闷, 并且睡不着觉。

19 次日黎明, 天一亮, 王就起来, 急忙到狮子坑那里去。

20 他走近坑边的时候, 就用哀痛的声音呼叫但以理, 对但以理说: "永活 神的仆人但以理啊! 你常常事奉的 神能搭救你脱离狮子吗?"

21 但以理对王说: "愿王万岁!

22 我的 神差遣了他的使者, 封住狮子的口, 使它们没有伤害我, 因为我在 神面前是清白的; 王啊! 在你面前我也没有作过任何错事。"

23 王就非常高兴, 吩咐人把但以理从坑里拉上来。于是但以理从坑里被拉上来, 他身上一点损伤也没有, 因为他信靠他的 神。

24 王下令, 人就把那些诬蔑控告但以理的人, 连同他们的妻子和儿女都一起带来, 扔在狮子坑中; 他们还没有下到坑底, 狮子就抓住他们, 把他们所有的骨头都咬碎了。

25 后来大利乌王写信给住在全地的各国、各族和说各种语言的人, 说: "愿你们大享平安!

26 现在我下令, 我所统治的全国人民都要在但以理的 神面前战兢恐惧。"他是永活的 神, 他永远长存; 他的国度永不灭亡, 他的统治直到永远。

27 他搭救人, 拯救人; 他在天上地下施行神迹奇事; 他搭救了但以理脱离狮子的爪。"

28 于是这但以理在大利乌作王的时候, 和在波斯人古列作王的时候(本句或译: "于是这但以理在大利乌﹝即波斯人古列﹞作王的时候"), 事事亨通。