1 Toe het Âlifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:
2 Sal 'n wyse man met winderige wetenskap antwoord gee en sy buik vul met oostewind --
3 deur te pleit met woorde wat nie baat en met beweringe waarmee hy niks uitrig nie?
4 Ja, jy breek die Godsvrees af en verstoor die stille oordenking voor die aangesig van God.
5 Want jou ongeregtigheid gee onderrig aan jou mond, en jy kies die taal van die listiges.
6 Jou eie mond veroordeel jou, en nie ek nie; ja, jou eie lippe getuig teen jou.
7 Is jy die eerste as mens gebore en voor die heuwels in die wêreld gebring?
8 Het jy in die raad van God afgeluister en die wysheid na jou toe getrek?
9 Wat weet jy wat ons nie weet nie? Wat verstaan jy wat in ons nie is nie?
10 Ook is daar grys hare, ook bejaardes onder ons, ryker in dae as jou vader.
11 Is die vertroostinge van God vir jou te min, en 'n woord met sagtheid jou toegespreek?
12 Waarom sleep jou hart jou weg? En waarom flikker jou oë so --
13 dat jy jou toorn rig teen God en sulke woorde uit jou mond laat uitgaan?
14 Wat is die mens, dat hy rein sou wees? En hy wat uit 'n vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees?
15 Kyk, in sy heiliges stel Hy geen vertroue nie; ja, die hemele is nie rein in sy oë nie;
16 hoeveel minder die afskuwelike en ontaarde, die mens wat onreg drink soos water!
17 Ek wil jou inlig, luister na my; en wat ek gesien het, wil ek vertel;
18 wat die wyse manne verkondig sonder om iets te verberg, van hulle vaders af oorgelewer;
19 aan hulle alleen was die land gegee, en geen vreemdeling het nog onder hulle deurgetrek nie.
20 Al sy dae leef die goddelose in angs, ja, al die jare deur wat vir die tiran bepaal is.
21 Skrikgeluide is in sy ore; in volle vrede oorval die verwoester hom.
22 Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkeer nie; en hy is bestemd vir die swaard.
23 Hy dwaal rond en soek brood. Waar is dit? Hy weet dat gereed is, ophande, die dag van duisternis.
24 Benoudheid en angs verskrik hom; dit oorweldig hom soos 'n koning wat gereed staan vir die aanval,
25 omdat hy sy hand uitgesteek het teen God en die Almagtige getrotseer het
27 omdat hy sy gesig met sy vet oordek en 'n vetlaag op sy heupe gevorm het,
28 en verdelgde stede bewoon het, huise wat nie bewoon moes word nie, wat bestem was om puinhope te bly.
29 Hy bly nie ryk en sy vermoë hou nie stand nie, en hulle besitting buig nie soos koringare na die aarde toe nie.
30 Hy ontvlug nie die duisternis nie, die vlam laat sy spruit verdroog, en hy vergaan deur die geblaas van die mond van God.
31 Laat hom nie vertrou op nietigheid nie -- hy kom bedroë uit! -- want nietigheid sal sy vergelding wees.
32 Voor sy tyd word dit vervul, en sy palmtak bly nie meer groen nie.
33 Hy skud sy onryp druiwe af soos 'n wingerdstok en gooi sy bloeisel af soos 'n olyfboom.
34 Want die bende van die goddelose is onvrugbaar, en vuur verteer die tente van omkopery.
35 Hulle is swanger van moeite en baar onheil; en hulle skoot bring bedrog voort.
1 提幔人以利法回答说:
2 "智慧人怎可用虚空的知识来回答呢?怎可用东风充满自己的肚腹呢?
3 他怎可用无益的话, 或无用的言词辩论呢?
4 你还废弃了敬畏 神的心, 拦阻了在 神面前的默祷。
5 你的罪孽教导你的口, 你采用诡诈人的舌头,
6 是你的口定你的罪, 不是我, 你嘴唇作见证控告你。
7 你是头一个生下来的人吗?你在诸山未有之前诞生的吗?
8 你曾聆听过 神的密旨吗?你可以独占智慧吗?
9 有什么是你知道, 我们不知道的呢?你明白, 我们不明白的呢?
10 我们中间有白头发的, 又有年纪老的, 年岁比你的父亲还大。
11 神的安慰对你是否太少?温柔的言语对你是否不足?
12 你的心为什么迷惑你, 你的眼为什么闪出怒光,
13 以致你的心灵转过来抗拒 神, 从你的口中竟发出这样的话?
14 人是什么, 能算为洁净吗?妇人所生的, 能算为公义吗?
15 神不信任他的众天使, 在他看来, 诸天也不洁净,
16 何况那可憎又腐败, 喝罪孽如同喝水的世人呢?
17 我要告诉你, 你要听我说。我所看见的, 我要述说,
18 就是智慧人所传讲的, 并没有隐瞒从他们列祖所领受的。
19 这地唯独赐给列祖, 并没有外族人从他们中间经过。
20 恶人一生饱受痛苦, 一生的年数都为强暴留存。
21 恐怖之声常在他的耳中, 太平的时候, 强盗就来袭击他。
22 他不信他能从黑暗中转回, 自己留给刀剑杀害。
23 他飘流觅食说: ‘哪里有呢?’他知道黑暗的日子已经临近了。
24 患难与困苦使他惊惶, 又胜过他, 像君王预备上阵攻击一样。
25 因为他向 神挥拳, 向全能者逞强,
26 用盾牌的厚凸面, 硬着颈项向他直闯。
27 因为他以自己的脂肪蒙脸, 腰上积满肥油。
28 他住在被毁的城邑里, 住在没有人居住, 注定快要成为乱堆的房屋里。
29 他不再富足, 他的财富不能持久, 他的产业也不得在地上扩张,
30 他不能离开黑暗, 火焰必烧干他的嫩枝, 他必因 神口中的气而离去。
31 他不信靠虚假, 自己欺骗自己, 因为虚假必成为他的报应。
32 他的日期未到以先, 这事必成全, 他的枝子, 也不青绿。
33 他必像葡萄树未熟的葡萄掉落一样, 又如橄榄树的花朵一开就谢一般。
34 因为不敬虔的人必不能生育, 火必吞灭收受贿赂者的帐幕。
35 他们所怀的是罪恶, 所生的是罪孽, 他们腹中所预备的是诡诈。"