1 Maar hoor tog, o Job, na my rede, en luister na al my woorde.

2 Kyk, ek het my mond oopgemaak; my tong spreek in my verhemelte.

3 My woorde kom uit die opregtheid van my hart, en wat my lippe weet, spreek hulle suiwer uit.

4 Die Gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewend.

5 As u kan, antwoord my; maak klaar teen my; staan gereed!

6 Kyk, teenoor God staan ek in dieselfde verhouding as u: van klei is ek ook afgeknyp.

7 Kyk, vrees vir my hoef u nie te beangstig nie, en my las sal op u nie swaar wees nie.

8 Sekerlik, u het voor my ore gesê, ek het die geluid van die woorde gehoor:

9 Rein is ek, sonder oortreding; suiwer is ek, en daar is geen skuld by my nie.

10 Kyk, Hy soek aanleidinge vir vyandskap teen my; Hy hou my vir 'n vyand van Hom.

11 Hy sit my voete in die blok; Hy bewaak al my paaie.

12 Kyk, daarin het u nie reg nie antwoord ek u, want groter is God as 'n mens.

13 Waarom het u teen Hom getwis, dat Hy op al die woorde van 'n mens nie antwoord nie?

14 Want God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie.

15 In die droom, in 'n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed,

16 dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle;

17 om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg;

18 sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.

19 Ook word hy getugtig met smart op sy bed en aanhoudende stryd in sy gebeente,

20 sodat sy lewe hom laat walg van brood en sy siel van lieflingspys.

21 Sy vlees verdwyn, weg uit die gesig; en sy gebeente, wat onsigbaar was, steek uit.

22 Ja, sy siel kom nader by die kuil en sy lewe by die dodende magte.

23 Is daar dan vir hom 'n gesant, 'n tolk, een uit duisend, om die mens sy plig te kenne te gee;

24 en is Hy hom genadig en sê: Verlos hom, dat hy in die kuil nie afdaal nie: Ek het 'n losprys gevind --

25 dan word sy vlees fris van jeugdige krag, hy keer terug na die dae van sy jonkheid.

26 Hy bid tot God, en Hy het 'n welbehae in hom, sodat hy sy aangesig sien met gejuig: so vergeld Hy dan aan die mens sy geregtigheid.

27 Hy sing voor die mense en sê: Ek het gesondig en verdraai wat reg is, maar dit is my nie na verdienste vergeld nie.

28 Hy het my siel verlos, dat dit nie in die kuil ingegaan het nie, en my lewe mag hom verlustig in die lig.

29 Kyk, dit alles doen God, twee keer, ja, drie keer met 'n mens

30 om sy siel terug te bring van die kuil, sodat hy bestraal word met die lig van die lewe.

31 Let op, o Job! Luister na my; swyg, en ,k sal spreek.

32 As u woorde het, antwoord my; spreek, want ek wil u graag gelyk gee.

33 So nie, luister u dan na my; swyg, en ek sal u wysheid leer.

1 "可是, 约伯啊, 请听我的言语, 留心听我的一切话。

2 我现在开口, 用舌头发言;

3 我的话表明我心中的正直, 我所知道的, 我的嘴唇就诚诚实实地说出来。

4 神的灵创造了我, 全能者的气使我存活。

5 你若能够办得到, 就回答我, 用话语攻击我, 表明立场, 当面攻击我。

6 在 神面前我与你一样, 也是用土捏造的。

7 我的威严必不惊吓你, 我的压力也不加重在你身上。

8 你所说的, 我已经听见了, 也听到你言语的声音, 说:

9 ‘我是洁净的, 毫无过犯; 我是清白的, 没有罪孽。

10 神找机会攻击我, 把我当作仇敌;

11 他把我的两脚上了木狗, 又鉴察我一切所行的。’

12 我要告诉你, 你这话错了, 因为 神比世人大。

13 你为什么对 神争辩, 说: ‘无论世人的什么话, 他都不回答’呢?

14 原来 神用这个方法或那个方法说了, 只是, 世人没有留意。

15 世人都在床上打盹, 沉睡临到他们的时候, 神用异梦与夜间的异象,

16 告诉他们, 他坚定他们所得的训诲,

17 好叫人离开自己的恶行, 又叫人与骄傲隔绝,

18 拦阻人的性命不下在坑里, 又阻止他的生命不死在刀下。

19 人在床上被痛苦惩治, 他的骨头不住地痛苦挣扎,

20 以致他的生命厌恶食物, 他的胃口也厌恶美食,

21 他的肌肉消瘦以致看不见, 以前看不见的骨头, 现在都凸出来。

22 他的性命接近深坑, 他的生命靠近灭命的天使。

23 在一千位天使之中, 若有一位作人的中保, 指示人当行的事,

24 恩待他, 说: ‘救赎他免下深坑; 我已经得到了赎价。’

25 他的肌肉就比孩童的更嫩, 他更恢复满有青春活力的日子。

26 他向 神祈求, 神就喜悦他, 他也欢呼着朝见 神的面, 人又恢复自己的义。

27 他在人面前歌唱, 说: ‘我犯了罪, 颠倒是非, 但我没有受到应得的报应。

28 他救赎我的性命免入深坑, 我的生命必得见光明。’

29 神总是三番四次, 向人行这一切事,

30 要把人的性命从深坑里救回来, 好使活人之光光照他。

31 约伯啊, 你当留心听我, 当默不作声, 我要说话。

32 你若有话说, 就请回答我; 你只管说吧, 因为我愿意以你为义。

33 你若没有话说, 就要听我说, 你当默不作声, 我就把智慧教导你。"