1 Maar Job het geantwoord en gesê:
2 Hoe goed het jy die onmagtige bygestaan, die kragtelose arm gehelp!
3 Hoe mooi het jy die onwyse raad gegee en beleid in oorvloed bekend gemaak!
4 Aan wie het jy woorde te kenne gegee, en wie se gees het uit jou uitgegaan?
5 Die skimme is beangs onder die waters en onder die bewoners daarvan.
6 Naak lê die doderyk voor Hom, en die plek van vertering het geen bedekking nie --
7 voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor 'n niks;
8 wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur;
9 wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei.
10 Hy het 'n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig.
11 Die pilare van die hemel wankel en staan verstom weens sy dreiging.
12 Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab.
13 Deur sy asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang deurboor.
14 Kyk, dit is maar die uitlopers van sy weë, en wat 'n fluisterwoord hoor ons maar van Hom! Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan?
1 约伯回答说:
2 "无能力的, 你怎样帮助他, 膀臂无力的, 你怎样拯救他!
3 无智慧的, 你怎样教导他, 显明你丰盛的智慧!
4 你靠谁发言呢?谁的灵从你而出呢?
5 阴魂和在水中居住的, 都在水下痛苦不堪。
6 阴间在 神面前赤露敞开, 灭亡之处也没有遮盖。
7 他把北极铺在空间, 把地球挂在太空。
8 他把水包在密云中, 水下面的云却不破裂。
9 他遮蔽自己宝座的正面, 把云铺在上面。
10 在水面划出界限, 直到光与暗的交界。
11 天的柱子都因他的斥责震动惊奇;
12 他以能力搅动大海, 以聪明击伤拉哈伯。
13 他以自己的气使天晴朗, 他的手刺穿逃跑的蛇。
14 这些不过是他的作为的一点点, 我们从他那里所听到的, 是多么的微小! 他大能的雷声谁能够明白呢?"