1 Daarna het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek.
2 En Job het begin en gesê:
3 Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: 'n Seun is ontvang.
4 Mag die dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie.
5 Mag duisternis en doodskaduwee hom opeis, 'n wolkgevaarte oor hom gaan lê, dagverduisteringe hom verskrik.
6 Daardie nag -- mag donkerheid hom wegruk, mag hy nie bly wees onder die dae van die jaar, in die getal van die maande nie kom nie.
7 Ja, mag die nag onvrugbaar wees, geen gejubel tot hom deurdring nie.
8 Mag die dagvervloekers hom verwens, hulle wat die kuns verstaan om die Levi tan op te hits.
9 Mag die sterre van sy môre skemering verduister word; mag hy wag op lig, maar tevergeefs, en die ooglede van die dageraad nie sien nie.
10 Omdat hy vir my nie toegesluit het die deure van die moederskoot nie en moeite vir my oë nie verberg het nie.
11 Waarom het ek nie gesterf by die geboorte, nie uitgegaan uit die moederskoot en die asem uitgeblaas nie?
12 Waarom het knieë my teëgekom, en waarom borste, dat ek moes drink?
13 Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het,
14 saam met konings en raadsmanne van die aarde, wat puinhope weer opgebou het vir hulleself;
15 of saam met vorste wat goud besit, wat hulle huise met silwer gevul het.
16 Of ek sou, soos 'n weggestopte misgeboorte, nie bestaan het nie, soos kinders wat die lig nie gesien het nie.
17 Daar hou die goddelose op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is.
18 Die gevangenes is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie.
19 Klein en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy heer.
20 Waarom gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die wat verbitterd is van siel;
21 wat wag op die dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as na verborge skatte;
22 wat bly sou wees met gejuig, hulle sou verheug as hulle die graf kon vind?
23 Waarom gee Hy lig aan 'n man wie se weg verborge is, 'n man wat deur God aan alle kante ingesluit is?
24 Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water.
25 As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe.
26 Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus!
1 后来, 约伯开口咒诅自己的生日。
2 约伯说:
3 "愿我生的那日泯灭, 人说怀男胎的那夜灭没。
4 愿那日变成黑暗, 愿 神不从上面眷顾, 愿光明不照耀在其上。
5 愿黑暗与死荫索讨那日, 愿密云停留在上面, 愿白天的昏黑惊吓它。
6 愿那夜被幽暗夺去, 不让它连在平日之中, 列入月数之内。
7 愿那夜没有生育, 也没有欢乐的声音。
8 那些咒诅日子、善于惹动海怪的, 愿他们咒诅那夜。
9 愿那夜黎明的星星变成黑暗, 愿那夜等候发光却不亮, 见不到清晨的曙光。
10 因为那夜没有把我母胎的门关闭, 也没有把苦难隐藏, 使我看不见。
11 我为什么不一离母胎就死去?我为什么不一出母腹就断气?
12 为什么有膝承接我?为什么有乳哺养我?
13 不然, 我早已躺下安息,
14 与世上那些为自己建造陵墓的君王和谋士同睡,
15 或与那些拥有黄金, 房屋装满银子的王侯同眠。
16 我为什么不像暗中流产的胎, 未见天日的婴孩, 归于无有呢?
17 在那里, 恶人止息搅扰, 筋疲力尽的得安息;
18 被囚的同享安宁; 听不见督工的声音;
19 老少尊卑都在那里, 奴仆脱离主人的辖制。
20 为什么有光明赐给劳碌的人, 有生命赐给苦命的人呢?
21 他们想死却死不了, 找死胜于找宝藏;
22 他们找到坟墓就高兴, 非常欢喜快乐。
23 为什么有生命赐给前途茫茫, 又被 神四面围困的人呢?
24 我以叹息代替食物, 我唉哼的声音如水涌出。
25 我所惧怕的临到我, 我所惊恐的向我而来。
26 我不得安逸, 不得安静, 也不得安息, 却有搅扰来到。"