1 Daarna het die HERE Job uit 'n storm geantwoord en gesê:

2 Wie maak die raadsbesluit daar tot duisternis met woorde sonder kennis?

3 Gord dan soos 'n man jou heupe -- dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My.

4 Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het.

5 Wie het sy afmetinge bepaal? -- jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan?

6 Waar is sy fondamentklippe op ingesink? Of wie het sy hoeksteen gelê?

7 Toe die môre sterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het?

8 En wie het die see met deure afgesluit toe dit uitgebreek, uit die moederskoot voortgekom het?

9 Toe Ek die wolk tot sy kleding gemaak het en die donkerheid tot sy windsel.

10 Toe Ek my grens daarvoor uitgebreek en grendel en deure gemaak het;

11 en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word 'n grens gestel vir jou trotse golwe.

12 Het jy, solank as jy lewe, die môre ontbied, die dageraad sy plek aangewys,

13 om die some van die aarde aan te gryp, sodat die goddelose daarvan afgeskud word?

14 Dit neem nuwe vorme aan soos die klei onder 'n seël; en die dinge kry gestalte soos 'n kleed.

15 En aan die goddelose word hulle lig ontneem, en die hoë arm word verbreek.

16 Het jy gekom tot by die bronne van die see? En het jy rondgewandel in die binneste diepte van die wêreldvloed?

17 Is die poorte van die dood vir jou ontbloot? En het jy die poorte van die doodskaduwee gesien?

18 Omvat jou begrip die breedtes van die aarde? Gee te kenne as jy dit alles weet.

19 Waar is tog die weg na die woning van die lig? En die duisternis -- waar is tog sy plek,

20 sodat jy dit kan bring, elkeen na sy gebied en kan verstaan die paaie na hulle huis?

21 Jy weet dit seker wel, want jy is toe gebore! En die getal van jou dae is groot!

22 Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien,

23 wat Ek opgespaar het vir die tyd van benoudheid, vir die dag van stryd en oorlog?

24 Waar is tog die weg na die plek waar die lig gedeel word, die oostewind hom uitsprei oor die aarde?

25 Wie het 'n kanaal gesplyt vir die stortvloed en 'n pad vir die onweerstraal;

26 om te laat reën op 'n land waar geen mens is nie, op 'n woestyn waar niemand woon nie;

27 om woestheid en verwoesting te versadig en op die groeiplek jong gras te laat uitspruit?

28 Het die reën 'n vader? Of wie verwek die doudruppels?

29 Uit wie se moederskoot kom die ys te voorskyn? En die ryp van die hemel -- wie baar dit?

30 Die waters word hard soos 'n klip, en die oppervlakte van die watervloed sluit aanmekaar.

31 Kan jy die bande van die Sewe-ster knoop? Of die toue van die Or¡on losmaak?

32 Kan jy die Diereriem uitbring op sy tyd? En die Beer met sy kleintjies lei?

33 Ken jy die wette van die hemel? Of kan jy sy heerskappy oor die aarde bestel?

34 Kan jy jou stem na die wolke verhef, sodat 'n oorvloed van water jou oordek?

35 Kan jy die bliksems uitstuur, sodat hulle heengaan en vir jou sê: Hier is ons!

36 Wie het wysheid neergelê in die wolke? Of wie het verstand gegee aan die wolkgevaarte?

37 Wie kan die wolke met wysheid tel? En die watersakke van die hemel -- wie giet hulle leeg

38 wanneer die stof saamvloei tot 'n stuk gietwerk en die kluite aanmekaar klewe?

1 那时, 耶和华在旋风中回答约伯, 说:

2 "这以无知无识的言语, 使我的旨意暗晦不明的是谁呢?

3 现在你要如勇士束腰, 我要问你, 你要告诉我。

4 我奠定大地根基的时候, 你在哪里呢?你若有聪明, 就只管说吧。

5 你一定晓得是谁定大地的尺度, 是谁把准绳拉在大地之上?

6 地的基础奠在哪里, 地的角石是谁安放的?

7 那时晨星一起歌唱, 神的众子也都欢呼。

8 海水冲出如婴孩出母胎, 那时谁用门把海水关闭呢?

9 是我以云彩当作海的衣服, 以幽暗当作包裹海的布;

10 我为海定界限, 又安置门闩和门户,

11 说: ‘你只可到这里, 不可越过, 你狂傲的波浪要在这里止住。’

12 自你有生以来, 你何曾吩咐过晨光照耀, 使黎明的曙光知道自己的本位,

13 叫这光照遍大地的四极, 把恶人从那里抖掉呢?

14 因着这光, 地面改变如在泥上盖上印, 万象显出如衣服一样。

15 恶人必得不到亮光, 高举的膀臂必被折断。

16 你曾到过海的泉源, 在深渊的底处行走过吗?

17 死亡的门曾向你显露吗?死荫的门你曾见过吗?

18 地的广阔, 你明白吗?你若完全知道, 就只管说吧。

19 哪条是到光明居所的道路?黑暗的本位在哪里?

20 你能把光与暗带到它们的境地吗?你晓得通到它们居所的路吗?

21 你是知道的, 因为那时你已经出生了, 你一生的日数也很多。

22 你曾入过雪库, 或见过雹仓吗?

23 这些雪雹是我为降患难的时候, 为打仗和争战的日子所存留的。

24 光从哪条路散开, 东风从哪里分散在地上?

25 谁为大雨分水道, 谁为雷电定道路?

26 使雨降在无人之地, 落在无人居住的旷野,

27 使荒废之地得着滋润, 使青草在干旱之地得以长起来呢?

28 雨有父亲吗?露珠是谁生的呢?

29 冰出自谁的胎?天上的霜是谁所生的呢?

30 众水坚硬如石头, 深渊的表面冻结成冰。

31 你能系住昴星的结吗?你能解开参星的带吗?

32 你能按时领出玛查鲁夫星系吗?你能引导北斗和随从它的众星吗?

33 你晓得天的定例吗?你能在地上建立天的权威吗?

34 你能向密云扬声吗?你能使洪水淹没你吗?

35 你能差派闪电, 闪电就发出, 并且对你说: ‘我们在这里’吗?

36 谁把智慧放在怀里, 或把聪明赐于人的心中?

37 尘土融合成团, 土块粘结在一起的时候,

38 谁能凭智慧数算云天呢?谁能把天上的水袋倾倒呢?

39 狮子在洞中蹲伏, 在藏身之处躺卧埋伏的时候,

40 你能为母狮猎取食物吗?你能使食欲饱足吗?

41 乌鸦雏鸟因缺乏食物飞来飞去, 向 神哀求的时候, 谁为乌鸦预备食物呢?"