1 En op 'n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor die HERE te stel.

2 Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van 'n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.

3 En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: 'n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad; en hy volhard nog in sy vroomheid, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak.

4 Toe het die Satan die HERE geantwoord en gesê: Huid vir huid, en alles wat iemand het, sal hy gee vir sy lewe;

5 maar strek net u hand uit en tas sy gebeente en sy vlees aan -- waarlik, hy sal U in u aangesig seën!

6 En die HERE sê aan die Satan: Kyk, hy is in jou hand; spaar net sy lewe.

7 En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE, en hy het Job met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel.

8 En hy het vir hom 'n potskerf geneem om hom daarmee te krap, terwyl hy in die as sit.

9 Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën God, en sterf!

10 Maar hy antwoord haar: Soos 'n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.

11 En toe die drie vriende van Job hoor van al hierdie onheile wat hom getref het, het hulle gekom, elkeen uit sy woonplek: lifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet; en hulle het volgens afspraak byeengekom om hom hul deelneming te betuig en hom te troos.

12 En toe hulle op 'n afstand hul oë opslaan en hom nie herken nie, het hulle hul stem verhef en geween; ook het hulle elkeen sy mantel geskeur en stof op hul hoofde gestrooi na die hemel toe.

13 En hulle het by hom op die grond gaan sit, sewe dae en sewe nagte lank, sonder dat iemand 'n woord met hom gepraat het; want hulle het gesien dat die smart baie groot was.

1 又有一天, 神的众子都来侍立在耶和华面前, 撒但也来到他们中间, 侍立在耶和华面前。

2 耶和华问撒但: "你从哪里来?"撒但回答说: "我在地上徘徊, 走来走去。"

3 耶和华问撒但: "你有没有注意到我的仆人约伯?世上再也没有一个人像他那样完全、正直, 敬畏 神, 远离罪恶。虽然你挑拨我与他作对, 无缘无故使他倾家荡产, 他还是坚守自己的纯全。"

4 撒但回答耶和华说: "人以皮换皮, 宁可付出他所有的一切去保命。

5 只要你伸手伤害他的骨和肉, 他一定当面亵渎你。"

6 耶和华对撒但说: "好吧, 他在你手中, 不过, 要留存他的命。"

7 于是撒但从耶和华面前退去, 击打约伯, 使他从脚掌到头顶都生了毒疮。

8 约伯坐在灰烬中, 拿瓦片刮自己。

9 他妻子对他说: "难道你还要坚守自己的纯全吗?你不如放弃 神, 死掉算了。"

10 可是约伯对她说: "你说话像个愚妄的女人。难道我们从 神得福, 也不应当受祸吗?"在这一切事上, 约伯并没有用口犯罪。

11 约伯的三个朋友, 提幔人以利法、书亚人比勒达、拿玛人琐法, 听到这一切降在他身上的灾祸, 就各从自己的地方出发, 相约而来对他表同情, 安慰他。

12 他们从远处举目观望, 竟认不出他来, 就放声大哭, 各自撕裂外袍, 向天扬起尘土, 落在自己头上。

13 他们就七天七夜与他一起坐在地上, 没有人向他说一句话, 因为他们看出他极其痛苦。