1 En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:
2 Ag, was ek maar soos in die vorige maande, soos in die dae toe God my bewaar het;
3 toe sy lamp bo my hoof geskyn het, ek by sy lig die duisternis deurwandel het;
4 soos ek was in my herfsdae toe die verborgenheid van God oor my tent was;
5 toe die Almagtige nog by my was, my kinders rondom my;
6 toe my voetstappe gewas is in dikmelk en die rots by my strome van olie uitgegiet het.
7 Toe ek uitgegaan het na die poort, op na die stad toe, op die markplein my sitplek reggemaak het,
8 het die seuns weggekruip as hulle my sien, en grysaards het hulle opgerig en bly staan.
9 Vorste het hulle woorde ingehou en die hand op hul mond gelê.
10 Die stem van edeles is teruggehou, en hulle tong het gekleef aan hul verhemelte.
11 Want het 'n oor net gehoor, dan prys dit my gelukkig; en het 'n oog net gesien, dan gee dit vir my getuienis.
12 Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie.
13 Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.
14 Die geregtigheid was my kleed, en ek sy kleed; my reg was soos 'n mantel en 'n tulband.
15 Oë was ek vir die blinde, en voete vir die lamme was ek.
16 'n Vader was ek vir die behoeftiges; en die regsaak van hom wat ek nie geken het nie, het ek ondersoek.
17 En ek het die tande van die kwaaddoener stukkend gebreek en die buit uit sy gebit geslinger.
18 So het ek dan gedink: By my nes sal ek die asem uitblaas, en soos die feniks my dae vermenigvuldig.
19 My wortel staan oop na die water toe, en dou vernag op my tak.
20 My eer is altyd nuut by my, en my boog bly jonk in my hand.
21 Na my het hulle geluister vol verwagting, en hulle het stil my raad aangehoor.
22 N my woorde het hulle nie weer gespreek nie, en my rede het op hulle gedrup.
23 En hulle het op my gewag soos op reën, en hulle mond wyd oopgemaak soos vir lentereëns.
24 Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.
25 Het ek die weg na hulle toe gekies, dan sit ek as voorman en woon soos 'n koning onder die skare, soos een wat treuriges vertroos.
1 约伯继续他的讲论, 说:
2 "但愿我的景况像以前的岁月, 像 神保守我的日子。
3 那时他的灯照在我的头上, 我靠着他的光行过黑暗。
4 但愿我仍然活在年轻力壮的日子, 那时 神在我的帐棚里与我亲密。
5 全能者仍然与我同在, 我的孩子都环绕我。
6 我用油洗脚, 磐石为我出油成河。
7 我出到城门那里去, 在广场上预备我的座位。
8 年轻人看见我, 就回避, 年老的也起身站立。
9 王子都停止说话, 并且用手掩口。
10 众领袖都不敢作声, 他们的舌头紧贴上颚。
11 耳朵听见我的, 就称我有福。眼睛看见我的, 就作证称赞我。
12 因为我救了呼救的穷人, 和无人帮助的孤儿。
13 将要灭亡的, 为我祝福; 我使寡妇的心欢呼。
14 我以公义作衣服穿上; 我的公平好像外袍和冠冕。
15 我作了瞎子的眼, 瘸子的腿。
16 我作过贫穷人的父亲, 我查究过我素来不认识的人的案件。
17 我打碎了不义的人的牙齿, 使捕食的掉下来。
18 那时我心里想: ‘我必在家中安然去世, 我必增添我的日子像沙尘那么多。
19 我的根蔓延到水边, 露水整夜沾在我的枝上。
20 我的荣耀在身上常新, 我的弓在我手上重新得力。
21 大家都聆听我, 等候我; 静默无声地领受我的指导。
22 我说了话以后, 他们就不再说, 我的言语像雨露一般滴在他们身上。
23 他们等候我像等候雨水, 又大大张嘴如切慕春雨。
24 我向他们微笑, 他们也不敢相信; 他们珍惜我脸上的光。
25 我为他们选择道路, 又坐首位; 我像君王住在军队中, 又像个安慰悲伤的人。’"