1 En die HERE het Job uit 'n storm geantwoord en gesê:
2 Gord tog jou heupe soos 'n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My.
3 Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê?
4 Het jy dan 'n arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy?
5 Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie!
6 Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit.
7 Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan.
8 Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in 'n verborge plek weg.
9 Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee.
10 Kyk, daar is die seekoei wat Ek gemaak het saam met jou. Gras eet hy soos 'n bees.
11 Kyk tog, sy krag is in sy kruis, en sy sterkte in die spiere van sy buik.
12 Hy hou sy stert reguit soos 'n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg.
13 Sy gebeente is pype van koper, sy bene soos stawe van yster.
14 Hy is die eersteling van die weë van God; Hy wat hom gemaak het, het hom sy swaard verskaf.
15 Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde diere van die veld speel daar.
16 Onder lotusbome lê hy, in 'n skuilplek van riete en moeras.
17 Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom.
18 As die rivier swel -- hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis 'n Jordaan teen sy mond.
19 Sal 'n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met vangtoue sy neus deurboor?
20 Kan jy die krokodil met 'n hoek uittrek? En met 'n tou sy tong afdruk?
21 Kan jy 'n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met 'n haak deurboor?
22 Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde?
23 Sal hy 'n verbond met jou sluit, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem?
24 Sal jy met hom soos met 'n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders? [ (Job 40:25) Sal die viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder die koopmans? ] [ (Job 40:26) Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met 'n vissersharpoen sy kop? ] [ (Job 40:27) Sit jou hand op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie. ] [ (Job 40:28) Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal 'n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie? ]
1 耶和华又对约伯说:
2 "挑剔是非的, 怎能与全能者争辩呢?责备 神的, 回答这个问题吧。"
3 于是约伯回答耶和华说:
4 "我是微小的, 可以回答你什么呢?我只好用手掩口。
5 这说了一次, 不再回答; 说了二次就不再说。"
6 于是耶和华从旋风中回答约伯说:
7 "你要如勇士束腰, 我要问你, 你要告诉我。
8 你怎能废弃我所审断的?怎能定我为有罪, 好显出你自己为义呢?
9 你有 神那样的膀臂吗?你能用他那样的声音打雷吗?
10 你当以庄严与尊贵为装饰, 以尊荣与威严为衣服。
11 要倒尽你忿激的怒气, 观看所有骄傲的人, 使他们降卑。
12 观看所有骄傲的人, 把他制伏, 把恶人践踏在他们的地方,
13 把他们一起掩藏在尘土里, 把他们本人捆绑在隐密处。
14 这样, 我就要向你承认, 你的右手能拯救你。
15 你看看河马吧, 我造它像造你一样, 它吃草如牛一般。
16 你看, 它的力量在腰间, 它的能力在肚腹的肌肉上,
17 它挺直尾巴硬如香柏树, 它大腿的筋纠结在一起,
18 它的骨头仿佛铜管, 它的骨干好像铁棍。
19 它在 神所造的事工中居首, 只有创造它的能使刀剑临到它身上。
20 群山为它生出食物, 田野的百兽都在那里玩耍。
21 它躺在莲叶之下, 躺在芦苇丛中与泥泽之间;
22 莲叶的阴影遮蔽它, 溪旁的白杨树环绕它。
23 江河泛滥, 它毫不慌张, 约旦河的水涨到它的口边, 它还是安然。
24 它警觉的时候谁能捉拿它?谁能用铁圈穿它的鼻子呢?"