1 En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:
2 So waar as God leef wat my my reg ontneem het, en die Almagtige wat my siel bitterheid aangedoen het --
3 want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus --
4 my lippe spreek geen onreg nie, en my tong verkondig geen bedrog nie!
5 Dit is ver van my dat ek julle gelyk sou gee; totdat ek die asem uitblaas, sal ek my onskuld nie prysgee nie.
6 Aan my geregtigheid hou ek vas en laat dit nie los nie; my hart veroordeel geeneen van my dae nie.
7 My vyand moet dus verskyn as goddelose en my teëstander as kwaaddoener.
8 Want wat is die verwagting van die goddelose as Hy afsny -- as God sy siel wegneem?
9 Sal God sy geroep hoor as benoudheid oor hom kom?
10 Of sal hy hom kan verlustig in die Almagtige, God altyd kan aanroep?
11 Ek sal julle onderrig aangaande die hand van God; wat by die Almagtige is, sal ek nie verberg nie.
12 Kyk, julle het dit almal self aanskou, en waarom koester julle dan 'n ydele hoop?
13 D¡t is die deel van die goddelose mens by God en die erfdeel van die tiranne wat hulle van die Almagtige ontvang:
14 as sy kinders baie word, is dit vir die swaard; en sy spruite word nie versadig met brood nie.
15 Die wat van hom oorbly, word deur die pes begrawe, en sy weduwees ween nie.
16 As hy silwer ophoop soos stof en klere aanskaf soos modder --
17 hy skaf aan, maar die regverdige trek dit aan; en die onskuldige verdeel die silwer.
18 Hy het sy huis gebou soos 'n mot en soos 'n skerm wat die oppasser maak.
19 Ryk gaan hy lê, maar hy doen dit nie weer nie; hy maak sy oë oop en -- is nie meer nie.
20 Verskrikkinge oorval hom soos waterstrome; in die nag voer 'n stormwind hom weg.
21 Die oostewind tel hom op, en daar gaan hy; en dit storm hom weg uit sy plek.
22 En God werp op hom af sonder verskoning, vir sy hand moet hy haastig vlug.
23 Hulle klap oor hom in hul hande en spot hom weg uit sy plek.
1 约伯继续他的讲论, 说:
2 "永活的 神夺去我的公理, 全能者使我心中痛苦。
3 只要我的生命还在我里面, 神赐我的气息还在我鼻孔里,
4 我的嘴唇决不说不义之言, 我的舌头也不讲诡诈之语。
5 我绝对不以你们为是, 我到死也不放弃我的纯全;
6 我坚守我的义决不放松, 我一生的日子我的心必不责备我。
7 愿我的敌人如恶人一般, 愿那起来攻击我的像不义的人一样。
8 不敬虔的人被剪除, 神夺去他性命的时候还有什么指望呢?
9 患难临到他身上的时候, 神会垂听他的哀求吗?
10 他以全能者为乐, 时时求告 神吗?
11 我借 神的能力教导你们, 我不向你们隐瞒全能者的事。
12 你们都亲自见过, 你们为什么成了这么虚妄呢?
13 这是恶人从 神所得的分, 强暴的人从全能者所得的业。
14 即使他的儿女增多, 还是被刀剑所杀, 他的子孙也必永不得饱食;
15 他的遗族在死人中埋葬, 他的寡妇也都不哀哭。
16 他虽然堆积银子如尘沙, 预备衣服如泥土,
17 他尽管预备, 义人却要穿上; 他的银子, 无辜的人也要瓜分。
18 他建造房屋如蜘蛛结网, 又如守望者所搭的棚。
19 他虽然躺下的时候富有, 却不再这样; 他一张开双眼, 财富就不在了。
20 惊恐必如众水追上他, 暴风在夜间把他刮去。
21 东风把他吹起, 他就消逝; 又把他卷起, 离开原来的地方。
22 神射击他, 毫不留情, 他甚愿快快逃脱 神的手。
23 有人向他拍掌, 发嘶声赶他离开原来的地方。"