1 Maar Job het geantwoord en gesê:
2 Waarlik, ek weet dat dit so is; en hoe kan 'n mens regverdig wees by God?
3 As hy sou begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal hy Hom kan antwoord nie.
4 Hy is wys van hart en sterk van krag; wie was hardnekkig teen Hom en het ongestraf gebly?
5 Hy wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle omkeer in sy toorn;
6 wat die aarde laat sidder uit sy plek, sodat sy pilare dril;
7 wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter 'n seël wegsluit;
8 wat alleen die hemel uitspan en stap op die golwe van die see;
9 wat die Beer gemaak het, die Or¡on en die Sewe-ster en die Kamers van die Suide;
10 wat groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal.
11 Gaan Hy by my langs, dan sien ek Hom nie, en Hy skuif verby sonder dat ek Hom bemerk.
12 Sleep Hy weg -- wie sal Hom teëhou? Wie vir Hom sê: Wat maak U?
13 God wend sy toorn nie af nie; onder Hom moet die helpers van Rahab kruip.
14 Hoeveel minder sal ,k Hom kan antwoord, sal ek my woorde kan kies teenoor Hom;
15 Hom wat ek nie kan antwoord nie, al was ek regverdig: ek kan my regter net om genade smeek!
16 As ek dagvaar en Hy my antwoord, glo ek nie dat Hy na my stem sal luister nie.
17 Hy wat my deur 'n stormwind sou vernietig en my wonde sonder oorsaak sou vermeerder;
18 my nie sou toelaat om asem te skep nie, maar my sou versadig met bitterhede.
19 Kom dit aan op die krag van die sterkste -- hier is Ek! En kom dit op reg aan -- wie kan My dagvaar?
20 Al was ek regverdig, my eie mond sou my veroordeel; al was ek onskuldig, Hy sou my as 'n verkeerde reken.
21 Vroom is ek! Ek gee niks om myself nie: ek verfoei my lewe!
22 Dit is net eenders -- daarom sê ek: Die vrome en die goddelose vernietig Hy.
23 As die g,sel skielik doodmaak, spot Hy met die vertwyfeling van die onskuldiges.
24 Die aarde is aan die mag van die goddelose oorgelewer, die gesig van die regters bind Hy toe. Is dit nie Hy nie, wie dan anders?
25 Ja my dae was gouer as 'n hardloper; hulle het weggevlug sonder om voorspoed te sien.
26 Hulle het verbygegly soos skepe van biesies, soos 'n arend wat neerskiet op sy prooi.
27 As ek sê: Ek wil my geklaag vergeet, my droewige gesig laat vaar en vrolik word,
28 dan is ek al bang vir al my smarte: ek weet dat U my nie sal vryspreek nie.
29 Ek sal tog skuldig wees -- waarom sal ek my dan tevergeefs afmat?
30 Al was ek my met sneeu en reinig ek my hande met loog,
31 dan sou U my in 'n poel indompel, sodat my klere van my 'n afsku kry.
32 Want Hy is nie 'n man soos ek, dat ek Hom sou kan antwoord, dat ons saam na die gereg sou kan gaan nie.
33 Daar is geen skeidsregter tussen ons wat sy hand op ons twee kan lê nie.
34 Laat Hy sy roede van my wegneem, en laat sy verskrikking my nie beangstig nie;
35 dan wil ek spreek sonder dat ek vir Hom bevrees is; want so is dit met my nie gesteld nie.
1 约伯回答说:
2 "我实在知道是这样, 但是, 人在 神面前怎能算为公义呢?
3 人若愿意与他辩论, 连千分之一也答不出来。
4 他心里有智慧, 而且有极大的能力, 有谁对他刚硬而平安无事呢?
5 他在怒中移山翻冈; 山冈却不知道;
6 他使大地震动离开本处, 大地的柱子就摇撼;
7 他吩咐太阳, 太阳就不上升, 又封闭众星;
8 他独自铺开苍天, 步行在海浪之上;
9 他造北斗与参星, 昴星和南方的星座;
10 他所行的大事无法测度, 所行的奇事不可胜数。
11 他行过我身边, 我却看不见; 他掠过去, 我竟不觉察。
12 他夺取, 谁能拦阻他?谁敢问他: ‘你干什么?’
13 神必不抑制他的怒气, 海怪拉哈伯的助手都俯伏在他以下。
14 何况我呢?我怎敢回答他, 措辞与他辩论呢?
15 即使我有理, 也不敢回答, 只向那审判我的求怜悯;
16 即使我呼求, 他也回答我, 我还是不信他会垂听我的声音。
17 他用暴风伤害我, 无缘无故加添我的创伤。
18 他不让我喘一口气, 却使我饱尝苦楚。
19 若论力量, 他多么强大, 若论诉讼, 他说: ‘谁能把我传来?’
20 即使我有理, 我的口还是定我有罪; 即使我完全, 我的口还是判我乖谬。
21 我虽然完全, 却不顾我自己, 倒厌恶我的生命。
22 所以我说, 善恶都是一样, 完全人和恶人, 他都灭尽。
23 灾祸忽然把人杀害的时候, 他就必嘲笑无辜人的遭遇。
24 全世界交在恶人的手中, 他蒙蔽世上审判官的脸, 如果不是他, 那么是谁呢?
25 我的日子过得比信差还快, 飞快逝去, 不见福乐。
26 我的日子消逝有如快船, 好像俯冲猛扑食物的鹰。
27 我若说: ‘我要忘记我的苦情, 要除去愁容, 面露喜乐。’
28 我就惧怕我的一切痛苦, 因为我知道你必不以我为无辜。
29 我既然被定为有罪, 又何必徒然劳苦呢?
30 我若用雪水洗净我的身, 又用碱水洁净我的手,
31 你还是把我扔入坑中, 连我的衣服也憎恶我。
32 他不像我是个人, 使我可以答他, 让我们一起对簿公堂。
33 我俩之间并没有仲裁者, 能够按手在我们双方身上。
34 愿他使他的刑杖离开我, 愿他可畏的威严不惊吓我,
35 我就说话, 也不怕他, 因为我本身并不是这种人。"