1 My gees is verward, my dae is uitgeblus, die graf wag op my.

2 Waarlik, bespottinge is my deel, en op hulle getwis moet my oog rus.

3 Gee tog 'n pand, staan borg vir my by U; wie anders sal vir my borgskap verleen?

4 Want U het hulle hart gesluit vir verstand; daarom sal U hulle nie laat triomfeer nie.

5 Hy wat vriende aanklaag vir 'n buitaandeel -- die oë van sy kinders sal versmag.

6 Maar Hy het my 'n spreekwoord vir die mense gemaak, en ek moet iemand wees wat hulle in die gesig spuug.

7 Daarom het my oog dof geword van verdriet, en al my lede is soos 'n skaduwee.

8 Die opregtes is daaroor ontsteld, en die onskuldige kom teen die goddelose in opstand.

9 Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag.

10 Maar, kom maar altyd weer aan, julle almal! 'n Wyse vind ek onder julle tog nie.

11 My dae is verby, my planne tot niet, die wense van my hart.

12 Van die nag maak hulle 'n dag; lig, sê hulle, is naby vanweë die duisternis.

13 As ek hoop op die doderyk as my huis; in die duisternis my bed uitsprei,

14 die grafkuil toeroep: My vader is jy; die wurms: My moeder en my suster,

15 waar is dan my verwagting? Ja, my verwagting, wie ontdek dit?

16 Na die grendels van die doderyk sal dit neerdaal, wanneer daar tegelykertyd rus is in die stof.

1 "我的气息将断, 我的日子快尽, 坟墓已为我预备好了。

2 真有嘲笑人的在我这里, 我的眼看着他们的悖逆。

3 愿你给我保证, 亲自为我作保; 除你以外有谁肯与我击掌作保呢?

4 你蒙蔽了他们的心, 不让他们明白; 因此你必不高举他们。

5 为分产业而控告朋友的, 他子孙的眼睛也要昏花。

6 他使我成为民众的笑柄, 人人都吐唾沫在我的脸上。

7 我的眼睛因忧愁而昏花, 我的身体瘦骨如柴。

8 正直人必因此惊讶, 要被激发起来, 攻击不敬虔的人。

9 义人必坚守自己的道路, 手洁的人要力上加力。

10 然而你们众人, 可以再来, 在你们中间我找不到一个有智慧的人。

11 我的日子已过, 我的谋算和我心中所想的都已粉碎。

12 他们把黑夜变为白昼, 因为黑暗的缘故, 他们就说: ‘光明临近了。’

13 我若等待阴间作我的家, 在黑暗中铺张我的床榻;

14 我若对深坑说: ‘你是我的父亲’, 对虫说: ‘你是我的母亲, 我的姊妹’,

15 那么, 我的指望在哪里呢?我的指望谁能看得见呢?

16 等到安息在尘土中的时候, 那些指望必下到阴间的门闩那里。"