1 En die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as 'n god vir Farao, en jou broer A„ron sal jou profeet wees.
2 Jy moet spreek alles wat Ek jou beveel, en jou broer A„ron moet met Farao spreek, sodat hy die kinders van Israel uit sy land laat uittrek.
3 En Âk sal Farao se hart verhard en my tekens en wonders in Egipteland vermenigvuldig.
4 Maar Farao sal na julle nie luister nie; en Ek sal my hand op Egipte lê en my leërskare, my volk, die kinders van Israel, deur groot strafgerigte uit Egipteland uitlei.
5 Dan sal die Egiptenaars weet dat Ek die HERE is, as Ek my hand oor Egipte uitstrek en die kinders van Israel tussen hulle uitlei.
6 Moses en A„ron het toe gedoen soos die HERE hulle beveel het; so het hulle gedoen.
7 En Moses was tagtig jaar en A„ron drie en tagtig jaar oud toe hulle met Farao gespreek het.
8 En die HERE het Moses en A„ron aangespreek met die woorde:
9 As Farao met julle spreek en sê: Doen tog 'n wonderteken vir julleself -- dan moet jy vir A„ron sê: Neem jou staf en gooi dit voor Farao neer; dan sal dit 'n slang word.
10 Toe het Moses en A„ron na Farao gegaan en gedoen net soos die HERE hulle beveel het: A„ron het sy staf voor Farao en voor sy dienaars neergegooi, en dit het 'n slang geword.
11 Daarop laat Farao ook die wyse manne en die towenaars roep; en hulle, die Egiptiese towenaars, het ook dieselfde gedoen met hulle towerkunste:
12 elkeen gooi sy staf neer, en hulle word slange! Maar A„ron se staf het hulle stawe verslind.
13 Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie soos die HERE gespreek het.
14 Toe sê die HERE vir Moses: Farao se hart is verhard; hy weier om die volk te laat trek.
15 Gaan môre vroeg na Farao toe -- kyk, hy sal uitgaan na die water; staan dan aan die kant van die Nyl om hom te ontmoet; en neem die staf wat in 'n slang verander het, in jou hand,
16 en sê vir hom: Die HERE, die God van die Hebreërs, het my na u gestuur met die boodskap: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien in die woestyn. Maar kyk, u het tot nou toe nie geluister nie.
17 So spreek die HERE: Hieraan sal jy weet dat Ek die HERE is. Kyk, ek sal met die staf wat in my hand is, op die water slaan wat in die Nyl is, en dit sal in bloed verander word.
18 En die visse in die Nyl sal doodgaan, sodat die Nyl sal stink. En die Egiptenaars sal vergeefs trag om die water uit die Nyl te drink.
19 Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê vir A„ron: Neem jou staf en steek jou hand uit oor die waters van die Egiptenaars, oor hulle strome, hulle kanale, hulle waterkuile en oor al hulle versamelplekke van water, sodat dit bloed word: daar sal bloed in die hele Egipteland wees, ook in hout-- en in klipbakke.
20 Moses en A„ron het toe so gedoen soos die HERE beveel het -- hy het die staf opgehef en die water wat in die Nyl was, geslaan voor die oë van Farao en voor die oë van sy dienaars; en al die water in die Nyl is in bloed verander.
21 En die visse wat in die Nyl was, het doodgegaan; en die Nyl het gestink, sodat die Egiptenaars die water uit die Nyl nie kon drink nie. En daar was bloed in die hele Egipteland.
22 Maar die Egiptiese towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste, sodat Farao se hart verhard is; en hy het na hulle nie geluister nie, soos die HERE gespreek het.
23 En Farao het omgedraai en huis toe gegaan en dit ook nie ter harte geneem nie.
24 Maar al die Egiptenaars het rondom die Nyl na water gegrawe om te drink, want hulle kon van die Nyl se water nie drink nie.
25 So het dan sewe dae verbygegaan nadat die HERE die Nyl geslaan het.
1 耶和华对摩西说: "看哪, 我使你在法老面前好像 神一样; 你哥哥亚伦要作你的先知。
2 我吩咐你的一切, 你都要说; 你哥哥亚伦要告诉法老, 法老就让以色列人离开他的地。
3 我要使法老心硬, 我也要在埃及地加增我的神迹奇事。
4 可是法老不听你们的话, 我必下手击打埃及; 借着严厉的刑罚把我的军队, 我的人民以色列人, 从埃及地领出来。
5 我向埃及伸手, 把以色列人从他们中间领出来的时候, 埃及人就必知道我是耶和华。"
6 摩西和亚伦这样行了; 耶和华怎样吩咐摩西和亚伦, 他们就照样行了。
7 摩西和亚伦与法老说话的时候, 摩西八十岁, 亚伦八十三岁。
8 耶和华告诉摩西和亚伦说:
9 "如果法老告诉你们说: ‘你们行件奇事吧’, 你就要对亚伦说: ‘拿你的手杖来, 把它丢在法老面前, 它就会变作蛇。’"
10 摩西和亚伦就进到法老那里, 照着耶和华吩咐他们的行了; 亚伦把手杖丢在法老和法老的臣仆面前, 手杖就变了蛇。
11 于是, 法老也把智慧人和行法术的人召了来; 他们本是埃及的术士, 也用他们的巫术照样行了。
12 他们各人都丢下自己的手杖, 手杖就变了蛇; 亚伦的手杖却吞了他们的手杖。
13 法老心里刚硬, 不肯听他们的话, 就像耶和华所说的一样。
14 耶和华对摩西说: "法老心里固执, 拒绝让人民离去。
15 明天早晨你要到法老那里去。看哪, 法老出来到水边去的时候, 你要站在河边迎见他; 那变过蛇的手杖, 你要拿在手里。
16 你要对法老说: ‘耶和华希伯来人的 神差我到你这里来, 说: "让我的人民离开这里, 好使他们可以在旷野事奉我", 你看, 直到现在你还是不听。
17 耶和华这样说: "看哪, 我要用我手里的杖击打河中的水, 水就必变成血; 因此你就知道我是耶和华。
18 河中的鱼必死亡, 河水也必发臭, 埃及人就必厌恶喝这河里的水。"’"
19 耶和华对摩西说: "你要对亚伦说: ‘拿你的手杖来, 把你的手伸在埃及的众水之上, 就是在他们的江、河、池和所有水塘之上, 使水都变成血。因此, 在埃及全地, 连木器石器中都必有血。’"
20 摩西和亚伦就这样行了, 就像耶和华所吩咐的; 亚伦在法老面前和法老的臣仆面前举起手杖, 击打河里的水, 河里的水就都变了血。
21 河里的鱼死了, 河水发臭了, 埃及人也不能喝这河里的水了; 在埃及, 全地都有血。
22 埃及的术士也用他们的巫术这样行了; 可是法老却心里刚硬, 不肯听摩西和亚伦, 就像耶和华所说的。
23 法老转身回到宫里去, 也不把这事放在心上。
24 所有的埃及人都在河的周围掘地, 要得水喝, 因为他们不能喝这河里的水。
25 耶和华击打尼罗河以后, 满了七天。