1 Toe het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2 Sê aan die kinders van Israel dat hulle moet omdraai en laer opslaan voor Pi-H girot, tussen Migdol en die see. Reg teenoor Ba„l-Sefon moet julle laer opslaan by die see.

3 Dan sal Farao van die kinders van Israel sê: Hulle is verdwaal in die land, die woestyn het hulle ingesluit.

4 En Ek sal Farao se hart verhard, dat hy hulle agtervolg; en Ek wil My aan Farao en sy hele leërmag verheerlik, en die Egiptenaars sal weet dat Ek die HERE is. En hulle het so gedoen.

5 Toe die koning van Egipte berig ontvang dat die volk gevlug het, het die hart van Farao en van sy dienaars teenoor die volk verander, en hulle sê: Wat het ons nou gedoen dat ons Israel laat trek het, sodat hulle ons nie meer dien nie?

6 Daarop het hy sy strydwa ingespan en sy manskappe saam met hom geneem.

7 En hy het ses honderd uitgesoekte strydwaens geneem en al die ander strydwaens van Egipte, en die beste vegsmanne op elkeen daarvan.

8 En die HERE het die hart van Farao, die koning van Egipte, verhard, sodat hy die kinders van Israel agtervolg het. Maar die kinders van Israel het deur 'n hoë hand uitgetrek.

9 En die Egiptenaars het hulle agtervolg -- al Farao se perde en strydwaens, sy ruiters en sy leërmag -- en hulle ingehaal terwyl hulle in die laer gestaan het by die see by Pi-H girot, voor Ba„l-Sefon.

10 Toe Farao naby kom, slaan die kinders van Israel hulle oë op, en kyk, daar trek die Egiptenaars agter hulle aan; en hulle het baie bang geword. Daarop het die kinders van Israel tot die HERE geroep.

11 En hulle het vir Moses gesê: Het u, omdat daar in Egipte glad geen grafte is nie, ons saamgeneem om in die woestyn te sterwe? Wat het u ons nou aangedoen, dat u ons uit Egipteland uitgelei het?

12 Is d¡t nie die woord wat ons aan u in Egipte gesê het nie: Laat ons met rus, dat ons die Egiptenaars kan dien? Want dit is beter vir ons om die Egiptenaars te dien as om in die woestyn te sterwe.

13 Maar Moses het aan die volk gesê: Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die HERE wat Hy vandag vir julle sal bewerk; want soos julle die Egiptenaars vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in ewigheid nie.

14 Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees.

15 Toe vra die HERE vir Moses: Wat roep jy na My? Sê aan die kinders van Israel dat hulle moet wegtrek.

16 En jy, hef jou staf op en steek jou hand uit oor die see en kloof dit, sodat die kinders van Israel dwarsdeur die see op droë grond kan trek.

17 En Ek, kyk, Ek sal die hart van die Egiptenaars verhard, sodat hulle agter hulle aan gaan. En Ek wil My verheerlik aan Farao en sy hele leërmag, aan sy strydwaens en aan sy ruiters.

18 En die Egiptenaars sal weet dat Ek die HERE is, as Ek My verheerlik aan Farao, aan sy strydwaens en aan sy ruiters.

19 En die Engel van God wat voor die leër van Israel uit getrek het, het daar weggegaan en agter hulle aan getrek. En die wolkkolom het ook voor hulle weggetrek en agter hulle gaan staan;

20 so het dit dan tussen die leër van die Egiptenaars en die leër van Israel in gekom. En die wolk was daar met die duisternis, en dit het die nag verlig, sodat die een nie naby die ander gekom het die hele nag deur nie.

21 Toe steek Moses sy hand oor die see uit, en die HERE het deur 'n sterk oostewind die see laat wegvloei, die hele nag deur, en die see droog gemaak; en die waters is gekloof.

22 En die kinders van Israel het midde-in die see getrek op droë grond. En die waters was vir hulle 'n muur aan hul regter-- en aan hul linkerkant.

23 Toe het die Egiptenaars hulle gejaag en agter hulle aan getrek -- al Farao se perde, sy strydwaens en sy ruiters -- die see in.

24 En in die môre waak het die HERE, in die vuur-- en wolkkolom, op die leër van die Egiptenaars afgekyk en die leër van die Egiptenaars in verwarring gebring.

25 En Hy het die wiele van hulle strydwaens laat insak en hulle met moeite laat voortgaan. Toe sê die Egiptenaars: Laat ons van Israel af wegvlug, want die HERE stry vir hulle teen die Egiptenaars.

26 Daarop sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit oor die see, dat die waters kan terugvloei oor die Egiptenaars, oor hulle strydwaens en oor hulle ruiters.

27 En Moses het sy hand oor die see uitgesteek, en die see het teen dagbreek in sy bedding teruggevloei, en die Egiptenaars het dit tegemoet gevlug. So het die HERE dan die Egiptenaars binne-in die see gestort.

28 En toe die waters terugvloei, het hulle die strydwaens en die ruiters van Farao se hele leërmag wat agter hulle die see ingetrek het, oordek. Geeneen van hulle het oorgebly nie.

29 Maar die kinders van Israel het binne-in die see op droë grond getrek. En die waters was vir hulle 'n muur aan hul regter-- en aan hul linkerkant.

30 So het die HERE Israel dan die dag uit die hand van die Egiptenaars verlos. En Israel het die Egiptenaars dood gesien aan die kant van die see.

31 Ook het Israel die magtige daad gesien wat die HERE aan die Egiptenaars verrig het. Toe het die volk die HERE gevrees en geglo in die HERE en aan Moses, sy kneg.

1 耶和华告诉摩西说:

2 "你要吩咐以色列人转回过来, 在比.哈希录前, 密夺和海之间安营; 你们要在巴力.洗分前, 对着巴力.洗分, 靠近海边的地方安营。

3 法老必论到以色列人的事, 说: ‘他们在这地走迷了路, 旷野把他们困住了。’

4 我要使法老的心刚硬, 他就必追赶他们; 这样, 我就可以在法老身上和他的全军身上得到荣耀, 埃及人就必知道我是耶和华。"于是以色列人就这样行了。

5 有人告诉埃及王说: "以色列人逃走了。"法老和他的臣仆对以色列人的心就改变了, 他们说: "我们让以色列人离开, 不再服事我们, 我们作了什么事呢?"

6 法老就预备他的马车, 带着他的人民一同去,

7 并且带着六百辆特选的马车和埃及所有的马车, 每辆马车上都有马车长。

8 耶和华使埃及王法老的心刚硬, 法老就追赶以色列人; 因为以色列是靠着耶和华高举的手出来的。

9 埃及人追赶他们, 法老所有的马匹、战车和他的马兵与军队, 就在海边, 靠近比.哈希录, 对着巴力.洗分他们安营的地方追上了他们。

10 法老走近的时候, 以色列人举目观看, 看见埃及人正追赶过来, 就非常惧怕, 向耶和华呼求。

11 他们对摩西说: "难道埃及没有坟墓, 你要把我们带来死在旷野吗?你为什么这样待我们, 把我们从埃及领出来呢?

12 我们在埃及的时候, 不是对你说过: ‘不要管我们, 我们要服事埃及人’这话吗?因为服事埃及人比死在旷野还好。"

13 摩西对人民说: "不要惧怕, 要站着, 观看耶和华今天为你们施行的拯救; 因为你们今天看见的埃及人, 必永远不再看见了。

14 耶和华必为你们争战, 你们必须安静, 不要作声。"

15 耶和华对摩西说: "你为什么向我呼求呢?吩咐以色列人往前走。

16 你要把你的杖举起来, 向海伸手, 把海分开, 叫以色列人下到海中走干地。

17 看哪, 我要使埃及人的心刚硬, 他们就必跟着以色列人下去; 这样, 我必在法老和他的全军身上, 以及他的马车和马兵身上得到荣耀。

18 我在法老身上, 以及他的马车和马兵身上得到荣耀的时候, 埃及人就知道我是耶和华。"

19 在以色列营前行走的 神的使者, 转到他们后面去; 云柱也从他们前面转过去, 立在他们后面。

20 云柱来到埃及营和以色列营中间; 云柱一边是黑暗的, 一边却光照着黑夜。这样整夜彼此都不能接近。

21 摩西向海伸手, 耶和华就用极强的东风, 一夜之间使海水退去; 他使海变成干地, 海水也分开了。

22 以色列人下到海中走干地, 水在他们的左右作了墙垣。

23 埃及人追赶过来, 法老所有的马匹、马车和马兵, 都跟着以色列人下到海中去。

24 到了晨更的时候, 耶和华透过云柱火柱向下观看埃及人的军兵, 并且使埃及人的军兵大起混乱。

25 又使他们的车轮脱落, 行驶困难, 因此埃及人说: "我们从以色列人面前逃跑吧, 因为耶和华为他们争战, 攻击埃及人了。"

26 耶和华对摩西说: "你要向海伸手, 使水回流到埃及人身上, 流到他们的战车和马兵身上。"

27 摩西就向海伸手, 到了天亮的时候, 海水流回原处; 埃及人逆流逃跑的时候, 耶和华就把他们投在海中。

28 海水一回流, 就淹没了马车、马兵和那些跟着以色列人下海去的法老的全军, 连一个也没有余下。

29 以色列人却在海中走干地, 水在他们的左右作了墙垣。

30 这样, 耶和华就在那一天把以色列人从埃及人的手里拯救了出来; 以色列人看见埃及人都死在海边。

31 以色列人看见耶和华向埃及人所显大能的手, 就敬畏耶和华, 又信服耶和华和他的仆人摩西。