1 En daarna gaan Moses en A„ron en sê vir Farao: So spreek die HERE, die God van Israel: Laat my volk trek, dat hulle vir My 'n fees kan hou in die woestyn.

2 Maar Farao antwoord: Wie is die HERE na wie se stem ek moet luister om Israel te laat trek? Ek ken die HERE nie, en ek sal Israel ook nie laat trek nie.

3 Toe sê hulle: Die God van die Hebreërs het ons ontmoet; laat ons tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan die HERE onse God offer, sodat Hy ons nie tref met die pes of die swaard nie.

4 Maar die koning van Egipte antwoord hulle: Moses en A„ron, waarom hou julle die volk van hulle werk af? Loop na julle werk toe.

5 Verder het Farao gesê: Kyk, die volk van die land is alreeds baie; en julle wil hulle laat ophou met hulle werk?

6 Daarom het Farao dieselfde dag aan die drywers onder die volk en die opsigters bevel gegee en gesê:

7 Julle moet die volk geen strooi meer gee om bakstene te maak soos gister en eergister nie. Laat hulle self gaan en vir hulle strooi versamel.

8 Maar die hoeveelheid bakstene wat hulle gister en eergister gemaak het, moet julle hulle oplê en niks daarvan verminder nie; want hulle is lui. Daarom roep hulle en sê: Laat ons gaan, laat ons offer aan onse God!

9 Laat die werk swaar druk op die manne, dat hulle daarmee besig kan wees en nie op leuenagtige woorde let nie.

10 Toe het die drywers van die volk en die opsigters uitgegaan en tot die volk gespreek en gesê: So spreek Farao: Ek gee julle geen strooi nie.

11 Loop haal self vir julle strooi waar julle dit kan kry; maar van julle werk word niks verminder nie.

12 Toe het die volk in die hele Egipteland rondgegaan om stoppels te versamel vir strooi.

13 En die drywers het aangedryf en gesê: Voltooi julle werk volgens die eis van elke dag net soos toe daar strooi was.

14 En die opsigters van die kinders van Israel wat Farao se drywers oor hulle aangestel het, het slae gekry, met die woorde: Waarom het julle gister en vandag nie soos tevore julle bepaalde werk, om stene te maak, volbring nie?

15 Daarom het die opsigters van die kinders van Israel gegaan, en hulle het geweeklaag by Farao en gesê: Waarom maak u so met u dienaars?

16 Aan u dienaars word geen strooi gegee nie, en hulle sê vir ons: Maak bakstene! En kyk, u dienaars word geslaan, maar die skuld lê by u volk.

17 Maar hy het geantwoord: Lui is julle, lui! Daarom sê julle: Laat ons gaan, laat ons aan die HERE offer.

18 Nou dan, loop werk! Maar strooi sal julle nie gegee word nie. Ewenwel moet julle die hoeveelheid bakstene aflewer.

19 Toe sien die opsigters van die kinders van Israel dat dit sleg met hulle staan, omdat daar gesê is: Julle mag jul bakstene, volgens die eis van elke dag, nie verminder nie.

20 En hulle het Moses en A„ron teëgekom, wat daar gestaan het om hulle te ontmoet as hulle van Farao af weggaan,

21 en het vir hulle gesê: Mag die HERE op julle let en oordeel, omdat julle ons gehaat gemaak het in die oë van Farao en in die oë van sy dienaars, sodat julle 'n swaard in hulle hand gegee het om ons om te bring.

22 Toe gaan Moses weer na die HERE en sê: Here, waarom het U hierdie volk kwaad aangedoen? Waarom het U my tog gestuur?

23 Want vandat ek na Farao gegaan het om in u Naam te spreek, het hy hierdie volk mishandel, en U het u volk glad nie verlos nie. [ (Exodus 5:24) Daarop het die HERE Moses geantwoord: Nou sal jy sien wat Ek Farao sal aandoen. Want deur 'n sterke hand sal hy hulle laat trek, ja, deur 'n sterke hand gedwing, sal hy hulle uit sy land uitdrywe. ]

1 后来, 摩西和亚伦去对法老说: "耶和华以色列的 神这样说: 让我的人民离开这里, 叫他们可以在旷野向我守节。"

2 法老回答: "耶和华是谁, 我要听他的话, 让以色列人离开呢?我不认识耶和华, 也不让以色列人离开。"

3 他们说: "希伯来人的 神遇见了我们; 求你让我们走三天的路程到旷野去, 献祭给耶和华我们的 神, 免得他用瘟疫或刀剑击杀我们。"

4 埃及王对他们说: "摩西、亚伦哪, 你们为什么使人民懒惰不作工呢?去挑你们的担子吧。"

5 法老又说: "你看, 现在这地的民很多, 你们竟叫他们歇下担子?"

6 就在那天, 法老吩咐众民的督工和首领说:

7 "你们不要像往日一样再把草给人民做砖, 叫他们自己去捡草。

8 他们往日做砖的数量, 你们还是向他们要, 一点也不可减少, 因为他们是懒惰的, 所以他们才呼喊说: ‘让我们去献祭给我们的 神。’

9 你们要把更重的工作加在这些人的身上, 好使他们专心作工, 不听谎言。"

10 众民的督工和首领出来, 告诉人民说: "法老这样说: ‘我不再给你们草。

11 你们自己能在哪里找到草, 就到哪里去捡吧, 但你们的工作一点也不可减少。’"

12 于是, 人民就分散到埃及全地, 去拾禾秸作草。

13 督工们催着说: "你们的工作, 每天的本分, 要在当天完成, 像以前有草的时候一样。"

14 法老的督工责打他们派定的以色列人的首领, 说: "你们昨天今天为什么没有做完指定要你们做的砖, 像往日一样呢?"

15 以色列人的首领就来, 向法老呼求说: "你为什么这样待你的仆人呢?

16 没有草给你的仆人, 但他们对我们说: ‘你们做砖吧! ’看哪, 你的仆人受了责打, 其实这是你自己人民的错。"

17 法老说: "你们确实是懒惰的, 所以你们才说: ‘让我们去献祭给耶和华。’

18 现在你们去作工吧; 草是不给你们的, 砖却要如数交上。"

19 以色列人的首领因有命令说: "你们每天本分要做的砖数不可减少", 就知道自己有祸了。

20 他们从法老那里出来的时候, 遇见摩西和亚伦, 正在站着等候他们,

21 就对他们说: "愿耶和华鉴察你们, 审判你们, 因为你们使我们的香气在法老眼前和他的臣仆眼前都发臭了, 把刀放在他们的手里来杀我们。"

22 摩西回到耶和华那里, 说: "主啊! 你为什么苦待这人民呢?为什么差派我呢?

23 自从我到法老那里, 奉你的名说话以来, 他就苦待这人民, 你一点也没有拯救你自己的人民。"