1 Toe antwoord Moses en sê: Maar as hulle my nie glo en na my stem nie luister nie, maar sê: Die HERE het nie aan jou verskyn nie?
2 Daarop vra die HERE vir hom: Wat is daar in jou hand? En hy antwoord: 'n Staf.
3 En Hy sê: Gooi dit op die grond. Toe gooi hy dit op die grond, en dit het 'n slang geword; en Moses het daarvoor gevlug.
4 Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit en gryp dit aan die stert. Hierop het hy sy hand uitgesteek en dit gegryp, en dit het 'n staf in sy hand geword --
5 sodat hulle kan glo dat die HERE, die God van hulle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, aan jou verskyn het.
6 En die HERE het verder vir hom gesê: Steek tog jou hand in jou boesem. En hy het sy hand in sy boesem gesteek; en toe hy dit uittrek, was sy hand melaats, soos sneeu!
7 En Hy sê: Steek jou hand weer in jou boesem. En hy het sy hand weer in sy boesem gesteek; en toe hy dit uit sy boesem uittrek, was dit weer soos sy ander vlees!
8 En as hulle jou nie glo en aan die eerste teken geen gehoor gee nie, dan sal hulle die laaste teken glo.
9 En as hulle ook hierdie twee tekens nie glo en na jou stem nie luister nie, neem dan van die Nyl se water en giet dit op die droë grond uit; dan sal die water wat jy uit die Nyl neem, op die droë grond bloed word.
10 Toe sê Moses aan die HERE: Ag, Here, ek is nie 'n man van woorde nie -- van gister of van eergister of vandat U met u kneg gespreek het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong.
11 En die HERE antwoord hom: Wie het vir die mens die mond gemaak, of wie maak stom of doof, of siende of blind? Is dit nie Ek, die HERE, nie?
12 Gaan dan nou heen, en Ek sal met jou mond wees en jou leer wat jy moet sê.
13 Maar hy sê: Ag, Here, stuur tog deur wie U wil stuur.
14 Toe ontvlam die toorn van die HERE teen Moses, en Hy sê: Is jou broer A„ron, die Leviet, nie daar nie? Ek weet dat hy goed kan praat. En hy gaan ook al uit om jou te ontmoet, en as hy jou sien, sal hy bly wees in sy hart.
15 Jy moet dan met hom spreek en die woorde in sy mond lê. En Âk sal met jou mond en sy mond wees en julle leer wat julle moet doen.
16 En hy moet vir jou met die volk spreek, en dan sal hy vir jou 'n mond wees en jy vir hom 'n god wees.
17 Neem dan hierdie staf in jou hand waarmee jy die tekens moet doen.
18 Toe gaan Moses weg en kom by sy skoonvader Jetro terug, en hy sê vir hom: Laat my tog trek en na my broers teruggaan wat in Egipte is, om te sien of hulle nog lewe. En Jetro sê vir Moses: Gaan in vrede.
19 Ook het die HERE vir Moses in M¡dian gesê: Gaan heen, keer terug na Egipte; want al die manne wat jou lewe gesoek het, is dood.
20 Moses neem toe sy vrou en sy seuns en laat hulle op 'n esel ry, terug na Egipteland. Moses het ook die staf van God in sy hand geneem.
21 En die HERE sê vir Moses: Nou dat jy wegtrek om na Egipte terug te gaan, kyk dat jy al die wonders voor Farao doen wat Ek in jou mag gestel het. Maar Âk sal sy hart verhard, sodat hy die volk nie sal laat trek nie.
22 Dan moet jy vir Farao sê: So spreek die HERE: My eersgebore seun is Israel.
23 Daarom beveel Ek jou: Laat my seun trek, dat hy My kan dien. Maar jy het geweier om hom te laat trek. Kyk, Ek sal jou eersgebore seun laat sterwe.
24 En op die pad in die herberg het die HERE hom teëgekom en wou hom doodmaak.
25 Toe neem Sippora 'n skerp klip en sny die voorhuid van haar seun af en gooi dit voor sy voete en sê: Waarlik, jy is vir my 'n bloedbruidegom!
26 En Hy het hom laat staan. Toe het sy gesê: Bloedbruidegom! -- met die oog op die besnydenis.
27 Die HERE het ook aan A„ron gesê: Loop Moses tegemoet in die woestyn. En hy het geloop en hom by die berg van God aangetref en hom gesoen.
28 Daarop vertel Moses aan A„ron al die woorde van die HERE waarmee Hy hom gestuur het, en al die tekens wat Hy hom beveel het.
29 En Moses en A„ron het vertrek en al die oudstes van die kinders van Israel bymekaar laat kom;
30 en A„ron het al die woorde gespreek wat die HERE aan Moses gesê het, en die tekens gedoen voor die oë van die volk.
31 En die volk het geglo. En toe hulle hoor dat die HERE op die kinders van Israel ag gegee en hulle ellende aangesien het, het hulle in aanbidding neergebuig.
1 摩西回答: "看哪, 他们必不信我, 也不听我的话; 因为他们必说: ‘耶和华并没有向你显现。’"
2 耶和华问摩西: "那在你手里的是什么?"他说: "是手杖。"
3 耶和华说: "把它丢在地上。"摩西把它一丢在地上, 它就变了蛇; 摩西就逃跑, 离开了它。
4 耶和华对摩西说: "伸出你的手来, 捉住蛇的尾巴。"摩西就伸出手来, 紧握着它, 它在摩西的掌中又变回了手杖。
5 "这样就使他们相信耶和华他们祖宗的 神, 就是亚伯拉罕的 神、以撒的 神、雅各的 神曾向你显现了。"
6 耶和华又再对摩西说: "现在把你的手放进怀里。"摩西就把手放进怀里; 等他把手抽出来的时候, 手就长满了痲风, 像雪那样白。
7 耶和华说: "把你的手再放进怀里。"摩西就把手再放进怀里; 等他把手从怀里抽出来的时候, 手就恢复过来, 像身上别处的肉一样。
8 耶和华又说: "如果他们不信你, 也不听从头一个神迹的话, 他们必信随后来的神迹。
9 如果连这两个神迹他们也不信, 也不听你的话, 你就从河里取些水, 倒在旱地上; 你从河里取来的水就必在旱地上变成血。"
10 摩西对耶和华说: "主啊, 我不是个会说话的人; 以前不是, 自从你对仆人说话以后也不是; 因为我本是拙口笨舌的。"
11 耶和华对他说: "谁造人的口呢?谁使人口哑、耳聋、眼明、眼瞎呢?不是我耶和华吗?
12 现在去吧, 我必赐你口才, 指教你当说的。"
13 摩西说: "主啊, 请你差派你愿意差派的人。"
14 耶和华向摩西发怒, 说: "不是有你的哥哥利未人亚伦吗?我知道他是有口才的; 他现在出来要迎接你。他看见了你, 心里就快乐。
15 你要对他说话, 把你要说的话放在他的口里; 我必与你的口同在, 也与他的口同在; 我必指教你们当行的事。
16 他要替你向人民说话, 他要作你的口, 你要作他的 神。
17 这手杖你要拿在手里, 用来行神迹。"
18 于是, 摩西起程回到他岳父叶忒罗那里, 对他说: "请你容我离开这里, 回到我在埃及的同胞那里, 看看他们是否还在。"叶忒罗对摩西说: "你可以平平安安地去吧。"
19 耶和华在米甸对摩西说: "你要起程, 回到埃及去, 因为那些寻索你命的人都死了。"
20 摩西就带着他的妻子和孩子, 让他们骑在驴上, 向着埃及地回去了; 摩西手里拿着 神的杖。
21 耶和华对摩西说: "你起程回到埃及去的时候, 要留意我交在你手里的一切奇事, 把它们行在法老面前; 我却要使他的心刚硬, 他就不让人民离开。
22 你要对法老说: ‘耶和华这样说: 以色列是我的长子。
23 我曾对你说, 要让我的儿子离开这里, 好叫他事奉我。你还是拒绝让他离开, 看哪! 我必杀你的长子。’"
24 在路上住宿的地方, 耶和华遇见了摩西, 就想要杀他。
25 西坡拉就拿了一把石刀, 把她儿子的包皮割下来, 把它丢到摩西的脚上, 说: "你真是我的血郎了! "
26 这样, 耶和华才放了他。那时西坡拉说: "你是血郎, 是因为割礼的缘故。"
27 耶和华对亚伦说: "你到旷野去迎接摩西。"他就去了; 他在 神的山遇见了摩西, 就和他亲嘴。
28 摩西把耶和华派他所说的一切话, 和吩咐他所行的一切神迹都告诉了亚伦。
29 摩西和亚伦就去召集以色列人的长老。
30 亚伦把耶和华对摩西所说的一切话都说了一遍, 并且在人民的眼前行了这些神迹。
31 人民就相信了; 他们听见耶和华眷顾以色列人, 也鉴察了他们的痛苦, 就俯伏敬拜。