1 Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê:
2 Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.
3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
6 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
7 Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
8 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.
9 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;
10 maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy g,,n werk doen nie -- jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseënen dit geheilig.
12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.
13 Jy mag nie doodslaan nie.
14 Jy mag nie egbreek nie.
15 Jy mag nie steel nie.
16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.
18 En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op 'n afstand bly staan.
19 En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons.
20 Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie.
21 So het die volk dan op 'n afstand bly staan. Maar Moses het nader gegaan na die wolkedonkerheid waar God was.
22 Toe sê die HERE vir Moses: So moet jy met die kinders van Israel spreek: Julle het self gesien dat Ek met julle van die hemel af gespreek het.
23 Julle mag naas My geen silwergode maak en geen goue gode vir julle maak nie.
24 'n Altaar van grond moet jy vir My maak, en daarop moet jy jou brandoffers en dankoffers, jou kleinvee en beeste, offer. Op elke plek waar Ek my Naam sal laat gedenk, sal Ek na jou toe kom en jou seën.
25 Maar as jy vir My 'n klipaltaar maak, mag jy dit nie bou van gekapte klip nie; want as jy jou ystergereedskap daaroor swaai, dan ontheilig jy dit.
26 Jy mag ook nie met trappe na my altaar opklim nie, dat jou skaamte nie daarop ontbloot word nie.
1 神吩咐以下这一切话, 说:
2 "我是耶和华你的 神, 曾经把你从埃及地, 从为奴之家领出来。
3 "除我以外, 你不可有别的神。
4 "不可为自己做偶像, 也不可做天上、地下和地底下水中各物的形象。
5 不可跪拜它们, 也不可事奉它们, 因为我耶和华你们的 神是忌邪的 神; 恨恶我的, 我必追讨他们的罪, 从父亲到儿子, 直到三四代。
6 爱我和遵守我诫命的, 我必向他们施慈爱, 直到千代。
7 "不可妄称耶和华你 神的名, 因为妄称耶和华的名的, 耶和华必不以他为无罪。
8 "要记念安息日, 守为圣日。
9 六日要劳碌, 作你一切工作。
10 但第七日是耶和华你的 神的安息日; 这一日, 你和你的儿女, 你的仆婢和牲畜, 以及住在你城里的寄居者, 不可作任何的工。
11 因为耶和华在六日之内造天、地、海和其中的万物, 第七日就歇息了; 所以耶和华赐福安息日, 定为圣日。
12 "要孝敬父母, 使你在耶和华你的 神赐给你的地上得享长寿。
13 "不可杀人。
14 "不可奸淫。
15 "不可偷盗。
16 "不可作假证供陷害你的邻舍。
17 "不可贪爱你邻舍的房屋; 不可贪爱你邻舍的妻子、仆婢、牛驴和他的任何东西。"
18 全体人民都看见打雷、闪电、角声和冒着烟的山; 人民看见了, 就颤抖, 远远地站着。
19 他们对摩西说: "求你和我们说话吧, 我们必定听你的话, 不可让 神和我们说话, 恐怕我们死亡。"
20 摩西回答人民: "不要惧怕, 因为 神降临是要试验你们, 叫你们常常敬畏他, 不至犯罪。"
21 于是, 人民远远地站着, 摩西却走近 神所在的幽暗之中。
22 耶和华对摩西说: "你要对以色列人这样说: ‘你们亲自看见我从天上和你们说话了。
23 你们不可做银的神像和金的神像和我相比, 你们决不可为自己做这些神像。
24 你要为我筑一座土坛, 把你的燔祭、平安祭和牛羊献在坛上; 在我使人记念我名的地方, 我都必到你那里去赐福你。
25 你若是为我筑一座石坛, 不可用凿过的石头来建筑, 因为你在石头上一动用工具, 就把坛污秽了。
26 你上我的坛, 不可用梯级, 免得在坛上露出你的下体来。’"