1 Dan moet jy jou broer A„ron, en sy seuns saam met hom, uit die kinders van Israel, laat nader kom na jou toe, dat hy vir My die priesteramp kan bedien: A„ron, Nadab en Ab¡hu, Ele sar en Itamar, die seuns van A„ron.

2 En jy moet vir jou broer A„ron heilige klere maak, tot eer en tot sieraad.

3 Jy moet ook spreek met almal wat kunsvaardig is, wat Ek met die gees van wysheid vervul het, dat hulle vir A„ron klere maak, om hom te heilig, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.

4 En dit is die klere wat hulle moet maak: 'n borstas en 'n skouerkleed en 'n mantel en 'n kunstig bewerkte rok, 'n tulband en 'n gordel; so moet hulle dan vir A„ron, jou broer, heilige klere maak, en vir sy seuns, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.

5 En hulle moet die goud en die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne neem.

6 En hulle moet die skouerkleed maak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, as kunstige werk.

7 Dit moet twee skouerstukke hê wat aan mekaar vas is; aan die twee bo-ente moet dit saamgevoeg word.

8 En die band wat daaraan is om dit vas te bind, moet van dieselfde werk en, daarmee saam, uit een stuk wees, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.

9 En jy moet twee oniksstene neem en die name van die kinders van Israel daarop graveer:

10 ses van die name op die een steen en die ses ander name op die ander steen volgens hulle geboortes.

11 Met graveerwerk, soos op 'n seëlsteen uitgesny word, moet jy die twee stene graveer volgens die name van die kinders van Israel. Jy moet hulle maak dat hulle vassit in kassies van goud.

12 En jy moet die twee stene op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene vir die kinders van Israel -- A„ron moet hulle name op sy twee skouers dra voor die aangesig van die HERE om hulle in gedagtenis te bring.

13 Jy moet dan kassies van goud maak

14 en twee kettings van suiwer goud; gedraai soos toutjies moet jy hulle maak; en maak die kettings, soos toutjies gedraai, aan die kassies vas.

15 Jy moet ook die borstas van beslissing maak van kunstige werk; soos die werk van die skouerkleed moet jy dit maak; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en van fyn dubbeldraad-linne moet jy dit maak.

16 Vierkantig moet dit wees en dubbel gevou; 'n span sy lengte en 'n span sy breedte.

17 En voorsien dit van 'n steeninvulling van vier rye stene: 'n ry met 'n karneool, 'n topaas en 'n smarag moet die eerste ry wees.

18 En die tweede ry: 'n karbonkel, 'n saffier en 'n jaspis.

19 En die derde ry: 'n hiasint, 'n agaat en 'n ametis.

20 En die vierde ry: 'n chrisoliet en 'n oniks en 'n sardoniks. Hulle moet in goud vasgesit wees by hulle invulling.

21 En die stene moet volgens die name van die kinders van Israel twaalf wees, volgens hulle name. Soos op 'n seëlsteen uitgesny word, so moet hulle vir twaalf stamme wees, elkeen volgens sy naam.

22 Jy moet ook by die borstas gedraaide kettings, soos toutjies gedraai, van suiwer goud maak.

23 En maak by die borstas twee goue ringe; en bevestig die twee ringe aan die twee bo-ente van die borstas,

24 en maak die twee goue toutjies aan die twee ringe vas, aan die bo-ente van die borstas;

25 en maak die twee ander ente van die twee toutjies vas aan die twee kassies, en bevestig die dan aan die skouerstukke van die skouerkleed, aan die voorkant daarvan.

26 Jy moet ook twee goue ringe maak, en bevestig die aan die twee onder-ente van die borstas, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant.

27 En maak twee goue ringe, en bevestig die aan die twee skouerstukke van die skouerkleed, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed.

28 En hulle moet die borstas met sy ringe aan die ringe van die skouerkleed met 'n pers toutjie vasbind, sodat dit bo die band van die skouerkleed is en die borstas nie van die skouerkleed afskuiwe nie.

29 So moet A„ron dan die name van die kinders van Israel in die borstas van beslissing op sy hart dra as hy in die heiligdom ingaan, om hulle in gedagtenis te bring voor die aangesig van die HERE gedurigdeur.

30 Jy moet ook in die borstas van beslissing die Urim en die Tummim sit, dat hulle op die hart van A„ron kan wees as hy voor die aangesig van die HERE ingaan. So moet A„ron dan die beslissing van die kinders van Israel gedurigdeur op sy hart dra voor die aangesig van die HERE.

31 En jy moet die mantel van die skouerkleed heeltemal van pers stof maak.

32 En die opening vir die hoof moet in die middel daarvan wees. Rondom die opening moet 'n soom van wewerswerk wees. Soos die opening van 'n pantser moet dit daaraan wees, dat dit nie kan skeur nie.

33 En maak aan die soom daarvan granaatjies van pers en purperrooi en bloedrooi kleur, aan die soom daarvan rondom, en daar tussenin goue klokkies rondom:

34 'n goue klokkie en 'n granaatjie, 'n goue klokkie en 'n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom.

35 En A„ron moet dit aanhê om te kan dien, sodat die geluid daarvan gehoor word as hy in die heiligdom, voor die aangesig van die HERE, ingaan en as hy daar uitgaan, dat hy nie sterwe nie.

36 Verder moet jy 'n plaat van suiwer goud maak en daarop graveer, soos op 'n seëlsteen uitgesny word: HEILIG AAN DIE HERE.

37 En maak dit vas aan 'n pers toutjie, sodat dit aan die tulband kan wees; aan die voorkant van die tulband moet dit wees.

38 So moet dit dan op die voorhoof van A„ron wees, sodat A„ron die skuld kan dra met betrekking tot die heilige dinge wat die kinders van Israel sal heilig -- al hulle heilige gawes. En dit moet gedurigdeur op sy voorhoof wees, dat hulle voor die aangesig van die HERE welgevalle mag vind.

39 Jy moet ook die rok van fyn linne kunstig bewerk. Jy moet ook 'n tulband van fyn linne maak, en 'n gordel moet jy van veelkleurige werk maak.

40 En maak rokke vir die seuns van A„ron, en maak vir hulle gordels. Ook moet jy vir hulle musse maak, tot eer en tot sieraad.

41 En trek dit jou broer A„ron en sy seuns saam met hom aan. En salf hulle en stel hulle aan en heilig hulle, sodat hulle vir My die priesteramp kan bedien.

42 Maak ook vir hulle linnebroeke om die vlees van die skaamte te bedek. Dit moet van die heupe tot by die dye wees.

43 En A„ron en sy seuns moet dit aanhê as hulle in die tent van samekoms gaan, of as hulle nader kom na die altaar om in die heiligdom te dien, sodat hulle geen skuld op hulle laai en sterwe nie. Dit is 'n ewige insetting vir hom en vir sy nageslag n hom.

1 "你要从以色列人中使你的哥哥亚伦和他的众子, 就是亚伦和他的众子: 拿答、亚比户、以利亚撒、以他玛, 都一同来到你面前, 作事奉我的祭司。

2 你要为你哥哥亚伦做圣衣, 使他有荣耀, 有华美。

3 你又要吩咐所有心中有智慧的, 就是我用智慧的灵充满的, 给亚伦做衣服, 使他成圣, 作事奉我的祭司。

4 这些就是他们要做的衣服: 胸牌、以弗得、长外袍、杂色内袍、礼冠、腰带。他们要为你哥哥亚伦和他的众子做圣衣, 使他们作事奉我的祭司。

5 他们要拿金线、蓝色紫色朱红色线和细麻去做。

6 "他们要拿金线、蓝色紫色朱红色线和捻的细麻, 用巧工来做以弗得。

7 以弗得要有两条肩带, 连接着两端, 好使它相连在一起。

8 以弗得上面的带子, 它的巧工要和以弗得一样, 用来束上以弗得, 要用金线、蓝色紫色朱红色线和捻的细麻做成。

9 你要取两块红宝石, 把以色列众子的名字刻在上面,

10 六个名字在一块宝石上, 其余六个名字在另一块宝石上, 都是照着他们出生的次序。

11 好像宝石雕刻匠刻印章一样, 你要把以色列众子的名字刻在这两块宝石上, 要把它们镶嵌在金槽中。

12 你要把这两块宝石安放在以弗得的肩带上, 作以色列民的记念石。亚伦在耶和华面前, 用两肩担当他们的名字, 作为记念。

13 你要做金槽,

14 和两条纯金的链子, 像做绳子一样拧成, 把这像绳子一样的链子放置在二槽上。

15 "你要用巧工做一个作判断用的胸牌, 像以弗得的做法一样, 要用金线、蓝色紫色朱红色线和捻的细麻做成。

16 胸牌要四方的, 双层的, 长二十二公分, 宽二十二公分。

17 你要在胸牌上面镶上四行宝石: 第一行是红宝石、黄玉、翡翠;

18 第二行是紫宝石、蓝宝石、金钢石;

19 第三行是黄玛瑙、白玛瑙、紫晶;

20 第四行是水苍玉、红玛瑙、碧玉。这些宝石都是镶在金槽里。

21 按着以色列众子的名字, 这些宝石要有十二块; 按着他们的名字刻印章, 按他们的名字各代表十二个支派。

22 你要在胸牌上做纯金的链子, 像做绳子一样拧成。

23 你要在胸牌上做两个金环, 把这两个金环安在胸牌的两端之上。

24 你要把那两条金链子穿在胸牌两端的两个环子里。

25 你又要把那两条链子的另两端接在两槽上, 连在以弗得前面的肩带上。

26 你又要做两个金环, 安在胸牌下边的两端, 就是靠近以弗得里面的边缘上。

27 你又要做两个金环, 把它们安在以弗得前面两条肩带的下面, 靠近相接的地方, 在以弗得巧工织成的带子上面。

28 你要用紫蓝色细线把胸牌的环子系在以弗得的环子上, 使胸牌贴在以弗得巧工织成的带子上, 免得胸牌从以弗得上脱下来。

29 亚伦进入圣所的时候, 要把作决断用的胸牌, 上面有以色列众子的名字, 带在胸前, 在耶和华面前常作记念。

30 你要把乌陵和土明放在作决断用的胸牌里。亚伦进入耶和华面前的时候, 它们要带在胸前; 这样, 亚伦就在耶和华面前常常把以色列众子的决断带在胸前。

31 "你要做以弗得的长外袍, 全件要紫蓝色。

32 在长外袍的正中, 头部的地方, 要有一个领口, 领口的周围要有领边, 是用纺织的细工织成, 如同战袍的领口一样, 免得长外袍破裂。

33 在长外袍下摆的周围, 你要用蓝色紫色朱红色线做石榴, 在长外袍下摆周围的石榴中间, 要缀上金铃。

34 在长外袍下摆的周围缀上一个金铃、一个石榴、一个金铃、一个石榴,

35 长外袍要穿在亚伦的身上, 好作事奉。他进入圣所到耶和华面前, 以及出来的时候, 他的声音必被听见, 免得他死亡。

36 "你要用精金做一面牌子, 在牌上像刻印章般刻着: ‘归耶和华为圣’。

37 你要用一条紫蓝色细线把牌子系住, 好使它安在礼冠上, 就是在礼冠的前面。

38 这牌要在亚伦的额上, 亚伦要担当干犯圣物的罪过, 这些圣物是以色列人在一切圣礼物上分别为圣的; 这牌要常在亚伦的额上, 好使他们在耶和华面前可以得蒙悦纳。

39 你要用细麻线编织杂色内袍, 用细麻布做礼冠, 又用刺绣的手工做腰带。

40 "你也要为亚伦的儿子做内袍, 为他们做腰带, 又为他们做头巾, 使他们有荣耀, 有华美。

41 你要把这些给你哥哥亚伦和他的儿子们穿上, 又要膏抹他们, 按立他们, 把他们分别为圣, 好使他们可以作我的祭司。

42 你要给他们做白麻布裤子, 遮盖裸体, 裤子遮盖腰间, 直到大腿。

43 亚伦和他儿子进入会幕, 或走近祭坛, 在圣所里事奉的时候, 都必须穿上裤子, 免得他们担当罪过而死。这要给亚伦和他的后裔作永远的条例。"