1 Toe Jetro, die priester van M¡dian, Moses se skoonvader, hoor alles wat God aan Moses en aan sy volk Israel gedoen het -- dat die HERE Israel uit Egipte uitgelei het --

2 het Jetro, Moses se skoonvader, Sippora, die vrou van Moses, geneem -- nadat hy haar teruggestuur het --

3 en haar twee seuns. Die naam van die een was Gersom, want hy het gesê: Ek het 'n vreemdeling geword in 'n vreemde land;

4 en die naam van die ander was Eliëser; want, het hy gesê, die God van my vader is my hulp en het my van Farao se swaard verlos.

5 En Jetro, Moses se skoonvader, het met sy seuns en sy vrou na Moses gekom in die woestyn waar hy by die berg van God met die laer gestaan het.

6 En hy het Moses laat weet: Ek, jou skoonvader Jetro, kom na jou met jou vrou en haar twee seuns saam met haar.

7 Daarop gaan Moses uit, sy skoonvader tegemoet, en hy het gebuig en hom gesoen; en hulle het na mekaar se welstand gevra en in die tent ingegaan.

8 Moses vertel toe aan sy skoonvader alles wat die HERE aan Farao en aan die Egiptenaars, ter wille van Israel, gedoen het; al die moeilikheid wat hulle op die pad oorgekom het, en dat die HERE hulle verlos het.

9 En Jetro het hom verheug oor al die goeie wat die HERE aan Israel gedoen het, dat Hy hulle uit die hand van die Egiptenaars verlos het.

10 Daarop sê Jetro: Geseënd is die HERE wat julle verlos het uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van Farao, wat die volk onder die hand van die Egiptenaars uit verlos het.

11 Nou weet ek dat die HERE groter is as al die gode, naamlik in die saak waarin hulle vermetel was teen hulle.

12 Daarop het Jetro, Moses se skoonvader, 'n brandoffer en slagoffers geneem tot eer van God. En A„ron en al die oudstes van Israel het gekom om saam met Moses se skoonvader brood te eet voor die aangesig van God.

13 En die volgende dag het Moses gesit om reg te spreek vir die volk; en die volk het voor Moses gestaan van die môre tot die aand toe.

14 En toe Moses se skoonvader sien alles wat hy vir die volk doen, sê hy: Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy alleen, en die hele volk staan voor jou van die môre tot die aand toe?

15 En Moses antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom om God te raadpleeg.

16 As hulle 'n saak het, kom hulle na my; en dan moet ek regspreek tussen die partye en die insettinge van God en sy wette bekend maak.

17 Maar Moses se skoonvader sê vir hom: Die ding wat jy doen, is nie goed nie.

18 Jy sal heeltemal uitgeput raak, jy sowel as hierdie volk wat by jou is. Want die saak is te swaar vir jou; jy kan dit nie alleen doen nie.

19 Luister nou na my; ek sal jou raad gee, en God sal met jou wees. Wat jou betref, wees jy die verteenwoordiger van die volk by God en bring jy die sake voor God,

20 en onderrig hulle in die insettinge en die wette, en maak hulle die weg bekend waarop hulle moet gaan, en die werk wat hulle moet doen.

21 Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel die aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien;

22 en laat hulle voortdurend oor die volk die regspraak uitoefen: al die groot sake moet hulle na jou bring, maar in al die klein sake moet hulle self regspreek. Maak dit so ligter vir jou, en laat hulle saam met jou dra.

23 As jy dit doen en God dit jou beveel, kan jy dit uithou en sal ook al hierdie mense tevrede na hulle woonplek gaan.

24 Moses het toe geluister na sy skoonvader en alles gedoen wat hy gesê het --

25 Moses het bekwame manne uit die hele Israel gekies en hulle as hoofde oor die volk aangestel -- owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien.

26 En hulle het voortdurend oor die volk die regspraak uitgeoefen: die moeilike sake het hulle na Moses gebring, maar in al die klein sake self reggespreek.

27 Toe het Moses sy skoonvader laat gaan, en hy het na sy land getrek.

1 摩西的岳父, 米甸祭司叶忒罗, 听见了 神为摩西和他自己的人民以色列所行的一切, 就是耶和华怎样把以色列人从埃及领出来的事,

2 他就带着摩西的妻子西坡拉, 摩西从前送了她回去,

3 又带着西坡拉的两个儿子, 一个名叫革舜, 因为摩西说: "我在异地作了客旅";

4 一个名叫以利以谢, 因为他说: "我父亲的 神是我的帮助, 救我脱离了法老的刀。"

5 摩西的岳父叶忒罗, 和摩西的妻子与两个儿子, 来到旷野摩西那里, 就是到 神的山, 摩西安营的地方。

6 叶忒罗叫人告诉摩西说: "你的岳父叶忒罗来见你, 你的妻子和两个儿子也一同来了。"

7 摩西出来迎接他的岳父, 向他下拜, 与他亲嘴, 彼此问候, 然后一起进了帐棚。

8 摩西把耶和华为以色列的缘故, 向法老和埃及人所作的一切, 以及路上遭遇的一切困难, 并且耶和华怎样拯救他们, 都向他的岳父述说。

9 叶忒罗因为耶和华为以色列人所行的美事, 就是拯救他们脱离埃及人的手, 就非常喜乐。

10 叶忒罗说: "耶和华是应当称颂的, 他拯救了你们脱离埃及人的手和法老的手; 他也把这人民从埃及人的手下拯救出来。

11 现在我知道耶和华为至大, 超乎万神之上, 因为这在埃及人以狂傲的态度对以色列人的事上已经证明了。"

12 摩西的岳父叶忒罗把燔祭和几样祭品拿来献给 神; 亚伦和所有以色列的长老都来到 神面前, 与摩西的岳父一同吃饭。

13 次日, 摩西坐着审判人民的案件; 人民从早到晚都站在摩西的身旁。

14 摩西的岳父看见了摩西向人民所行的一切, 就说: "你向人民作的是什么呢?你为什么独自坐着审判, 所有的人民却从早到晚都站在你的身旁呢?"

15 摩西回答他岳父: "因为人民到我这里来求问 神。

16 他们有事件的时候, 就到我这里来, 我就在双方之间施行审判, 使他们认识 神的条例和律法。"

17 摩西的岳父对摩西说: "你这样作不好。

18 你必疲乏不堪; 不但你自己, 连与你在一起的人民也必疲乏不堪, 因为这事太重, 你不能独自一人去作。

19 现在你要听我的话, 我要给你出个主意, 愿 神与你同在; 你要代替人民到 神面前, 把他们的事件带到 神那里。

20 又要把规例和律法教导他们, 使他们知道他们当走的路, 应作的事。

21 你要从人民中间选出有才能的人, 就是敬畏 神、忠实可信、恨恶不义之财的人, 设立他们作千夫长、百夫长、五十夫长、十夫长, 去管理人民,

22 使他们随时可以审判人民的案件; 所有大事件, 他们要带到你这里来; 所有小事件, 他们可以自己审判。这样, 你就轻省些, 他们也可以和你一同分担此事。

23 你若是这样行, 神也这样吩咐你, 你就能站立得住, 所有的人民也都能平平安安地归回自己的地方。"

24 于是, 摩西听从他岳父的话, 照着他所说的行了。

25 摩西从全体以色列人中选出了有才能的人, 立他们作人民的首领, 作千夫长、百夫长、五十夫长、十夫长。

26 他们随时审判人民的案件; 有困难的事件, 他们就带到摩西那里; 所有小事件, 由他们自己审判。

27 后来, 摩西给他的岳父送行, 他就回自己的地方去了。