1 Maar ek sê: So lank as die erfgenaam 'n kind is, verskil hy niks van 'n dienskneg nie, al is hy heer van alles;
2 maar hy staan onder voogde en bestuurders tot op die tyd tevore deur die vader bepaal.
3 So was ons ook, toe ons kinders was, in diensbaarheid onder die eerste beginsels van die wêreld.
4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet,
5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.
6 En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!
7 Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.
8 Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle die gedien wat van nature geen gode is nie;
9 maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien?
10 Julle neem dae en en maande en tye en jare waar.
11 Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het.
12 Broeders, ek bid julle, word soos ek, want ek is ook soos julle. Julle het my geen onreg aangedoen nie;
13 maar julle weet dat ek ten gevolge van krankheid van die vlees die eerste keer die evangelie aan julle verkondig het;
14 en julle het my beproewing in my vlees nie verag of verfoei nie, maar julle het my ontvang as 'n engel van God, ja, as Christus Jesus.
15 Wat was dan julle saligprysing? Want ek getuig van julle dat julle, as dit moontlik was, jul oë uitgegrawe en vir my sou gegee het.
16 Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel?
17 Hulle ywer vir julle is nie goed nie, maar hulle wil ons buitesluit, sodat julle vir hulle kan ywer.
18 Dit is goed as daar altyd geywer word in 'n goeie saak en nie alleen wanneer ek by julle teenwoordig is nie,
19 my kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdat Christus in julle 'n gestalte verkry.
20 En ek sou wens om nou by julle teenwoordig te wees en my stem te verander, want ek is buite raad met julle.
21 Julle wat onder die wet wil wees, sê vir my, luister julle nie na die wet nie?
22 Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye.
23 Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte.
24 Dit is sinnebeelde, want die vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar -- dit is Hagar;
25 want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny.
26 Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal.
27 Want daar is geskrywe: Verbly jou, onvrugbare wat nie baar nie; breek uit en roep, jy wat geen barensnood het nie, want die kinders van die eensame is meer as van haar wat 'n man het.
28 Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte;
29 maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook.
30 Maar wat sê die Skrif? Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie.
31 Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye.
1 我说, 那承受产业的, 虽然是全部产业的主人, 但在孩童的时期, 却和奴仆没有分别。
2 他是在监护人和管家之下, 直到父亲预先指定的时候。
3 我们也是这样, 作孩童的时候, 被世俗的言论所奴役;
4 但到了时机成熟, 神就差遣他的儿子, 由女人所生, 而且生在律法之下,
5 要把律法之下的人救赎出来, 好让我们得着嗣子的名分。
6 你们既然是儿子, 神就差遣他儿子的灵进入我们心里, 呼叫"阿爸、父! "
7 这样, 你不再是奴仆, 而是儿子; 既然是儿子, 就靠着 神承受产业了。
8 从前你们不认识 神的时候, 是给那些本来不是 神的作奴仆;
9 现在你们既然认识 神, 更可以说是 神所认识的, 怎么还回到那些软弱贫乏的言论, 情愿再作它们的奴仆呢?
10 你们严守日子、月份、节期、年份;
11 我为你们担心, 恐怕我在你们身上的劳苦是白费了。
12 弟兄们, 我请求你们要像我一样, 因为我也像你们一样。你们并没有亏负过我。
13 你们知道, 我第一次传福音给你们, 是因为身体有病。
14 虽然我的身体对你们是个试炼, 你们却没有轻看, 也没有厌弃, 反而接纳我, 好像 神的天使, 也好像基督耶稣。
15 现在, 你们的欢乐在哪里呢?我可以为你们作证, 那时如果可能, 你们甚至愿意把你们的眼睛剜出来给我哩!
16 现在我把真理告诉你们, 反而成了你们的仇敌吗?
17 那些人热心待你们, 并不是出于好意, 而是想你们和我疏远, 好使你们热心待他们。
18 常常在善事上热心, 总是好的; 只是不要我在你们那里的时候才是这样。
19 我的孩子们, 为了你们我再受生产的痛苦, 直到基督在你们里面成形。
20 我恨不得现今就在你们那里, 改变我的语气, 因为我为你们十分困扰。
21 你们这愿意在律法之下的人哪! 请告诉我, 你们没有听过律法吗?
22 经上记着说, 亚伯拉罕有两个儿子, 一个出于婢女, 一个出于自由的妇人。
23 但那出于婢女的, 是按着肉体生的; 那出于自由的妇人的, 是凭着应许生的。
24 这都是寓意的说法: 那两个妇人就是两个约, 一个是出于西奈山, 生子作奴仆, 这是夏甲。
25 这夏甲是指着阿拉伯的西奈山, 相当于现在的耶路撒冷, 她和她的儿女都是作奴仆的。
26 那在上面的耶路撒冷是自由的, 她是我们的母亲,
27 因为经上记着说: "不能生育、没有生养的啊, 你要欢欣! 没有受过生产痛苦的啊, 你要呼喊, 大声呼叫! 因为弃妇比有夫之妇有更多儿子。"
28 可是, 弟兄们, 你们是按着应许作儿女的, 好像以撒一样。
29 不过, 当时那按着肉体生的, 迫害那按着圣灵生的, 现在也是这样。
30 然而经上怎样说呢?"把婢女和她的儿子赶出去, 因为婢女的儿子, 绝对不可以和自由的妇人的儿子一同承受产业。"
31 所以, 弟兄们, 我们不是婢女的儿女, 而是自由的妇人的儿女了。