1 Daarna, veertien jaar later, het ek weer na Jerusalem opgegaan met Barnabas, en Titus ook saamgeneem.
2 Maar ek het opgegaan op grond van 'n openbaring en hulle die evangelie voorgelê wat ek onder die heidene verkondig; en afsonderlik aan die wat in aansien was, dat ek nie miskien tevergeefs sou loop of geloop het nie.
3 Maar selfs is Titus, wat by my was, nie gedwing om besny te word nie, alhoewel hy 'n Griek is;
4 en dit vanweë die ingesmokkelde valse broeders wat ingesluip het om ons vryheid te bespied wat ons in Christus Jesus het, sodat hulle ons in diensbaarheid kon bring;
5 aan wie ons selfs nie 'n oomblik in onderworpenheid toegegee het nie, sodat die waarheid van die evangelie by julle bestendig sou bly.
6 Maar van die wat in aansien was -- wat hulle vroeër was, maak by my geen verskil nie; God neem die persoon van die mens nie aan nie -- hulle dan wat in aansien was, het my niks meer opgelê nie.
7 Maar, inteendeel, toe hulle sien dat aan my die evangelie vir die onbesnedenes toevertrou is, net soos aan Petrus die vir die besnedenes --
8 want Hy wat Petrus bekragtig het met die oog op die apostelskap vir die besnedenes, het my ook bekragtig met die oog op die heidene --
9 en toe hulle merk die genade wat aan my gegee is, het Jakobus en C,fas en Johannes, wat as pilare geag is, aan my en Barnabas die regterhand van gemeenskap gegee, sodat ons na die heidene en hulle na die besnedenes kon gaan;
10 alleen moes ons aan die armes dink, wat ek my juis ook beywer het om te doen.
11 Maar toe Petrus in Antioch¡ë gekom het, het ek hom openlik teëgestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het.
12 Want voordat sommige van Jakobus af gekom het, was hy gewoond om saam met die heidene te eet; maar n hulle koms het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou uit vrees vir die wat uit die besnydenis is.
13 En saam met hom het ook die ander Jode geveins, sodat selfs Barnabas hom laat meevoer het deur hulle geveins.
14 Maar toe ek sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in teenwoordigheid van almal gesê: As jy wat 'n Jood is, soos 'n heiden lewe en nie soos 'n Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe?
15 Ons wat van nature Jode en nie sondaars uit die heidene is nie,
16 terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.
17 Maar as ons wat streef om in Christus geregverdig te word, self ook sondaars bevind is, is Christus dan 'n dienaar van die sonde? Nee, stellig nie!
18 Want as ek weer opbou wat ek afgebreek het, dan betoon ek myself 'n oortreder;
19 want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe.
20 Ek is met Christus gekruisig, en ,k leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
21 Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.
1 过了十四年, 我再次上耶路撒冷去, 这次是和巴拿巴, 并且带着提多一同去的。
2 我是顺从启示去的; 在那里我对他们说明我在外族人中所传的福音, 私下讲了给那些有名望的人听, 免得我从前或现在都白跑了。
3 与我同行的提多, 虽然是希腊人, 也没有强迫他受割礼;
4 这是因为有些混进来的假弟兄, 暗暗地来侦查我们在基督耶稣里享有的自由, 为的是要辖制我们。
5 对这些人, 我们一点也没有让步妥协, 为了要使福音的真理存留在你们中间。
6 至于那些被认为有名望的人(无论他们从前怎么样, 都与我无关; 神不以外貌取人), 他们并没有给我增加什么;
7 反而因为看见我受托传福音给没有受割礼的人, 就像彼得受托传福音给受割礼的人一样,
8 (因为运行在彼得里面, 使他作受割礼者的使徒的那一位, 也运行在我里面, 使我作外族人的使徒, )
9 又知道我蒙了 神的恩, 那几位被誉为柱石的雅各、矶法和约翰, 就向我和巴拿巴伸出右手互相许诺, 我们要到外族人那里去传福音, 他们要到受割礼的人那里去传福音;
10 只是要我们记念穷人, 这本来也是我一向热心作的。
11 可是, 矶法到了安提阿的时候, 因为他有该责备的地方, 我就当面反对他。
12 从雅各那里来的人还没有到以前, 他和外族人一同吃饭; 但他们来到了, 他因为怕那些守割礼的人, 就从外族人中退出来, 和他们分开。
13 其余的犹太人也和他一同装假, 甚至连巴拿巴也受了影响, 跟着他们装假。
14 但我一见他们所行的不合福音的真理, 就当众对矶法说: "你是犹太人, 生活既然像外族人而不像犹太人, 怎么还勉强外族人跟随犹太人的规矩呢?"
15 我们生来是犹太人, 不是外族中的罪人;
16 既然知道人称义不是靠行律法, 而是因信耶稣基督, 我们也就信了基督耶稣, 使我们因信基督称义, 不是靠行律法; 因为没有人能靠行律法称义。
17 如果我们寻求在基督里称义, 却仍然是罪人, 难道基督是使人犯罪的吗?绝对不是。
18 我若重建我所拆毁的, 就证明自己是个有过犯的人。
19 我借着律法已经向律法死了, 使我可以向 神活着。
20 我已经与基督同钉十字架; 现在活着的, 不再是我, 而是基督活在我里面; 如今在肉身中活着的我, 是因信 神的儿子而活的; 他爱我, 为我舍己。
21 我不废弃 神的恩; 如果义是借着律法而来的, 基督就白白地死了。