1 Die ouderling aan die uitverkore vrou en aan haar kinders -- wat ek in waarheid liefhet, en nie ek alleen nie, maar ook almal wat die waarheid leer ken het;

2 ter wille van die waarheid wat in ons bly en by ons vir ewig sal wees --

3 genade, barmhartigheid, vrede sal met julle wees van God die Vader en van die Here Jesus Christus, die Seun van die Vader, in waarheid en liefde.

4 Ek was baie bly dat ek van u kinders gevind het wat in die waarheid wandel, soos ons 'n gebod van die Vader ontvang het.

5 En nou bid ek u, uitverkore vrou, nie asof ek u 'n nuwe gebod skryf nie, maar een wat ons van die begin af gehad het: dat ons mekaar moet liefhê.

6 En dit is die liefde, dat ons wandel volgens sy gebooie. Dit is die gebod soos julle van die begin af gehoor het dat julle daarin moet wandel.

7 Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.

8 Wees op julle hoede, dat ons nie verloor wat ons deur arbeid verkry het nie, maar 'n volle loon ontvang.

9 Elkeen wat 'n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun.

10 As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.

11 Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.

12 Alhoewel ek baie het om aan julle te skrywe, wou ek dit nie met papier en ink doen nie, maar ek hoop om na julle te kom en van mond tot mond te spreek, sodat ons blydskap volkome kan wees.

13 Die kinders van u uitverkore suster groet u. Amen.

1 我这作长老的, 写信给蒙拣选的夫人和她的儿女。你们是我在真理中所爱的; 不单是我, 凡认识真理的,

2 也因为真理的缘故爱你们。这真理在我们里面, 也必与我们同在, 直到永远。

3 愿恩惠、怜悯、平安, 从父 神和他儿子耶稣基督在真理和爱中与我们同在。

4 我看见你的儿女中, 有人照着我们从父领受的命令在真理中行事, 我就非常欣慰。

5 夫人哪, 我现在请求你, 我们要彼此相爱。我写给你的, 不是一条新命令, 而是我们从起初就有的。

6 我们要照着他的命令行事, 这就是爱。你们从起初所听见的那命令, 就是要你们凭着爱心行事。

7 有许多欺骗人的已经在世上出现, 他们否认耶稣基督是成了肉身来的; 这就是那骗人的和敌基督的。

8 你们要小心, 不要拆毁我们已经完成的工作, 却要得着美满的赏赐。

9 凡越过基督的教训又不持守的, 就没有 神; 持守这教训的, 就有父和子了。

10 如果有人到你们那里, 不传这教训, 你们就不要接待他到家里, 也不要问候他;

11 因为问候他的, 就在他的恶事上有分了。

12 我还有许多话要写给你们, 可是我不想借用纸墨, 只是盼望到你们那里当面谈谈, 好让我们的喜乐充足。

13 你那蒙拣选的姊妹的儿女都问候你。