1 Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is,
2 met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra
3 en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.
4 Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;
5 een Here, een geloof een doop,
6 een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.
7 Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus.
8 Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.
9 Maar d¡t: Hy het opgevaar -- wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde?
10 Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring.
11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,
12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,
13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot 'n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;
14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;
15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,
16 uit wie die hele liggaam -- goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate -- die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.
17 Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie --
18 mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart;
19 wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe.
20 Maar julle het Christus nie so leer ken nie,
21 as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus:
22 dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,
23 en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed
24 en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
25 Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede.
26 Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie;
27 en gee aan die duiwel geen plek nie.
28 Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het.
29 Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net 'n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.
30 En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.
31 Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.
32 Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.
1 因此, 我这为主被囚禁的劝你们: 行事为人, 要配得上你们所蒙的呼召,
2 凡事谦虚、温柔、忍耐, 用爱心彼此宽容;
3 以和睦联系, 竭力持守圣灵所赐的合一。
4 身体只有一个, 圣灵只有一位, 就像你们蒙召只是借着一个盼望。
5 主只有一位, 信仰只有一个, 洗礼只有一种;
6 神只有一位, 就是万有的父。他超越万有, 贯彻万有, 并且在万有之中。
7 我们各人蒙恩, 是照着基督量给我们的恩赐。
8 所以他说: "他升上高天的时候, 掳了许多俘虏, 把赏赐给了人。"
9 ("他升上"这句话是什么意思呢?他不是也曾降到地上吗?
10 那降下的, 就是那升到诸天之上的, 为了要使他充满万有。)
11 他所赐的, 有作使徒的, 有作先知的, 有作传福音的, 也有作牧养和教导的,
12 为的是要装备圣徒, 去承担圣工, 建立基督的身体;
13 直到我们众人对 神的儿子都有一致的信仰和认识, 可以长大成人, 达到基督丰盛长成的身量;
14 使我们不再作小孩子, 中了人的诡计和骗人的手段, 给异教之风摇撼, 飘来飘去,
15 却要在爱中过诚实的生活, 在各方面长进, 达到基督的身量。他是教会的头,
16 全身靠着他, 借着每一个关节的支持, 照着每部分的功用, 配合联系起来, 使身体渐渐长大, 在爱中建立自己。
17 所以, 我要这样说, 并且要在主里肯定地说: 你们行事为人不要再像教外人, 存着虚妄的意念。
18 他们的心思昏昧, 因为自己无知, 心里刚硬, 就与 神所赐的生命隔绝了。
19 他们既然麻木不仁, 就任凭自己放纵情欲, 贪行各样污秽的事。
20 但是你们从基督所学的, 却不是这样。
21 如果你们听了他, 在他里面受过教导, (因为真理是在耶稣里的, )
22 就要除去你们那照着从前生活方式而活的旧人。这旧人是随着迷惑人的私欲渐渐败坏的。
23 你们要把心灵更换一新,
24 并且穿上新人。这新人是照着 神的形象, 在公义和真实的圣洁里创造的。
25 所以, 你们要除掉谎言, 各人要与邻舍说真话, 因为我们彼此是肢体。
26 生气却不要犯罪; 含怒不可到日落。
27 不可给魔鬼留地步。
28 偷窃的, 不要再偷, 却要作工, 亲手作正当的事, 使自己可以把所得到的, 分给缺乏的人。
29 一句坏话也不可出口, 却要适当地说造就人的好话, 使听见的人得益处。
30 不可让 神的圣灵忧伤, 因为你们受了他的印记, 等候得赎的日子。
31 一切苛刻、恼怒、暴戾、嚷闹、毁谤, 连同一切恶毒, 都应当从你们中间除掉。
32 要互相友爱, 存温柔的心, 彼此饶恕, 就像 神在基督里饶恕了你们一样。