1 Die ouderling aan die geliefde Gajus wat ek in waarheid liefhet.

2 Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan;

3 want ek was baie bly as daar broeders kom en van jou waarheid getuig, soos jy in die waarheid wandel.

4 Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel.

5 Geliefde, jy handel getrou in alles wat jy doen vir die broeders, en dit vir vreemdelinge,

6 wat van jou liefde voor die gemeente getuig het. Jy sal goed doen as jy hulle voorthelp op 'n voor God waardige wyse.

7 Want vir sy Naam het hulle uitgegaan sonder om iets van die heidene te neem.

8 Ons behoort dan sulke mense goed te ontvang, sodat ons mede-arbeiders van die waarheid kan word.

9 Ek het aan die gemeente geskrywe, maar Diotrefes, wat onder hulle die eerste wil wees, steur hom nie aan ons nie.

10 Daarom, as ek kom, sal ek hom herinner aan die werke wat hy doen deur met slegte woorde teen ons uit te vaar; en hiermee nie tevrede nie, ontvang hy nie alleen self die broeders nie gasvry nie, maar verhinder ook die wat dit wil doen en werp hulle uit die gemeente.

11 Geliefde, moenie navolg wat kwaad is nie, maar wat goed is. Hy wat goed doen, is uit God; maar hy wat kwaad doen, het God nie gesien nie.

12 Van Dem,trius is deur almal getuienis gegee en deur die waarheid self; en ons getuig ook, en julle weet dat ons getuienis waar is.

13 Ek het baie dinge gehad om te skrywe, maar ek wil nie met ink en pen aan jou skryf nie.

14 Maar ek hoop om jou gou te sien, en ons sal van mond tot mond spreek. [ (III John 1:15) Vrede vir jou! Die vriende groet jou. Groet die vriende by die naam. ]

1 我这作长老的写信给亲爱的该犹, 就是我在真理中所爱的。

2 亲爱的, 我祝你凡事亨通, 身体健壮, 正如你的灵魂安泰一样。

3 有些弟兄来到, 证实你心中存有真理, 就是你按真理行事, 我就非常欣慰。

4 我听见我的儿女按真理行事, 我的喜乐没有比这更大的了。

5 亲爱的, 你向弟兄所行的, 特别是向外地来的弟兄所行的, 都是出于忠心。

6 他们在教会面前证实了你的爱; 你照着 神所喜悦的, 资助他们的旅程, 这样是好的。

7 因为他们为主的名出外, 并没有从教外人接受什么。

8 所以我们应当接待这样的人, 好让我们为了真理成为同工。

9 我曾经略略写信给你那里的教会, 但他们中间那好作领袖的丢特腓不接待我们。

10 因此, 我来的时候, 必要提起他所作的事, 就是他用恶言中伤我们; 这还不够, 他不但不接待弟兄, 还要阻止那些想要接待的人, 甚至把他们赶出教会。

11 亲爱的, 不要效法恶, 应该效法善。行善的属于 神, 作恶的没有见过 神。

12 低米丢行善, 有众人为他作证, 真理本身也为他作证。我们也为他作证, 你知道我们的见证是真的。

13 我还有许多话要写给你, 可是我不愿借用笔墨。

14 我盼望很快就见到你, 当面谈谈。 [ (III John 1:15) 愿你平安。这里的朋友都问候你。请你一一提名问候你那里的朋友。 ]