1 Verder dan, broeders, vra en vermaan ons julle in die Here Jesus dat julle, soos julle van ons geleer het hoe julle moet wandel en God behaag, nog oorvloediger mag wees.
2 Want julle weet watter bevele ons julle deur die Here Jesus gegee het.
3 Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery;
4 dat elkeen van julle moet weet om sy eie vrou te verkry in heiligheid en eer,
5 nie in hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene wat God nie ken nie;
6 dat niemand sy broeder in hierdie saak moet bedrieg en benadeel nie, omdat die Here 'n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het.
7 Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking.
8 Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie 'n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.
9 Oor die broederliefde het julle nie nodig dat ons julle skrywe nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê;
10 en julle doen dit ook aan al die broeders in die hele Macedonië; maar ons vermaan julle, broeders, om oorvloediger te wees
11 en julle eer daarin te stel om rustig te lewe en julle eie sake te behartig en met julle eie hande te werk, soos ons julle beveel het,
12 sodat julle welvoeglik kan wandel teenoor die wat buite is, en aan niks behoefte mag hê nie.
13 Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.
14 Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.
15 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal voor wees nie.
16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.
1 此外, 弟兄们, 我们在主耶稣里求你们, 劝你们, 你们既然接受了我们的教训, 知道应该怎样行事为人, 并且怎样讨 神喜悦, 就要照你们现在所行的更进一步。
2 我们凭着主耶稣传给你们的是什么命令, 你们是知道的。
3 神的旨意是要你们圣洁, 远避淫行;
4 要你们各人晓得怎样用圣洁尊贵的方法保守自己的身体("身体"原文作"器皿");
5 不要放纵邪情私欲, 像那些不认识 神的外族人一样;
6 谁也不要在这事上越轨, 占弟兄的便宜, 因为这一类的事, 主必报应。这是我们从前告诉过你们, 又严严警戒过你们的。
7 神呼召我们, 不是要我们沾染污秽, 而是要我们圣洁。
8 所以那弃绝这命令的, 不是弃绝人, 而是弃绝把他自己的圣灵赐给你们的那位 神。
9 论到弟兄相爱, 用不着人写什么给你们, 因为你们自己受了 神的教导, 要彼此相爱。
10 其实, 你们向全马其顿所有的弟兄, 已经这样行了。但是, 弟兄们, 我们劝你们要更加彼此相爱;
11 又要立志过安静的生活, 办自己的事, 亲手作工, 正如我们从前吩咐过你们,
12 使你们行事为人可以得到外人的尊敬, 自己也不会有什么缺乏了。
13 弟兄们, 论到睡了的人, 我们不愿意你们不知道, 免得你们忧伤, 像那些没有盼望的人一样。
14 我们若信耶稣死了, 又复活了, 照样, 也应该相信那些靠着耶稣已经睡了的人, 神必定把他们和耶稣一同带来。
15 我们现在照着主的话告诉你们: 我们这些活着存留到主再来的人, 绝不能在那些睡了的人以先。
16 因为主必亲自从天降临, 那时, 有发令的声音, 有天使长的呼声, 还有 神的号声, 那些在基督里死了的人必先复活;
17 然后, 我们还活着存留的人, 必和他们一同被提到云里, 在空中与主相会。这样, 我们就要和主常常同在。
18 所以, 你们应该用这些话彼此劝慰。