1 Julle weet tog self, broeders, dat ons ingang by julle nie tevergeefs was nie;
2 maar alhoewel ons vantevore, soos julle weet, in Fil¡ppi gely het en mishandel is, het ons in onse God vrymoedigheid gehad om aan julle die evangelie van God te verkondig onder veel stryd.
3 Want ons vermaning was nie uit dwaling of uit onsuiwerheid of uit bedrog nie;
4 maar soos ons deur God waardig geag is dat die evangelie aan ons toevertrou sou word, so spreek ons, nie om mense te behaag nie, maar God wat ons harte beproef.
5 Want ons het, soos julle weet, ons nooit met vleitaal opgehou of met bedekte hebsug nie. God is getuie.
6 Ook het ons nie eer van mense, •f van julle •f van ander gesoek nie, al kon ons as apostels van Christus met gesag optree.
7 Maar ons was vriendelik onder julle soos 'n pleegmoeder haar kinders koester.
8 Terwyl ons so na julle verlang het, was dit ons aangenaam om aan julle nie alleen die evangelie van God mee te deel nie, maar ook ons eie lewe, omdat julle vir ons dierbaar geword het.
9 Julle onthou tog, broeders, ons arbeid en inspanning; want terwyl ons nag en dag gewerk het om niemand van julle te beswaar nie, het ons die evangelie van God aan julle verkondig.
10 Julle is getuies, en God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo,
11 hoe ons, soos julle weet, net soos 'n vader sy kinders, elkeen van julle vermaan en bemoedig het
12 en betuig het dat julle waardiglik moet wandel voor God wat julle tot sy koninkryk en heerlikheid roep.
13 Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord van God ontvang het wat deur ons verkondig is, julle dit aangeneem het nie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo.
14 Want julle, broeders, het navolgers geword van die gemeentes van God wat in Christus Jesus is in Jud,a, omdat julle ook dieselfde dinge gely het van julle eie stamgenote net soos hulle van die Jode,
15 wat ook die Here Jesus en hulle eie profete gedood en ons vervolg het en God nie behaag nie en teen alle mense gekant is,
16 deurdat hulle ons verhinder om tot die heidene te spreek dat hulle gered kan word, sodat hulle die maat van hulle sondes gedurig vol kan maak. Maar die toorn het oor hulle gekom tot die einde toe.
17 Maar nadat ons, broeders, 'n kort tydjie van julle geskeie was -- in persoon, nie met die hart nie -- het ons met groot verlange ons des te meer beywer om julle aangesig te sien.
18 Daarom wou ons na julle toe kom, ek Paulus, meer as een maal; maar die Satan het ons verhinder.
19 Want wie anders as julle is ons hoop of blydskap of kroon van roem in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus by sy wederkoms?
20 Want julle is ons eer en blydskap.
1 弟兄们, 你们都知道, 我们进到你们那里, 并不是白费工夫的。
2 我们从前在腓立比虽然受了苦, 又被凌辱, 可是靠着我们的 神, 在强烈的反对之下, 仍然放胆向你们述说 神的福音, 这是你们知道的。
3 我们的呼吁, 不是错谬的, 不是污秽的, 也没有诡诈。
4 相反地, 神既然考验过我们, 把福音委托给我们, 我们就传讲, 不像是讨人欢心的, 而是讨那察验我们心思的 神的喜悦。
5 我们从来不说奉承的话, 这是你们知道的, 神可以作证, 我们并没有借故起贪心,
6 也没有向你们或别人求取人的荣誉。
7 我们身为基督使徒的, 虽然有权利受人尊敬, 但我们在你们中间却是谦和的, 就像母亲乳养自己的孩子。
8 我们这样疼爱你们, 不但乐意把 神的福音传给你们, 连自己的性命也乐意给你们, 因为你们是我们所爱的。
9 弟兄们, 你们应该记得我们的辛苦和劳碌; 我们把 神的福音传给你们的时候, 怎样昼夜作工, 免得你们有人受累。
10 我们对你们信的人是多么圣洁、公义、无可指摘, 这是你们和 神都可以作证的。
11 正如你们知道的, 我们是怎样好像父亲对待儿女一样对待你们各人:
12 劝勉你们, 鼓励你们, 叮嘱你们, 要你们行事为人, 配得上那召你们进入他的国和荣耀的 神。
13 我们也为这缘故不住感谢 神, 因为你们接受了我们所传的 神的道, 不认为这是人的道, 而认为这确实是 神的道。这道也运行在你们信的人里面。
14 弟兄们, 你们好像犹太地在基督耶稣里 神的众教会一样, 他们怎样遭受犹太人的迫害, 你们也照样遭受同族人的迫害。
15 这些犹太人杀了主耶稣和众先知, 又把我们赶出来。他们得不到 神的喜悦, 并且和所有的人作对,
16 阻挠我们向外族人传道, 不让他们得救, 以致恶贯满盈。 神的忿怒终必临到他们身上。
17 弟兄们, 我们被迫暂时离开你们, 不过是身体离开, 心却没有离开。我们非常渴望再见到你们。
18 因此, 我们很想到你们那里去, 我保罗也一再想去, 只是撒但阻挡了我们。
19 我们主耶稣再来的时候, 我们在他面前的盼望、喜乐或所夸耀的冠冕是什么呢?不就是你们吗?
20 是的, 你们就是我们的荣耀, 我们的喜乐。