1 En toe dit dag geword het, het al die owerpriesters en die ouderlinge van die volk saam raad gehou teen Jesus om Hom dood te maak.
2 En hulle het Hom geboei en weggelei en Hom oorgelewer aan Pontius Pilatus, die goewerneur.
3 Daarna het Judas, sy verraaier, toe hy sien dat Hy veroordeel was, berou gekry en die dertig silwerstukke teruggebring na die owerpriesters en die ouderlinge
4 en gesê: Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai. Maar hulle sê: Wat gaan dit ons aan? Jy kan toesien!
5 En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself gaan ophang.
6 En die owerpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: Dit is nie geoorloof om dit in die skatkis te stort nie, omdat dit bloedgeld is.
7 En nadat hulle saam raad gehou het, het hulle die stuk grond van die pottebakker daarmee gekoop as 'n begraafplaas vir vreemdelinge.
8 Daarom is die stuk grond genoem Bloedgrond, tot vandag toe.
9 Toe is vervul wat gespreek is deur Jeremia, die profeet, toe hy gesê het: En hulle het die dertig silwerstukke geneem, die prys van die gewaardeerde wat hulle gewaardeer het vanweë die kinders van Israel;
10 en hulle het dit gegee vir die grond van die pottebakker, soos die Here my beveel het.
11 En Jesus het voor die goewerneur gestaan, en die goewerneur het Hom die vraag gestel en gesê: Is U die Koning van die Jode? En Jesus antwoord hom: U sê dit.
12 En terwyl Hy deur die owerpriesters en die ouderlinge beskuldig word, het Hy niks geantwoord nie.
13 Toe sê Pilatus vir Hom: Hoor U nie hoe baie dinge hulle teen U getuig nie?
14 En Hy het hom op geen enkele woord geantwoord nie, sodat die goewerneur hom baie verwonder het.
15 En op die fees was die goewerneur gewoond om een gevangene, die een wat hulle wou hê, vir die skare los te laat.
16 En in daardie tyd het hulle 'n berugte gevangene gehad met die naam van Bar bbas.
17 Nadat hulle dan byeengekom het, sê Pilatus vir hulle: Wie wil julle hê moet ek vir julle loslaat: Bar bbas, of Jesus wat genoem word Christus?
18 Want hy het geweet dat hulle Hom uit nydigheid oorgelewer het.
19 En terwyl hy op die regbank sit, het sy vrou na hom gestuur en gesê: Moet tog niks te doen hê met die regverdige man nie, want ek het vandag in 'n droom baie gely om sy ontwil.
20 Maar die owerpriesters en die ouderlinge het die skare oorgehaal dat hulle Bar bbas moes begeer en Jesus ombring.
21 Toe antwoord die goewerneur en sê vir hulle: Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle loslaat? En hulle antwoord: Bar bbas!
22 Pilatus sê vir hulle: Wat moet ek dan doen met Jesus wat genoem word Christus? Hulle sê almal vir hom: Laat Hom gekruisig word!
23 En die goewerneur sê: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Maar hulle skreeu nog harder en sê: Laat Hom gekruisig word!
24 En toe Pilatus sien dat niks help nie, maar dat daar eerder 'n oproer kom, het hy water geneem en sy hande voor die skare gewas en gesê: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien!
25 En die hele volk antwoord en sê: Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!
26 Toe laat hy vir hulle Bar bbas los, maar Jesus het hy laat g,sel en oorgelewer om gekruisig te word.
27 Daarop neem die soldate van die goewerneur Jesus met hulle saam in die goewerneur se paleis en bring die hele leërafdeling teen Hom bymekaar.
28 Toe trek hulle sy klere uit en werp 'n rooi mantel om Hom;
29 en hulle vleg 'n kroon van dorings en sit dit op sy hoof, en 'n riet in sy regterhand; en hulle val op hul knieë voor Hom en bespot Hom en sê: Wees gegroet, Koning van die Jode!
30 En hulle spuug op Hom en neem die riet en slaan Hom op sy hoof.
31 En nadat hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die mantel uit en trek Hom sy klere aan en lei Hom weg om gekruisig te word.
32 En toe hulle uitgaan, kry hulle 'n man van Cir,ne, met die naam van Simon; hom het hulle gedwing om sy kruis te dra.
33 En hulle het gekom op 'n plek wat Golgota genoem word -- dit beteken: Plek van die Hoofskedel --
34 en vir Hom asyn, met gal gemeng, gegee om te drink; en toe Hy dit proe, wou Hy nie drink nie.
35 En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel deur die lot te werp, sodat vervul sou word wat deur die profeet gespreek is: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad die lot gewerp.
36 En hulle het gaan sit en Hom daar bewaak.
37 En bokant sy hoof het hulle sy beskuldiging in skrif opgestel: DIT IS JESUS, DIE KONING VAN DIE JODE.
38 Toe word daar saam met Hom twee rowers gekruisig, een aan die regter-- en een aan die linkerkant.
39 En die verbygangers het Hom gesmaad terwyl hulle hul hoofde skud
40 en sê: U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun van God is, kom af van die kruis!
41 En so het ook die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes en ouderlinge gespot en gesê:
42 Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie. As Hy die Koning van Israel is, laat Hom nou van die kruis afkom, en ons sal in Hom glo.
43 Hy het op God vertrou; laat Hy Hom nou verlos as Hy behae in Hom het; want Hy het gesê: Ek is die Seun van God.
44 En op dieselfde manier het die rowers wat saam met Hom gekruisig was, Hom ook beledig.
45 En van die sesde uur af het daar duisternis gekom oor die hele aarde tot die negende uur toe;
46 en omtrent die negende uur het Jesus met 'n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagt ni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?
47 En sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: Hy roep El¡a.
48 Toe hardloop daar dadelik een van hulle en neem 'n spons en maak dit vol asyn, en sit dit op 'n riet en laat Hom drink.
49 Maar die ander sê: Wag, laat ons sien of El¡a kom om Hom te verlos.
50 Daarop het Jesus weer met 'n groot stem geroep en die gees gegee.
51 En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur;
52 en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan.
53 En n sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn.
54 En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God.
55 En daar was baie vroue wat dit van ver af aanskou het, wat vir Jesus van Galil,a af gevolg en Hom gedien het.
56 Onder hulle was daar Maria Magdal,na en Maria, die moeder van Jakobus en Joses, en die moeder van die seuns van Sebed,Âs.
57 En toe dit aand geword het, het daar 'n ryk man van Arimath,a gekom met die naam van Josef, wat self ook 'n dissipel van Jesus was.
58 Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra. Toe beveel Pilatus dat die liggaam afgegee moes word.
59 En Josef het die liggaam geneem en dit met skoon linne toegedraai
60 en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy 'n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan.
61 En Maria Magdal,na was daar en die ander Maria, en hulle het reg voor die graf gesit.
62 Die volgende dag -- dit is die dag n die voorbereiding -- kom die owerpriesters en die Fariseërs by Pilatus saam
63 en sê: My heer, ons herinner ons dat die verleier, toe hy in die lewe was, gesê het: Oor drie dae staan ek op.
64 Gee dan bevel dat die graf verseker word tot die derde dag toe, dat sy dissipels nie miskien in die nag kom en Hom steel nie, en vir die volk sê: Hy het opgestaan uit die dode. En die laaste dwaling sal erger wees as die eerste.
65 Daarop sê Pilatus vir hulle: Julle sal 'n wag kry; gaan verseker dit soos julle dit verstaan.
66 En hulle het gegaan en die graf verseker deur die steen te verseël in teenwoordigheid van die wag.
1 到了早上, 所有的祭司长和民间的长老商议怎样对付耶稣, 好杀掉他。
2 他们把他绑起来, 押去交给总督彼拉多。
3 那时, 出卖耶稣的犹大见耶稣定了罪, 就后悔了。他把那三十块银子还给祭司长和长老, 说:
4 "我有罪了! 我出卖了无辜的人("人"原文作"血")! "他们说: "这是你的事, 跟我们有什么关系?"
5 犹大把银子丢进圣所, 然后离开, 出去吊死了。
6 祭司长把银子拾起来, 说: "这是血钱, 不可放在殿库里。"
7 他们商议之后, 就用那些钱买了"陶匠的田", 用来作外国人的坟地。
8 所以那田称为"血田", 直到今日。
9 这应验了耶利米先知所说的: "他们拿了三十块银子, 就是以色列人给他估定的价钱,
10 用它买了‘陶匠的田’, 正如主所指示我的。"
11 耶稣站在总督面前, 总督问他: "你是犹太人的王吗?"耶稣回答: "这是你说的。"
12 祭司长和长老控告他的时候, 他却不回答。
13 彼拉多又问他: "他们作证指控你这么多的事, 你没有听见吗?"
14 耶稣一句话也不回答他, 令总督非常惊奇。
15 每逢这节期, 总督有一个惯例, 就是给群众释放一个他们要求释放的囚犯。
16 那时, 有个声名狼籍的囚犯, 名叫耶数.巴拉巴。
17 群众聚集的时候, 彼拉多问他们: "你们要我给你们释放谁?耶数.巴拉巴或是称为基督的耶稣呢?"
18 他知道他们是因为嫉妒才把耶稣交了来。
19 彼拉多坐在审判台上的时候, 他的夫人派人来说: "你不要干涉这个义人的事, 因为昨夜我在梦中因他受了很多的苦。"
20 祭司长和长老怂恿群众, 叫他们去要求释放巴拉巴, 除掉耶稣。
21 总督问他们: "这两个人, 你们要我给你们释放哪一个?"他们说: "巴拉巴! "
22 彼拉多对他们说: "那么, 我怎样处置那称为基督的耶稣呢?"他们齐声说: "把他钉十字架! "
23 彼拉多说: "他作了什么恶事呢?"众人更加大声喊叫: "把他钉十字架! "
24 彼拉多见无济于事, 反会引起骚动, 就拿水在群众面前洗手, 说: "流这人的血, 与我无关, 你们自己负责吧。"
25 群众回答: "流他的血的责任, 归在我们和我们子孙的身上吧。"
26 于是彼拉多给他们释放了巴拉巴; 他把耶稣鞭打了, 就交给他们钉十字架。
27 总督的士兵把耶稣带到总督府, 召集全队士兵到他面前。
28 他们脱去他的衣服, 给他披上朱红色的外袍,
29 又用荆棘编成冠冕, 戴在他的头上, 把一根芦苇放在他的右手, 跪在他面前讥笑他说: "犹太人的王万岁! "
30 然后向他吐唾沫, 又拿起芦苇打他的头。
31 戏弄完了, 就脱下他的外袍, 给他穿回衣服, 带去钉十字架。
32 他们出来的时候, 遇见一个古利奈人, 名叫西门, 就强迫他背耶稣的十字架。
33 到了一个地方, 名叫各各他, 就是"髑髅地"的意思,
34 他们把苦胆调和的酒给他喝, 他尝了却不肯喝。
35 士兵把他钉了十字架, 就抽签分他的衣服,
36 然后坐在那里看守他。
37 他们在耶稣的头以上, 钉了一块牌子, 写着他的罪状: "这是犹太人的王耶稣"。
38 当时, 有两个强盗和他一同钉十字架, 一个在右, 一个在左。
39 过路的人嘲笑他, 摇着头说:
40 "你这个想拆毁圣所, 三日之内又把它建造起来的, 救救自己吧! 如果你是 神的儿子, 从十字架上下来吧! "
41 祭司长、经学家和长老也同样讥笑他, 说:
42 "他救了别人, 却不能救自己。如果他是以色列的王, 现在可以从十字架上下来, 我们就信他。
43 他信靠 神; 如果 神喜悦他, 就让 神现在救他吧, 因为他说自己是 神的儿子。"
44 和他一同钉十字架的强盗也都这样侮辱他。
45 从正午到下午三点钟, 遍地都黑暗了。
46 大约三点钟, 耶稣大声呼叫: "以利, 以利, 拉马撒巴各大尼?"意思是"我的 神, 我的 神, 你为什么离弃我?"
47 有几个站在那里的人, 听见了就说: "这个人在呼叫以利亚呢。"
48 有一个人马上跑去拿海绵蘸满了酸酒, 用芦苇递给他喝。
49 但其他的人说: "等一等, 我们看看以利亚来不来救他。"
50 耶稣再大声呼叫, 气就断了。
51 忽然, 圣所里的幔子从上到下裂成两半; 地面震动, 石头崩裂;
52 而且坟墓开了, 许多睡了的圣徒的身体也复活了,
53 从坟墓里出来; 到了耶稣复活之后, 他们进到圣城向许多人显现。
54 百夫长和跟他一起看守耶稣的士兵, 看见了地震和所发生的事情, 就十分惧怕, 说: "这个人真是 神的儿子。"
55 有许多妇女在那里远远地观看; 她们是从加利利开始跟随耶稣服事他的。
56 她们中间有抹大拉的马利亚、雅各和约西的母亲马利亚, 以及西庇太的儿子的母亲。
57 到了晚上, 有一个亚利马太的富翁来到, 他名叫约瑟, 是耶稣的门徒。
58 这个人去见彼拉多, 请求领取耶稣的身体, 彼拉多就吩咐给他。
59 约瑟领了耶稣的身体, 用干净的细麻布裹好,
60 放在自己的新坟墓里, 就是在磐石里凿出来的。他辊了一块大石头来挡住墓门, 然后才离开。
61 抹大拉的马利亚和另一个马利亚都在那里, 对着坟墓坐着。
62 第二天, 就是过了"预备日"的那一天, 祭司长和法利赛人去见彼拉多, 说:
63 "大人, 我们想起那个骗子, 生前说过: ‘三天之后, 我要复活。’
64 所以请你下令把坟墓严密看守, 直到第三天, 免得他的门徒来把他偷去, 然后对民众说: ‘他从死人中复活了。’这样, 日后的骗局比起初的就更大了。"
65 彼拉多对他们说: "你们带着卫兵, 尽你们所能的去严密看守吧。"
66 他们就去把墓前的石封好, 又派卫兵把守, 严密地守住坟墓。