1 In dieselfde tyd het Ab¡a, die seun van Jerobeam, siek geword.

2 En Jerobeam het vir sy vrou gesê: Maak jou tog gereed en trek ander klere aan, sodat hulle nie kan merk dat jy die vrou van Jerobeam is nie, en gaan na Silo; kyk, daar is die profeet Ah¡a wat van my gesê het dat ek koning oor hierdie volk sou word.

3 En neem met jou saam tien brode en koeke en 'n kruik met heuning, en gaan na hom toe; hy sal jou te kenne gee wat met die seun sal gebeur.

4 En die vrou van Jerobeam het so gedoen -- haar gereedgemaak en na Silo gegaan en in die huis van Ah¡a gekom; en Ah¡a kon nie sien nie, want sy oë was styf vanweë sy ouderdom.

5 Maar die HERE het vir Ah¡a gesê: Kyk, die vrou van Jerobeam kom om jou te raadpleeg oor haar seun, want hy is siek; so en so moet jy vir haar sê. En toe sy inkom, terwyl sy haar as 'n vreemde aanstel,

6 en Ah¡a die geluid van haar voete hoor toe sy by die deur inkom, sê hy: Kom in, vrou van Jerobeam! Waarom stel jy jou so vreemd aan? Aan my is 'n harde boodskap aan jou toevertrou.

7 Gaan sê vir Jerobeam: So spreek die HERE, die God van Israel: Omdat Ek jou onder die volk uit verhef het en jou as 'n vors oor my volk Israel aangestel het

8 en die koningskap van die huis van Dawid afgeskeur en dit aan jou gegee het, maar jy nie soos my kneg Dawid was wat my gebooie gehou en My met sy hele hart nagevolg het om net te doen wat reg is in my oë nie,

9 maar jy meer kwaad gedoen het as al jou voorgangers en vir jou ander gode en gegote beelde gaan maak het om My te terg en My agter jou rug gewerp het --

10 kyk, daarom bring Ek onheil oor die huis van Jerobeam en sal van Jerobeam uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering; en Ek sal die huis van Jerobeam skoon wegvee soos 'n mens drek wegvee totdat daar niks van oor is nie.

11 Die een wat van Jerobeam in die stad sterwe, hom sal die honde eet; en wat in die veld sterwe, sal die voëls van die hemel eet, want die HERE het dit gespreek.

12 Maak jou dan klaar, gaan na jou huis; as jou voete die stad inkom, sal die kind sterwe.

13 En die hele Israel sal hom beklaag en hom begrawe, want hy alleen van Jerobeam sal in 'n graf kom, omdat in hom iets goeds voor die HERE, die God van Israel, te vinde was in die huis van Jerobeam.

14 Maar die HERE sal vir Hom 'n koning oor Israel verwek wat die huis van Jerobeam die dag sal uitroei; ja, wat sê ek? Nou al.

15 En die HERE sal Israel slaan, soos 'n riet in die water heen en weer beweeg, en sal Israel uitruk uit hierdie goeie land wat Hy aan hulle vaders gegee het, en hulle anderkant die Eufraat verstrooi, omdat hulle hul heilige boomstamme gemaak en die HERE geterg het.

16 En Hy sal Israel oorgee vanweë die sondes van Jerobeam wat hy gedoen het en waarmee hy Israel laat sondig het.

17 Toe het die vrou van Jerobeam haar klaargemaak en weggegaan en in Tirsa aangekom. Net toe sy op die drumpel van die huis kom, het die seun gesterwe.

18 En hulle het hom begrawe, en die hele Israel het hom beklaag volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het deur die diens van sy kneg, die profeet Ah¡a.

19 En die verdere geskiedenis van Jerobeam, hoe hy oorlog gevoer en hoe hy geregeer het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.

20 En die dae wat Jerobeam geregeer het, was twee en twintig jaar; en hy het ontslaap met sy vaders, en sy seun Nadab het in sy plek koning geword.

21 En Reh beam, die seun van Salomo, was koning in Juda; een en veertig jaar was Reh beam oud toe hy koning geword het, en sewentien jaar het hy geregeer in Jerusalem, die stad wat die HERE verkies het uit al die stamme van Israel om sy Naam daar te vestig. En die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese.

22 En Juda het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en sy ywer opgewek, meer as al die dade van hulle vaders, deur hul sondes wat hulle gedoen het.

23 En hulle het ook vir hulle hoogtes gebou en klippilare en heilige boomstamme op elke hoë heuwel en onder elke groen boom.

24 En daar was ook skandseuns in die land; hulle het gehandel volgens al die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het.

25 In die vyfde jaar van koning Reh beam trek Sisak, die koning van Egipte, toe teen Jerusalem op,

26 en hy neem die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning weg; ja, hy het alles weggeneem; ook al die goue skilde wat Salomo gemaak het, het hy weggeneem.

27 Daarop maak koning Reh beam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die deur van die koning se huis bewaak het.

28 So dikwels as die koning in die huis van die HERE ingaan, dra die hardlopers dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers.

29 En die verdere geskiedenis van Reh beam en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

30 En daar was gedurigdeur oorlog tussen Reh beam en Jerobeam.

31 En Reh beam het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese; en sy seun Ab¡a het in sy plek koning geword.

1 那时, 耶罗波安的儿子亚比雅病了。

2 耶罗波安对他的妻子说: "你起来改装, 使人认不出你是耶罗波安的妻子。到示罗去, 有亚希雅先知在那里, 他曾对我说, 我必作这民的王。

3 你要带十个饼, 一些饼干和一瓶蜜去见他, 他会告诉你孩子将要怎样。"

4 耶罗波安的妻子就这样行了。她动身往示罗去, 到了亚希雅的家; 亚希雅因为年纪老迈, 眼睛昏花, 不能看见。

5 耶和华对亚希雅说: "看哪, 耶罗波安的妻子要来向你求问关于她儿子的事, 因为他病了。你要这样这样告诉她。她进来的时候, 必装作别的妇人。"

6 她刚进门的时候, 亚希雅就听见她的脚步声, 就说: "耶罗波安的妻子啊! 进来吧! 你为什么要这样改装呢?我奉差派要把凶信告诉你。

7 你去告诉耶罗波安: ‘耶和华以色列的 神这样说: 我从人民中提拔了你, 又立了你作治理我的子民以色列的领袖。

8 我把国从大卫家夺过来, 赏赐给你; 你却不像我仆人大卫那样谨守我的诫命, 一心跟从我, 行我看为正的事。

9 你反倒行恶, 比那些在你以前的更坏; 又去为自己制造了别的神和铸造偶像惹我发怒, 把我丢在背后。

10 因此, 我必使灾祸临到耶罗波安的家; 我必剪除以色列中所有属于耶罗波安的男丁, 无论是自由的或是不自由的; 我必铲除耶罗波安的家, 像人扫除粪土一样, 直到完全除尽为止。

11 属于耶罗波安的人, 死在城里的, 必被狗吃掉; 死在田野的, 必给空中的飞鸟吃掉。因为这是耶和华说的。’

12 所以你起来, 回家去吧, 你的脚一进城, 你的孩子就必死亡。

13 以色列众人要为他举哀, 把他埋葬; 属耶罗波安的人中, 只有他可以入葬坟墓; 因为在耶罗波安的家中, 只有他向耶和华以色列的 神显出善行。

14 耶和华必为自己兴起一个王治理以色列, 他必剪除耶罗波安家, 今天就是时候了, 就是现在!

15 耶和华必击打以色列人, 他们就摆动, 像芦苇在水中摆动一样。他要把以色列人从他赐给他们列祖的这块美地上拔出来, 把他们分散在幼发拉底河那边, 因为他们做了亚舍拉, 惹耶和华发怒。

16 为了耶罗波安所犯的罪, 又为了他使以色列人所犯的罪, 耶和华必丢弃以色列人。"

17 耶罗波安的妻子动身离去, 回到得撒; 她一踏进门槛, 孩子就死了。

18 以色列众人把他埋葬了, 又为他举哀, 好像耶和华借着他的仆人亚希雅先知所说的话一样。

19 耶罗波安其余的事迹, 他怎样争战, 怎样作王, 都写在以色列诸王的年代志上。

20 耶罗波安作王的日子共二十二年, 就与他的列祖同睡。他的儿子拿答接续他作王。

21 所罗门的儿子罗波安在犹大作王。他登基的时候, 是四十一岁; 他在耶路撒冷, 就是耶和华从以色列各支派中所拣选, 在那里立他名的城, 作王十七年。他的母亲名叫拿玛, 是亚扪人。

22 犹大人行耶和华看为恶的事; 他们所犯的罪, 惹动他的妒忿比他们的列祖更厉害。

23 他们又为自己在各高冈上, 各茂盛树下建造邱坛、神柱和亚舍拉。

24 国内又有男妓, 他们仿效耶和华在以色列人面前所赶出的外族人, 行了一切可憎的事。

25 罗波安王第五年, 埃及王示撒上来攻打耶路撒冷。

26 他夺去了耶和华的宝物和王宫的宝物, 并且把所有的东西都夺去了; 又把所罗门所做的一切金盾牌都夺了去。

27 罗波安王做了铜盾牌代替那些金盾牌; 交给看守宫门的卫兵队长看管。

28 王每次进耶和华殿的时候, 卫兵就拿着这些盾牌, 随后又把盾牌送回护卫室里。

29 罗波安其余的事迹和他所行的一切, 不是都写在犹大列王的年代志上吗?

30 罗波安与耶罗波安之间常有战争。

31 罗波安与他的列祖同睡, 与他的列祖一同埋葬在大卫的城里。他的母亲名叫拿玛, 是亚扪人; 他的儿子亚比央接续他作王。