1 En toe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor in verband met die Naam van die HERE, het sy gekom om hom met raaisels op die proef te stel.

2 En sy het na Jerusalem gekom met 'n baie groot trek, met kamele wat speserye en 'n menigte goud en edelgesteentes dra; en toe sy by Salomo inkom, het sy met hom gespreek oor alles wat in haar hart was.

3 En Salomo het haar al haar woorde verklaar; geen woord was vir die koning te diepsinnig om haar dit te verklaar nie.

4 Toe die koningin van Skeba dan al die wysheid van Salomo sien en die huis wat hy gebou het,

5 en die voedsel van sy tafel en hoe sy dienaars sit en sy bediendes staan, en hulle klere, en sy dranke en sy trap waarmee hy opklim in die huis van die HERE, was daar in haar geen gees meer nie.

6 Daarop sê sy aan die koning: Die woord was waarheid wat ek in my land gehoor het oor u en oor u wysheid;

7 en ek het die woorde nie geglo nie, totdat ek gekom en my oë gesien het; en kyk, die helfte is my nie meegedeel nie. U oortref in wysheid en in welvaart die gerug wat ek gehoor het.

8 Gelukkig is u manne, gelukkig hierdie dienaars van u wat gedurig voor u staan, wat u wysheid hoor.

9 Geloofd sy die HERE u God wat behae in u gehad het om u op die troon van Israel te laat sit! Omdat die HERE Israel vir ewig liefhet, het Hy u as koning aangestel om reg en geregtigheid te doen.

10 Verder het sy aan die koning honderd en twintig talente goud en 'n groot menigte speserye en edelgesteentes gegee; daar het nooit weer so 'n menigte speserye ingekom as wat die koningin van Skeba aan koning Salomo gegee het nie.

11 Maar ook die skepe van Hiram wat goud uit Ofir gaan haal het, het uit Ofir 'n groot menigte sandelhout en edelgesteentes gebring.

12 En van die sandelhout het die koning trapleunings gemaak vir die huis van die HERE en die huis van die koning, en siters en harpe vir die sangers; so het daar geen sandelhout ingekom en is daar nie gesien tot vandag toe nie.

13 En koning Salomo het aan die koningin van Skeba al haar begeerte gegee wat sy gevra het, bo wat hy haar na die vermoë van koning Salomo gegee het. Daarop het sy omgedraai en na haar land getrek, sy en haar dienaars.

14 En die gewig van Salomo se inkomste aan goud in een jaar was ses honderd ses en sestig talente goud,

15 behalwe wat ingekom het van die koopmans wat rondtrek, en van die wins van die handelaars en van al die konings van die gemengde bevolking en van die goewerneurs van die land.

16 En koning Salomo het twee honderd groot skilde van geslae goud gemaak; ses honderd sikkels goud het hy op elke groot skild gebruik;

17 en drie honderd klein skilde van geslae goud; drie mines goud het hy op elke klein skild gebruik, en die koning het dit in die huis van die L¡banon-bos gesit.

18 Verder het die koning 'n groot troon van ivoor gemaak en dit met suiwer goud oorgetrek.

19 Die troon het ses trappe gehad, en die kopstuk van die troon was van agter rond, en aan weerskante was trapleunings by die sitplek, terwyl twee leeus langs die leunings staan.

20 Daarby het twaalf leeus daar op die ses trappe aan weerskante gestaan; so iets is nooit vir enige koninkryk gemaak nie.

21 En die hele drinkservies van koning Salomo was van goud, en al die voorwerpe van die huis van die L¡banon-bos van fyn goud; silwer was daar nie by nie: dit is in die dae van Salomo as niks gereken nie.

22 Want die koning het Tarsis-skepe op die see gehad by die skepe van Hiram; een maal in drie jaar het die Tarsis-skepe ingekom, gelaai met goud en silwer, ivoor en ape en poue.

23 So het koning Salomo dan groter geword as al die konings van die aarde, in rykdom en wysheid.

24 En die hele wêreld het die aangesig van Salomo gesoek om sy wysheid te hoor wat God in sy hart gegee het,

25 terwyl elkeen van hulle sy geskenk saambring: silwervoorwerpe en goue voorwerpe en klere en wapens en speserye, perde en muile, jaar vir jaar.

26 Verder het Salomo strydwaens en perderuiters versamel, sodat hy veertien honderd waens en twaalf duisend perderuiters gehad het; en hy het dit in die stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel.

27 Verder het die koning die silwer in Jerusalem gemaak soos klippe en die seders gemaak soos wildevyebome wat in die Laeveld is, in menigte.

28 En die uitvoer van perde vir Salomo was uit Egipte en uit Kw,; handelaars van die koning het dit uit Kw, gaan haal teen koopprys.

29 En 'n wa het uit Egipte opgekom, en dit is verkoop vir ses honderd sikkels silwer, en 'n perd vir honderd en vyftig; en so is dit vir al die konings van die Hetiete en vir die konings van Aram deur hulle uitgevoer.

1 示巴女王听到所罗门因耶和华的名所得的名声, 就来要用难题试试他。

2 她带着大批随员到耶路撒冷来, 又有骆驼驮着香料、许多金子和宝石。她来到所罗门那里, 就把她心里所有的难题都对他说出来。

3 所罗门把她所有的问题都给她解说明白, 没有一件事难倒王, 使王不能回答她的。

4 示巴女王看见所罗门的一切智慧和他建造的宫殿、

5 桌上的食物、臣仆的座位、仆人的侍候、他们的服饰、王的酒政和王在耶和华的殿献上的燔祭, 就惊奇得不知所措。

6 于是她对王说: "我在本国听见有关你的事和你的智慧, 原来都是真的;

7 以前我并不相信那些话, 等到我来了, 亲眼看见, 才知道人告诉我的还不到一半; 你的智慧和财富, 超过我所听闻的。

8 属你的人是有福的, 你的这些臣仆是有福的, 他们常常侍立在你面前, 聆听你的智慧。

9 耶和华你的 神是应当称颂的! 他喜悦你, 使你坐在以色列的王位上; 因为耶和华永远喜爱以色列, 所以立你作王, 要你秉行公义。"

10 于是示巴女王把约四千公斤金子、大批香料和宝石送给王; 以后奉来的香料再也没有像示巴女王送给所罗门的那么多。

11 此外, 从俄斐运金子来的希兰船队, 又从俄斐运了大批檀香木和宝石来。

12 王用檀香木为耶和华的殿和王宫做栏杆, 又为歌唱的做琴瑟。以后再也没有这样的檀香木运来, 也没有人看见过, 直到今日。

13 所罗门王照着示巴女王所愿所求的一切赐给她, 另外又厚厚地馈赠她。于是女王和她的臣仆都返回本国去了。

14 所罗门每年收入的金子重两万三千公斤。

15 另外, 还有从商人和行商的课税, 阿拉伯诸王和国内省长的收入。

16 所罗门王用锤炼好的金子做了二百面大盾牌, 每一面大盾牌用金子七公斤;

17 又用锤炼好的金子做了三百面小盾牌, 每一面小盾牌用金子两公斤。王把这些盾牌都放在黎巴嫩林宫。

18 王又做了一个象牙大宝座, 贴上了精金。

19 那宝座有六级台阶, 宝座的后背有一个圆顶, 座处的两旁有一个扶手。扶手的旁边各有一只狮子站立着。

20 在六级台阶上共有十二只狮子站着, 左边一只, 右边一只。在列国中都没有这样做过。

21 所罗门的一切杯爵都是金子做的; 黎巴嫩林宫里的一切器皿也都是精金做的, 没有用银子做的; 原来在所罗门王的时代, 银子算不得什么。

22 因为王有他施船队与希兰船队一同在海上航行。他施船队三年一次运来金银、象牙、猿猴和孔雀。

23 所罗门王的财富和智慧, 超过了世界上所有的君王。

24 世上所有的君王都要求晋见所罗门, 聆听 神赋予他心中的智慧。

25 他们各人都带着自己的贡物而来, 就是银器、金器、衣裳、军械、香料、马和骡等, 年年都是这样。

26 所罗门聚集战车和骑兵, 他有战车一千四百辆, 骑兵一万二千人, 安置在屯车城和耶路撒冷, 就是与王在一起。

27 王在耶路撒冷使银子好像石头一样, 使香柏木好像平原的桑树那么多。

28 所罗门的马是从埃及和古厄运出来的, 是王的商人从古厄按着定价买来的。

29 从埃及运上来的车, 每辆银子六千八百四十克, 马每匹一千七百一十克。赫人众王和亚兰("亚兰"即今天"叙利亚"一带的地方)诸王也都是这样经他们的手买来的。