1 En n hierdie dinge het d¡t gebeur: Nabot, 'n Jisreëliet, het in J¡sreël 'n wingerd gehad, wat langs die paleis van Agab, die koning van Samar¡a, was.

2 En Agab het met Nabot gespreek en gesê: Gee my jou wingerd, dat dit my groentetuin kan word, want dit is naby, langsaan my huis; dan sal ek jou in die plek daarvan 'n wingerd gee wat beter is; of as dit goed is in jou oë, sal ek jou die koopprys daarvan in silwer gee.

3 Maar Nabot het vir Agab gesê: Mag die HERE my daarvoor bewaar dat ek die erfdeel van my vaders aan u sou gee!

4 Toe kom Agab in sy huis, verbitterd en toornig oor die woord wat Nabot, die Jisreëliet, met hom gespreek het, naamlik: Ek mag nie die erfdeel van my vaders aan u gee nie. En hy het op sy bed gaan lê en sy gesig omgedraai en geen brood geëet nie.

5 Daarop kom sy vrou Is,bel by hom en sê vir hom: Waarom is jou gees dan so verbitterd dat jy geen brood eet nie?

6 En hy antwoord haar: Omdat ek met Nabot, die Jisreëliet, gespreek en aan hom gesê het: Gee my jou wingerd vir geld, of as jy wil, sal ek jou 'n wingerd in die plek daarvan gee -- maar hy het gesê: Ek mag my wingerd nie aan u gee nie.

7 Toe sê sy vrou Is,bel vir hom: Oefen jy nou die koningskap oor Israel uit? Staan op, eet brood, en laat jou hart vrolik wees: ek sal jou die wingerd van Nabot, die Jisreëliet, gee.

8 Daarop het sy briewe in die naam van Agab geskrywe en met sy seël dit verseël en die brief gestuur aan die oudstes en die edeles wat in sy stad was, wat by Nabot gewoon het.

9 En in die briewe het sy dit geskrywe: Roep 'n vasdag uit, en sit Nabot vooraan onder die volk;

10 en sit twee manne, deugniete, teenoor hom, wat teen hom getuig en sê: Jy het God en die koning gevloek! Lei hom dan uit en stenig hom, dat hy sterwe.

11 Die manne van sy stad, die oudstes en die edeles wat in sy stad gewoon het, maak toe soos Is,bel hulle laat weet het, soos geskrywe was in die briewe wat sy aan hulle gestuur het.

12 Hulle het 'n vasdag uitgeroep en Nabot vooraan onder die volk gesit.

13 Toe kom die twee manne, deugniete, en gaan sit teenoor hom; en die deugniete het teen hom, teen Nabot, voor die volk getuig en gesê: Nabot het God en die koning gevloek. Daarop lei hulle hom buitekant die stad uit en stenig hom, sodat hy gesterf het.

14 Daarna laat hulle Is,bel weet: Nabot is gestenig en is dood.

15 Net toe Is,bel hoor dat Nabot gestenig en dood was, sê Is,bel vir Agab: Staan op, neem die wingerd van Nabot, die Jisreëliet, in besit wat hy geweier het om vir geld aan jou te gee; want Nabot leef nie, maar is dood.

16 Net toe Agab hoor dat Nabot dood was, het Agab opgestaan om na die wingerd van Nabot, die Jisreëliet, af te gaan om dit in besit te neem.

17 Maar die woord van die HERE het tot El¡a, die Tisbiet, gekom en gesê:

18 Maak jou klaar, gaan af Agab, die koning van Israel, wat in Samar¡a is, tegemoet; kyk, hy is in die wingerd van Nabot, waarheen hy afgegaan het om dit in besit te neem.

19 En jy moet met hom spreek en sê: So sê die HERE: Het jy doodgeslaan en ook in besit geneem? Verder moet jy met hom spreek en sê: So spreek die HERE: Op die plek waar die honde die bloed van Nabot gelek het, sal die honde ook jou eie bloed lek.

20 Daarop sê Agab vir El¡a: Het jy my gekry, my vyand? En hy antwoord: Ek het u gekry, omdat u uself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE!

21 Kyk, Ek gaan onheil bring oor jou en jou skoon wegvee; en Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering.

22 En Ek sal jou huis maak soos die huis van Jerobeam, die seun van Nebat, en soos die huis van Ba,sa, die seun van Ah¡a; weens die geterg waarmee jy My geterg het, en dat jy Israel laat sondig het.

23 En ook oor Is,bel het die HERE gespreek en gesê: Die honde sal Is,bel eet by die voorskans van J¡sreël.

24 Die een wat van Agab in die stad sterwe, hom sal die honde eet, en wie in die veld sterwe, sal die voëls van die hemel eet.

25 Waarlik, daar was niemand soos Agab wat homself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE nie, omdat sy vrou Is,bel hom verlei het.

26 En hy het baie afskuwelik gehandel deur agter die drekgode aan te loop net soos die Amoriete gedoen het wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het.

27 En toe Agab hierdie woorde hoor, het hy sy klere geskeur en 'n roukleed om sy lyf gebind en gevas; hy het ook met die roukleed geslaap en stadig rondgeloop.

28 Toe kom die woord van die HERE tot El¡a, die Tisbiet, en sê:

29 Het jy gesien dat Agab hom voor my aangesig verneder het? Omdat hy hom voor my aangesig verneder het, sal Ek die onheil in sy dae nie bring nie; in die dae van sy seun sal Ek die onheil oor sy huis bring.

1 耶斯列人拿伯在耶斯列有一个葡萄园, 靠近撒玛利亚王亚哈的王宫。

2 亚哈对拿伯说: "把你的葡萄园让给我, 我可以用作菜园, 因为你的葡萄园靠近我的王宫。我要把一个更好的葡萄园与你交换。如果你喜欢, 我也可以按市价给你银子。"

3 可是拿伯对亚哈说: "耶和华绝对不容许我把祖业给你。"

4 亚哈因为耶斯列人拿伯对他说: "我不能把祖业给你", 就闷闷不乐回到宫里。他躺在床上, 脸朝向内, 也不吃饭。

5 他的妻子耶洗别进来见他, 问他说: "你为什么心里这么烦闷, 连饭也不吃呢?"

6 亚哈回答她说: "因为我对耶斯列人拿伯说: ‘把你的葡萄园让给我, 我付你银子; 或者你喜欢的话, 我可以用另一个葡萄园与你交换’; 可是他说: ‘我不能把我的葡萄园让给你。’"

7 他的妻子耶洗别对他说: "你现在不是统治以色列的王吗?只管起来吃饭, 心神畅快, 我必能把耶斯列人拿伯的葡萄园给你。"

8 于是耶洗别以亚哈的名义写了一些信, 然后把这些信送给那些住在拿伯城里的长老和贵胄。

9 她在信上写着说: "你们要宣告禁食, 使拿伯坐在民间的首位上。

10 又叫两个匪徒坐在拿伯的对面, 作见证控告他说: ‘你曾经咒诅 神和君王’; 然后把他拉出去, 用石头把他打死。"

11 于是拿伯城里的人, 就是那些与拿伯同住一城的长老和贵胄, 都照着耶洗别送给他们的信上所写的去行。

12 他们宣告禁食, 使拿伯坐在民间的首席上。

13 然后两个匪徒来坐在拿伯的对面。这两个流氓当众作见证控告拿伯, 说: "拿伯曾经咒诅 神和君王。"众人就把拿伯拉出城外, 用石头打他, 把他打死了。

14 于是他们派人去见耶洗别, 说: "拿伯已经被人用石头打死了。"

15 耶洗别听见拿伯已经被人用石头打死了, 就对亚哈说: "你起来, 去占有那耶斯列人拿伯从前不肯给你的葡萄园, 因为拿伯现在没有命了, 他已经死了。"

16 亚哈听见拿伯已经死了, 就起来, 下到耶斯列人拿伯的葡萄园那里去, 要占有那园。

17 那时, 耶和华的话临到提斯比人以利亚说:

18 "你起来, 下去迎见住在撒玛利亚的以色列王亚哈, 他现在正在耶斯列人拿伯的葡萄园里。他下到那里去, 是要占有那个园。

19 你要对他说: ‘耶和华这样说: 你杀了人, 又占有他的产业吗?’你又要对他说: ‘耶和华这样说: 狗在什么地方舔拿伯的血, 也必在什么地方舔你的血。’"

20 亚哈对以利亚说: "我的仇人哪, 你找到了我吗?"以利亚说: "我找到你了, 因为你出卖了你自己, 去行耶和华看为恶的事。

21 耶和华说: ‘看哪, 我必使灾祸临到你, 除灭你的后代, 在以色列中属亚哈的男丁, 无论是自由的, 或是不自由的, 我都要除灭。

22 我要使你的家像尼八的儿子耶罗波安的家, 又像亚希雅的儿子巴沙的家, 因为你惹我发怒, 又因为你使以色列人陷在罪中。’

23 至于耶洗别, 耶和华也说: ‘狗必在耶斯列的地方吃耶洗别的肉。

24 属亚哈的人, 死在城里的, 必被野狗吃掉; 死在田野的, 必被空中的飞鸟吃掉。’"

25 只是从来没有人像亚哈的; 他受了他妻子耶洗别的引诱, 出卖了他自己, 行耶和华看为恶的事。

26 他按照耶和华在以色列人面前赶走的亚摩利人所行的一切, 跟从偶像。行了非常可憎的事。

27 亚哈听见这些话, 就撕裂自己的衣服, 披上麻布, 禁食, 睡在麻布上, 并且神色颓丧地行走。

28 耶和华的话临到提斯比人以利亚说:

29 "你看见了亚哈在我面前怎样谦卑自己, 因为他在我面前谦卑自己, 所以他还在世的日子, 我必不降这灾祸; 到他儿子的日子, 我必降这灾祸与他的家。"