1 Daarna het Salomo die oudstes van Israel en al die stamhoofde, die familie-owerstes van die kinders van Israel, by koning Salomo in Jerusalem byeen laat kom om die verbondsark van die HERE uit die stad van Dawid, dit is Sion, op te bring.
2 En al die manne van Israel het by koning Salomo op die fees vergader in die maand Âtanim, dit is die sewende maand.
3 Toe al die oudstes van Israel daar kom, het die priesters die ark opgeneem
4 en die ark van die HERE en die tent van samekoms gebring saam met al die heilige voorwerpe wat in die tent was; naamlik die priesters en die Leviete het dit gebring.
5 En terwyl koning Salomo en die hele by hom vergaderde gemeente van Israel saam met hom voor die ark staan, het hulle kleinvee en beeste geoffer wat vanweë die menigte nie getel of bereken kon word nie.
6 Verder het die priesters die verbondsark van die HERE na sy plek gebring, in die binneste vertrek van die huis, in die Allerheiligste, onder die vlerke van die g,rubs in.
7 Want die g,rubs het die vlerke uitgesprei oor die plek van die ark, sodat die g,rubs die ark en sy draaghoute van bo af beskut het.
8 En die draaghoute was so lank, dat die punte van die draaghoute uit die Heilige, vlak voor die binneste vertrek, gesien kon word, maar verder buitentoe was hulle nie sigbaar nie; en hulle is daar tot vandag toe.
9 Daar was niks in die ark nie as net die twee kliptafels wat Moses by Horeb daarin neergelê het, toe die HERE 'n verbond met die kinders van Israel gesluit het by hulle uittog uit Egipteland.
10 En toe die priesters uit die heiligdom uitgaan, het die wolk die huis van die HERE vervul.
11 En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van die HERE vervul.
12 Toe het Salomo gesê: Die HERE het gesê dat Hy in donkerheid wil woon.
13 Verseker het ek vir U 'n woonhuis gebou, 'n vaste plek vir U om ewig in te woon.
14 Daarop draai die koning sy aangesig om en seën die hele vergadering van Israel, terwyl die hele vergadering van Israel staan.
15 En hy sê: Geloofd sy die HERE, die God van Israel, wie se hand volbring het wat sy mond met my vader Dawid gespreek en gesê het:
16 Van die dag af dat Ek my volk Israel uit Egipte uitgelei het, het Ek geen stad verkies uit al die stamme van Israel om 'n huis te bou, dat my Naam daar sou wees nie; maar Ek het Dawid verkies om oor my volk Israel te wees.
17 Toe dit dan in die hart van my vader Dawid was om 'n huis te bou vir die Naam van die HERE, die God van Israel,
18 het die HERE aan my vader Dawid gesê: Dat dit in jou hart was om vir my Naam 'n huis te bou -- daarin het jy goed gehandel, dat dit in jou hart was.
19 Net maar, jy sal die huis nie bou nie, maar jou seun wat uit jou lendene sal voortkom, die sal vir my Naam die huis bou.
20 En die HERE het sy woord vervul wat Hy gespreek het, sodat ek opgestaan het in die plek van my vader Dawid, en ek sit op die troon van Israel soos die HERE gespreek het; en ek het die huis gebou vir die Naam van die HERE, die God van Israel,
21 en daar 'n plek ingerig vir die ark, waarin die verbond van die HERE is, met ons vaders gesluit toe Hy hulle uit Egipteland uitgelei het.
22 Toe het Salomo voor die altaar van die HERE gaan staan, teenoor die hele vergadering van Israel, en sy hande uitgebrei na die hemel
23 en gesê: HERE, God van Israel, daar is bo in die hemel of onder op die aarde geen God soos U nie, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir u knegte wat voor u aangesig wandel met hulle hele hart,
24 wat vir u kneg, my vader Dawid, u belofte aan hom gehou het; ja, met u mond het U dit gespreek en met u hand volbring soos dit vandag is.
25 Hou nou ook, HERE, God van Israel, die belofte wat U aan u kneg, my vader Dawid, gedoen het, naamlik: Daar sal vir jou nooit 'n man voor my aangesig ontbreek wat op die troon van Israel sal sit nie as jou seuns net hulle weg in ag neem deur te wandel voor my aangesig soos jy voor my aangesig gewandel het.
26 Laat dan nou, o God van Israel, u woord tog waargemaak word wat U gespreek het tot u kneg, my vader Dawid.
27 Maar sou God werklik op die aarde woon? Kyk, die hemel, ja, die hoogste hemel kan U nie bevat nie, hoeveel minder hierdie huis wat ek gebou het.
28 Wend U dan tot die gebed van u kneg en tot sy smeking, HERE my God, deur te luister na die geroep en die gebed wat u kneg vandag voor u aangesig bid;
29 sodat u oë oop mag wees nag en dag oor hierdie huis, oor die plek waarvan U gesê het: My Naam sal daar wees! sodat U mag luister na die gebed wat u kneg na hierdie plek toe sal bid.
30 Luister dan na die smeking van u kneg en van u volk Israel wat hulle na hierdie plek toe sal bid; ja, mag U hoor elke gebed na u woonplek, na die hemel toe, en as U dit hoor, vergewe dan.
31 As iemand teen sy naaste sondig en hulle hom 'n eed oplê om hom tot selfvervloeking te bring en hy voor u altaar in hierdie huis kom sweer,
32 wil U dan hoor in die hemel en handel en u knegte reg verskaf deur die skuldige skuldig te verklaar en sy wandel op sy hoof te lê en die regverdige regverdig te verklaar deur hom te gee na sy geregtigheid.
33 As u volk Israel verslaan word voor 'n vyand, omdat hulle teen U gesondig het, en hulle hul tot U bekeer en u Naam bely en tot U bid en smeek in hierdie huis,
34 wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u volk Israel vergewe en hulle terugbring na die land wat U aan hulle vaders gegee het.
35 As die hemel toegesluit bly, dat daar geen reën is nie, omdat hulle teen U gesondig het, maar hulle na hierdie plek toe bid en u Naam bely en van hulle sonde hul bekeer, omdat U hulle verootmoedig,
36 wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u knegte en van u volk Israel vergewe -- want U leer hulle die goeie weg waar hulle in moet wandel -- en gee reën op u land wat U aan u volk as 'n erfenis gegee het.
37 As daar hongersnood is in die land, as daar pes is, as daar brandkoring, heuningdou, sprinkane, kaalvreters is, as sy vyand hom in die land, in sy poorte dit benoud maak, watter plaag, watter siekte ook al,
38 enige gebed, enige smeking wat enigeen van u hele volk Israel sal doen, as elkeen die plaag van sy hart ken, sodat hy sy hande na hierdie huis toe uitbrei --
39 wil U dan hoor in die hemel, u vaste woonplek, en vergewe en handel en aan elkeen gee volgens sy weë, U wat sy hart ken -- want U alleen ken die hart van al die mensekinders --
40 sodat hulle U kan vrees al die dae wat hulle leef in die land wat U aan ons vaders gegee het.
41 Ja, ook na die uitlander wat nie van u volk Israel is nie, en uit 'n ver land ter wille van u Naam kom --
42 want hulle sal hoor van u grote Naam en u sterke hand en u uitgestrekte arm -- as hy kom en bid na hierdie huis toe,
43 wil U dan hoor uit die hemel, u vaste woonplek, en doen volgens alles waaroor die uitlander U sal aanroep, sodat al die volke van die aarde u Naam mag ken, om U te vrees soos u volk Israel, en mag gewaar word dat u Naam uitgeroep is oor hierdie huis wat ek gebou het.
44 As u volk uittrek in die oorlog teen sy vyand op die pad waarop U hulle stuur, en hulle bid tot die HERE in die rigting van die stad wat U verkies het, en van die huis wat ek vir u Naam gebou het,
45 wil dan in die hemel hulle gebed en hulle smeking hoor en aan hulle hul reg verskaf.
46 As hulle teen U sondig -- want daar is geen mens wat nie sondig nie -- en U op hulle toornig is en hulle aan 'n vyand oorgee en hulle veroweraars hulle as gevangenes wegvoer na die land van die vyand, ver of naby,
47 en hulle dit ter harte neem in die land waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, en hulle hul bekeer en U smeek in die land van die wat hulle weggevoer het, en sê: Ons het gesondig en verkeerd gehandel, ons was goddeloos --
48 en hulle hul tot U bekeer met hul hele hart en met hul hele siel, in die land van hul vyande wat hulle weggevoer het, en hulle bid tot U in die rigting van hulle land wat U aan hulle vaders gegee het, van die stad wat U verkies het, en die huis wat ek vir u Naam gebou het,
49 wil dan in die hemel, u vaste woonplek, hulle gebed en hulle smeking hoor en aan hulle hul reg verskaf,
50 en vergeef u volk wat hulle teen U gesondig het, ja, al hulle oortredinge wat hulle teen U begaan het; en laat hulle barmhartigheid vind voor die wat hulle weggevoer het, dat die hulle barmhartig kan wees.
51 Want hulle is u volk en u erfdeel wat U uit Egipte uitgelei het uit die ystersmeltoond.
52 Mag u oë dan oop wees vir die smeking van u kneg en vir die smeking van u volk Israel, om na hulle te luister so dikwels as hulle U aanroep.
53 Want U het hulle vir U as erfdeel afgesonder uit al die volke van die aarde, soos U deur die diens van u kneg Moses gespreek het toe U, Here HERE, ons vaders uit Egipte uitgelei het.
54 Net toe Salomo gereed was om hierdie hele gebed en smeking tot die HERE te bid, het hy voor die altaar van die HERE opgestaan uit sy knielende houding, met sy hande na die hemel uitgebrei;
55 en hy het gaan staan en die hele vergadering van Israel hardop geseënen gesê:
56 Geloofd sy die HERE wat aan sy volk Israel rus gegee het net soos Hy gespreek het: geen enkele woord het onvervuld gebly van al die goeie woorde wat Hy deur die diens van sy kneg Moses gespreek het nie.
57 Mag die HERE onse God met ons wees soos Hy met ons vaders gewees het; mag Hy ons nie verlaat en ons nie verwerp nie --
58 deur ons hart tot Hom te neig om in al sy weë te wandel en om sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge wat Hy ons vaders beveel het, te onderhou.
59 En mag hierdie woorde van my, waarmee ek voor die aangesig van die HERE gesmeek het, dag en nag naby die HERE onse God wees, sodat Hy reg kan verskaf aan sy kneg en aan sy volk Israel na die eis van elke dag;
60 sodat al die volke van die aarde kan weet dat die HERE God is, niemand meer nie.
61 Laat julle hart dan volkome met die HERE onse God wees om te wandel in sy insettinge en sy gebooie te onderhou, soos vandag.
62 En die koning, en die hele Israel saam met hom, was besig om slagoffers voor die aangesig van die HERE te slag.
63 Salomo het naamlik as die dankoffer wat hy aan die HERE gebring het, twee en twintig duisend beeste en honderd en twintig duisend stuks kleinvee geslag; so het hulle dan die huis van die HERE ingewy, die koning en al die kinders van Israel.
64 Op die dag het die koning die middel van die voorhof geheilig wat voor die huis van die HERE was; want daar het hy die brandoffer en die spysoffer en die vetstukke van die dankoffers berei, omdat die koperaltaar voor die aangesig van die HERE te klein was om die brandoffer en die spysoffer en die vetstukke van die dankoffers te bevat.
65 So het Salomo dan in die tyd die fees gehou en die hele Israel saam met hom, 'n groot vergadering van die ingang na Hamat af tot by die spruit van Egipte, voor die aangesig van die HERE onse God, sewe dae en sewe dae, veertien dae lank.
66 Op die agtste dag het hy die volk laat gaan, en hulle het die koning geseënen na hul tente gegaan, verheug en opgeruimd oor al die goeie dinge wat die HERE aan sy kneg Dawid en sy volk Israel gedoen het.
1 那时, 所罗门把以色列的长老、各支派的首领和以色列的族长, 都召集到耶路撒冷自己面前, 要把耶和华的约柜从大卫城, 就是锡安运上来。
2 于是, 在以他念月, 就是七月, 在守节期的时候, 以色列众人都聚集到所罗门王那里。
3 以色列的众长老都来到了, 祭司们就把约柜抬起来。
4 祭司和利未人把耶和华的约柜、会幕和会幕里的一切圣器具都运上来。
5 所罗门王和聚集到他那里的以色列全体会众, 都一同在约柜前献牛羊为祭, 数目多得不可胜数, 无法计算。
6 祭司把耶和华的约柜抬进内殿为它预备的地方, 就是至圣所, 放在两个基路伯的翅膀底下。
7 因为基路伯展开翅膀在约柜所在地的上面, 遮掩约柜和抬柜的杠。
8 这些杠很长, 在内殿前的圣所可以看见杠头, 在殿外却看不见; 直到今日, 这些杠还在那里。
9 约柜里面只有两块石版, 这两块石版在以色列人出埃及地以后, 耶和华与他们立约的时候, 摩西在何烈山放在那里的。
10 祭司从圣所里出来的时候, 有云彩充满耶和华的殿,
11 因为云彩的缘故, 祭司不能站立服事, 因为耶和华的荣光充满了圣殿。
12 那时, 所罗门说: "耶和华曾说, 他要住在密云中。
13 现在我果然为你建造了一座巍峨的殿, 作你永远的居所。"
14 于是王把脸转过来, 为全体以色列会众祝福, 全体以色列会众都站着。
15 所罗门说: "耶和华以色列的 神是应当称颂的, 因为他亲口对我父亲大卫应许过的, 现在他亲手成全了。他说:
16 ‘自从我把我的子民以色列领出埃及的日子以来, 我未曾在以色列的各支派中拣选一座城, 建造殿宇, 作我名的居所; 但我拣选了大卫治理我的子民以色列。’
17 我父大卫心里有意要为耶和华以色列的 神的名建殿。
18 但耶和华对我父大卫说: ‘你心里有意为我的名建一座殿, 你这心意是好的。
19 然而你不要建造这殿, 只有你亲生的儿子, 他必为我的名建造这殿。’
20 现在耶和华已经实现了他说过的话, 我已经起来继承我父大卫, 坐在以色列的王位上, 正如耶和华所说过的。我也已经为耶和华以色列的 神的名建造了这殿。
21 我又为约柜预备了一个地方。这约柜里有耶和华的约, 就是他领我们列祖出埃及地的时候与他们所立的。"
22 所罗门当着以色列的全体会众, 站在耶和华的祭坛前, 向天伸开双手,
23 祷告说: "耶和华以色列的 神啊, 天上地下没有别的神像你; 你对一心在你面前行事为人的仆人守约施慈爱。
24 你谨守了你应许过你仆人我父大卫的话。你亲口说过, 也亲手作成, 正如今天一样。
25 耶和华以色列的 神啊, 现在求你谨守你应许你仆人我父亲大卫的话: ‘只要你的子孙谨守他们的行为, 像你在我面前所行的一样, 就必不断有人坐以色列的王位。’
26 以色列的 神啊, 现在求你成就你应许你仆人我父大卫的话吧!
27 " 神真的住在地上吗?看哪! 天和天上的天尚且不能容纳你, 何况我建造的这殿呢?
28 然而耶和华我的 神啊, 求你垂顾你仆人的祷告和恳求, 垂听你仆人今天在你面前所作的呼吁和祷告。
29 愿你的眼睛昼夜看顾这殿, 看顾你所说‘我的名要留在那里’的地方。愿你垂听你仆人向这地方所发的祷告。
30 你仆人和你的子民以色列向这地方祷告的时候, 求你垂听他们的恳求。求你在天上的居所垂听, 垂听而赦免。
31 "如果有人得罪他的邻居被迫起誓, 他来到这殿在你的祭坛前起誓的时候,
32 求你在天上垂听, 采取行动, 审判你的仆人, 定恶人有罪, 使他所行的, 都归到他自己的头上。定义人有理, 照着他的公义赏赐他。
33 "你的子民以色列若是得罪了你, 以致在仇敌面前被打败, 又回转归向你, 承认你的名, 在这殿里向你祷告恳求的时候,
34 求你在天上垂听, 赦免你的子民以色列的罪, 领他们返回你赐给他们列祖之地。
35 "如果他们因为得罪了你, 天就闭塞不下雨; 他们若是向这地方祷告, 承认你的名; 又因你苦待他们, 就离开他们的罪,
36 求你在天上垂听, 赦免你仆人和你的子民以色列的罪, 指示他们当行的善道, 赐雨水在你的地上, 就是你赐给你子民的产业之地。
37 "如果这地有饥荒、瘟疫、旱风、霉烂、蝗虫、蚂蚱, 或有仇敌把他们围困在城里, 无论遭遇什么灾祸, 什么疾病,
38 你的子民以色列, 或是众人, 或是个人, 知道自己心里的苦痛, 向这殿伸开双手所作的一切祷告、一切恳求,
39 求你在天上你的居所垂听而赦免, 并且采取行动。你是知道人心的, 只有你知道万人的心, 求你照着各人所行的报应他,
40 好使他们在你赐给我们列祖的地上, 一生一世敬畏你。
41 "至于不属于你的子民以色列的外族人, 为了你的名的缘故从远地而来,
42 因为他们听到你的大名、大能的手和伸出来的膀臂, 他们来向这殿祷告的时候,
43 求你在天上你的居所垂听, 照着外族人向你呼求的一切而行, 好使地上的万族万民都认识你的名, 敬畏你, 像你的子民以色列一样; 又使他们知道我建造的这殿是称为你的名下的。
44 "如果你的子民出去与仇敌争战, 无论你派他们到哪处, 他们若是向你所拣选的这城, 并向我为你的名建造的这殿祷告,
45 求你在天上垂听他们的祷告和恳求, 为他们主持公道。
46 "如果你的子民得罪了你(没有不犯罪的世人), 你向他们发怒, 把他们交给仇敌, 以致仇敌把他们掳到仇敌的地方, 或是远或是近,
47 在被掳的地方, 他们若是回心转意, 在他们被掳去之地回转, 向你祈求, 说: ‘我们犯了罪了; 我们犯了过了, 我们作了恶事。’
48 如果他们在俘掳他们的仇敌的地方, 一心一意回转归向你, 又向着你赐给他们列祖的地方, 向你所拣选的这城, 和我为你的名建造的这殿祷告,
49 求你在天上你的居所垂听他们的祷告和恳求, 为他们主持公道。
50 赦免得罪了你的子民, 又赦免他们冒犯你的一切过犯, 使他们在掳他们的人面前蒙怜悯。
51 因为他们是你的子民、你的产业, 是你从埃及、从铁炉中领出来的。
52 愿你睁开眼睛看顾你仆人的祈求, 和你的子民以色列的祈求, 他们向你呼求的, 愿你都垂听。
53 主耶和华啊! 因为你已经把他们从地上万族万民中分别出来, 作自己的产业, 正如你领我们的列祖出埃及的时候, 借着你的仆人摩西所应许的。"
54 所罗门在耶和华的祭坛前屈膝下跪, 向天伸开双手, 向耶和华献完了这一切祷告和恳求以后, 就起来,
55 站着, 大声给以色列的全体会众祝福, 说:
56 "耶和华是应当称颂的。他照着自己一切所应许的, 赐安息给他的子民以色列人。借着他的仆人摩西所应许一切美好的话, 一句都没有落空。
57 愿耶和华我们的 神与我们同在, 像与我们的列祖同在一样。愿他不离弃我们, 也不撇下我们。
58 愿他使我们的心归向他, 遵行他的一切道, 谨守他吩咐我们列祖的诫命、律例和典章。
59 愿我在耶和华面前恳求的这些话, 昼夜都不离耶和华我们的 神, 好使他天天为他仆人和他的子民以色列人主持公道,
60 使地上万族万民都知道耶和华是 神, 除他以外没有别的神。
61 所以你们的心要完全归给耶和华我们的 神, 遵行他的律例, 谨守他的诫命, 像今天一样。"
62 王和所有与他在一起的以色列人都在耶和华面前献祭。
63 所罗门向耶和华献平安祭, 牛二万二千头, 羊十二万只; 这样, 王和以色列众人为耶和华的殿举行了奉献典礼。
64 那一天, 因为耶和华面前的铜祭坛太小, 容不下燔祭、素祭和平安祭牲的脂肪, 王就把耶和华殿前院子当中的地方分别为圣, 在那里献燔祭、素祭和平安祭牲的脂肪。
65 那时所罗门与从哈马口直到埃及小河的以色列人, 都在耶和华我们的 神面前举行盛大的集会, 守节七天, 又七天, 一共十四天。
66 到了第八天, 王遣散了众人; 众人都祝福过王以后, 就高高兴兴地回自己的家去。他们因为看见耶和华向他仆人大卫和他子民以色列所施的一切恩惠, 心中都感到欢喜。