1 Toe het die woord van die HERE gekom tot Jehu, die seun van Han ni, teen Ba,sa, en gesê:

2 Omdat Ek jou uit die stof opgehef en jou as 'n vors oor my volk Israel aangestel het, maar jy in die weg van Jerobeam gewandel en my volk Israel laat sondig het, om My te terg deur hulle sondes,

3 daarom sal Ek Ba,sa en sy huis skoon wegvee, en Ek sal jou huis maak soos die huis van Jerobeam, die seun van Nebat.

4 Die een wat van Ba,sa in die stad sterwe, hom sal die honde eet, en wie van hom in die veld sterwe, sal die voëls van die hemel eet.

5 En die verdere geskiedenis van Ba,sa en wat hy gedoen het, en sy magtige dade, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

6 En Ba,sa het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in Tirsa; en sy seun Ela het in sy plek koning geword.

7 Ook het die woord van die HERE deur die diens van Jehu, die seun van Han ni, die profeet, gekom teen Ba,sa en teen sy huis, nie alleen oor al die kwaad wat hy in die oë van die HERE gedoen het, deur Hom te terg met sy handewerk om soos die huis van Jerobeam te wees nie, maar ook omdat hy hom verslaan het.

8 In die ses en twintigste jaar van Asa, die koning van Juda, het Ela, die seun van Ba,sa, oor Israel koning geword in Tirsa, twee jaar lank.

9 Maar sy dienaar Simri, die owerste oor die helfte van die strydwaens, het 'n sameswering teen hom gesmee: terwyl hy hom dronk gedrink het in Tirsa, in die huis van Arsa, wat oor die paleis in Tirsa was,

10 het Simri ingekom en hom verslaan en hom gedood in die sewe en twintigste jaar van Asa, die koning van Juda, en hy het in sy plek koning geword.

11 En toe hy koning was, terwyl hy op die troon sit, het hy die hele huis van Ba,sa verwoes; hy het vir hom niemand laat oorbly wat manlik is nie, ook nie sy bloedwrekers en vriende nie.

12 So het Simri dan die hele huis van Ba,sa verdelg volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het oor Ba,sa deur die diens van die profeet Jehu,

13 vanweë al die sondes van Ba,sa en die sondes van sy seun Ela wat hulle gedoen het en waarmee hulle Israel laat sondig het, om die HERE, die God van Israel, te terg met hulle nietige afgode.

14 En die verdere geskiedenis van Ela en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

15 In die sewe en twintigste jaar van Asa, die koning van Juda, was Simri sewe dae lank koning in Tirsa, terwyl die manskappe G¡bbeton beleër wat aan die Filistyne behoort het.

16 En toe die manskappe wat beleër, hoor sê: Simri het 'n sameswering gesmee en ook die koning doodgeslaan, het die hele Israel Omri, die leërowerste, koning gemaak oor Israel, dieselfde dag in die laer.

17 En Omri het opgetrek en die hele Israel saam met hom van G¡bbeton af en Tirsa beleër.

18 Net toe Simri sien dat die stad ingeneem is, het hy in die vesting van die koning se huis ingegaan en die huis van die koning bo-op hom aan die brand gesteek, sodat hy gesterf het,

19 vanweë sy sondes wat hy begaan het deur te doen wat verkeerd was in die oë van die HERE, deur te wandel in die weg van Jerobeam en in sy sonde wat hy gedoen het om Israel te laat sondig.

20 En die verdere geskiedenis van Simri en sy sameswering wat hy gesmee het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

21 Toe is die volk van Israel verdeel in twee helftes: een helfte van die volk het Tibni, die seun van Ginat, gevolg om hom koning te maak, en die ander helfte het Omri gevolg.

22 Maar die volk wat Omri gevolg het, was te sterk vir die volk wat Tibni, die seun van Ginat, gevolg het; en Tibni het gesterwe, en Omri het koning geword.

23 In die een en dertigste jaar van Asa, die koning van Juda, het Omri oor Israel koning geword, twaalf jaar lank; in Tirsa was hy ses jaar koning.

24 En hy het die berg Samar¡a van Semer gekoop vir twee talente silwer en die berg bebou en die stad wat hy gebou het, Samar¡a genoem na die naam van Semer, die eienaar van die berg.

25 En Omri het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en meer kwaad gedoen as al sy voorgangers.

26 Hy het naamlik gewandel in al die weë van Jerobeam, die seun van Nebat, en in sy sondes waarmee hy Israel laat sondig het, om die HERE, die God van Israel, te terg met hulle nietige afgode.

27 En die verdere geskiedenis van Omri, wat hy gedoen het, en sy magtige dade wat hy verrig het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

28 En Omri het ontslaap met sy vaders en is in Samar¡a begrawe; en sy seun Agab het in sy plek koning geword.

29 En Agab, die seun van Omri, het oor Israel koning geword in die agt en dertigste jaar van Asa, die koning van Juda; en Agab, die seun van Omri, het in Samar¡a oor Israel twee en twintig jaar geregeer.

30 En Agab, die seun van Omri, het gedoen wat kwaad is in die oë van die HERE, meer as al sy voorgangers.

31 En dit was nog die minste dat hy in die sondes van Jerobeam, die seun van Nebat, gewandel het: hy het Is,bel, die dogter van Et-Ba„l, die koning van die Sidoniërs, as vrou geneem, en Ba„l gaan dien en voor hom neergebuig,

32 en vir Ba„l 'n altaar opgerig in die huis van Ba„l wat hy in Samar¡a gebou het.

33 Ook het Agab die heilige boomstam gemaak, en Agab het nog meer gedoen om die HERE, die God van Israel, te terg as al die konings van Israel, sy voorgangers.

34 In sy dae het Hiël, van Bet-el, J,rigo opgebou; ten koste van Ab¡ram, sy eersgeborene, het hy sy fondament gelê, en ten koste van Segub, sy jongste, sy poorte opgerig, volgens die woord van die HERE wat Hy deur die diens van Josua, die seun van Nun, gespreek het.

1 耶和华的话临到哈尼拿的儿子耶户, 责备巴沙说:

2 "我既然从尘埃中高举了你, 立你作我的子民以色列的领袖; 然而, 你却走耶罗波安的路, 使我的子民以色列犯罪, 因他们的罪惹我发怒。

3 看哪, 我要除灭巴沙和他的家; 我要使你的家像尼八的儿子耶罗波安的家一样。

4 属巴沙的人, 死在城里的, 必被狗吃掉; 死在田野的, 必被空中的飞鸟吃掉。"

5 巴沙其余的事迹, 他所行的, 以及他的英勇事迹, 不是都记在以色列诸王的年代志上吗?

6 巴沙与他的列祖同睡, 埋葬在得撒; 他的儿子以拉接续他作王。

7 再者, 耶和华的话借着哈尼拿的儿子耶户先知指责巴沙和他的家, 是因为他像耶罗波安的家一样, 行了耶和华看为恶的事, 以他手所作的惹耶和华发怒, 又因为他击杀了耶罗波安的家。

8 犹大王亚撒第二十六年, 巴沙的儿子以拉在得撒登基作以色列的王, 共二年。

9 他的臣仆心利, 就是统率他一半战车的军长, 密谋背叛他。那时他在得撒, 在管理得撒王家的亚杂的家喝醉了,

10 心利就进去击打他, 把他杀死了, 接续他作王, 这事发生在犹大王亚撒第二十七年。

11 心利一登基, 坐了王位以后, 就把巴沙的全家击杀了; 连他的亲属和朋友, 也没有留下一个男子。

12 心利这样灭绝巴沙的全家, 是照着耶和华借耶户先知责备巴沙所说的话。

13 这是因为巴沙和他的儿子以拉的一切罪, 就是他们自己所犯, 又使以色列人陷在罪中的那些罪, 以虚无的神惹耶和华以色列的 神发怒。

14 以拉其余的事迹和他所行的一切, 不是都记在以色列诸王的年代志上吗?

15 犹大王亚撒第二十七年, 心利在得撒作王七日。那时, 众人正在安营围攻非利士人基比顿。

16 正在安营的众人听说: "心利已经密谋背叛, 又击杀了王。"于是以色列众人在那一天, 就在营中立了军长暗利作以色列王。

17 暗利和与他在一起的众人, 从基比顿上去, 围攻得撒。

18 心利看见城被攻占, 就走进了王宫的城堡里, 放火焚烧王宫, 自焚而死。

19 这是因为他所犯的罪, 行耶和华看为恶的事, 走耶罗波安的路, 犯了他使以色列人陷在罪中的那罪。

20 心利其余的事迹和他密谋背叛的事, 不是都记在以色列诸王的年代志上吗?

21 那时, 以色列人分成两半: 一半跟从基纳的儿子提比尼, 要立他作王; 一半跟从暗利。

22 跟从暗利的人胜过了跟从基纳的儿子提比尼的人。提比尼死了以后, 暗利就作了王。

23 犹大王亚撒第三十一年, 暗利登基作以色列王共十二年, 在得撒作王六年。

24 暗利用六十公斤银子, 向撒玛购买了撒玛利亚山。他在山上建造一城, 按山的原主撒玛的名, 给他所建造的城起名叫撒玛利亚。

25 暗利行耶和华看为恶的事, 比他以前所有的王更厉害。

26 他行尼八的儿子耶罗波安的一切路, 犯了耶罗波安使以色列人陷在罪中的那罪; 以他们虚无的神惹耶和华以色列的 神发怒。

27 暗利其余的事迹, 他所行的和他所表现的英勇事迹, 不是都记在以色列诸王的年代志上吗?

28 暗利与他的列祖同睡, 埋葬在撒玛利亚。他的儿子亚哈接续他作王。

29 犹大王亚撒第三十八年, 暗利的儿子亚哈登基作以色列王。暗利的儿子亚哈在撒玛利亚作以色列王, 共二十二年。

30 暗利的儿子亚哈行耶和华看为恶的事, 比他以前所有的王更厉害。

31 亚哈犯了尼八的儿子耶罗波安所犯的罪, 还以为是小事。他又娶了西顿王谒巴力的女儿耶洗别作妻子, 去服事巴力, 敬拜巴力。

32 他在撒玛利亚建筑巴力庙, 又在庙里为巴力立了一座祭坛。

33 亚哈又做了亚舍拉, 亚哈所行的, 惹耶和华以色列的 神发怒, 比他以前所有的以色列王更厉害。

34 亚哈在位的日子, 伯特利人希伊勒重建耶利哥城。他立城的根基的时候, 死了长子亚比兰, 安放城门的时候, 丧了幼子西割, 正如耶和华借着嫩的儿子约书亚所说的话。