1 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

2 Mensekind, rig jou aangesig teen Gog, in die land Magog, die vors van Ros, Meseg en Tubal, en profeteer teen hom

3 en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal!

4 En Ek sal jou weglok en hake in jou kakebene sit en jou laat uittrek en jou hele leër, perde en ruiters, almal volkome toegerus, 'n groot menigte met die groot en die klein skild, wat almal die swaard hanteer;

5 Perse, Kusiete en Put,ërs saam met hulle, almal met skild en helm;

6 Gomer en al sy leërs, die huis van Togarma, in die uithoeke van die Noorde, en al sy leërs -- baie volke saam met jou.

7 Hou jou reg en maak jou klaar, jy en al jou menigtes wat by jou vergader het; en wees vir hulle 'n leidsman.

8 N baie dae sal jy bevel ontvang; aan die einde van die jare sal jy 'n land intrek wat van die swaard weer reggekom het, wat versamel is uit baie volke, op die berge van Israel wat gedurigdeur as puinhoop daar gelê het -- ja, dit is uit die volke uitgebring, en hulle woon almal in veiligheid.

9 Dan sal jy optrek soos 'n onweer wat aankom, jy sal wees soos 'n wolk om die land te oordek, jy en al jou leërs en baie volke saam met jou.

10 So sê die Here HERE: In die dag sal daar gedagtes in jou hart opkom, en jy sal 'n listige plan beraam

11 en sê: Ek sal optrek teen die land wat ooplê, ek sal kom by rustige mense wat in veiligheid woon; wat almal woon sonder muur en geen grendel of poorte het nie;

12 om buit te maak en roof te rowe, om jou hand uit te steek teen die puinhope wat weer bewoon is, en teen 'n volk wat uit die nasies versamel is, wat vee en goed verwerf het, wat op die middelpunt van die aarde woon.

13 Skeba en Dedan en die koopmans van Tarsis en al sy jong leeus sal vir jou sê: Kom jy om buit te maak? Het jy jou menigte bymekaar laat kom om roof te rowe? Om silwer en goud weg te dra, om vee en goed weg te neem, om 'n groot buit te maak?

14 Daarom, profeteer, o mensekind, en sê aan Gog: So spreek die Here HERE: Sal jy dit nie opmerk in die dag as my volk Israel veilig woon nie?

15 Dan sal jy kom uit jou woonplek, uit die agterhoeke van die Noorde, jy en baie volke saam met jou wat almal op perde ry, 'n groot menigte en 'n magtige leër;

16 en jy sal optrek teen my volk Israel soos 'n wolk om die land te oordek. Aan die einde van die dae sal dit wees -- dan sal Ek jou teen my land laat aankom, sodat die nasies My kan ken as Ek My in jou, o Gog, voor hulle oë as die Heilige laat ken.

17 So sê die Here HERE: Is jy dit van wie Ek in die voortyd gespreek het deur my knegte, die profete van Israel, wat in die dae geprofeteer het, jare lank, dat Ek jou teen hulle sal laat aankom?

18 Maar in die dag, die dag as Gog teen die land van Israel aankom, spreek die Here HERE, sal my grimmigheid in my neus opkom.

19 Ja, in my ywer spreek Ek, in die vuur van my grimmigheid: Waarlik, in die dag sal daar 'n groot aardbewing wees in die land van Israel,

20 sodat van my aangesig af weg sal bewe die visse van die see en die voëls van die hemel en die wilde diere van die veld en al die gedierte wat op die grond kruip, en al die mense wat op die aarde is; en die berge sal omvergegooi word en die kranse inmekaarstort en al die mure op die aarde val.

21 En Ek sal die swaard oproep teen hom na al my berge, spreek die Here HERE; die swaard van die een sal teen die ander wees.

22 En Ek sal met hom in die gereg gaan deur pes en deur bloed; en oorstromende stortreën en haelstene, vuur en swawel op hom laat reën en op sy leërs en op baie volke wat saam met hom is.

23 So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.

1 耶和华的话临到我说:

2 "人子啊! 你要面向玛各地的歌革, 就是罗施、米设和土巴的首领, 说预言攻击他,

3 说: ‘主耶和华这样说: 罗施、米设和土巴的首领, 我要与你为敌。

4 我必使你转过来, 用钩子钩住你的腮颊, 把你和你的全军、马匹和骑兵, 都领出来, 他们都穿着全副军装, 成为大队人马, 配备大小盾牌, 各人紧握刀剑。

5 还有波斯人、古实人和弗人与他们在一起, 各人都配备盾牌和头盔;

6 又有歌篾人和他们的全军, 北方极处的陀迦玛族和他们的全军, 这许多民族都与你在一起。

7 "‘你要准备好, 你和那聚集到你那里的各队都要准备好; 你要作他们的大帅。

8 过了许多日子, 你必被征点出战; 在以后的年间, 你必来攻击那脱离刀剑的地, 就是那从列邦聚集回来的人所住的地; 你必来攻击以色列这些久已荒凉的山; 他们是从万族中领出来的, 都在那里安然居住。

9 你和你的军队, 以及与你在一起的许多民族, 都必像暴风上来, 像密云遮盖那地。

10 "‘主耶和华这样说: 到那日你心中必起意念, 图谋恶计,

11 说: 我要上去攻击那些没有城墙的乡村; 我要来攻击那些生活平静的人, 他们都安然居住, 没有城墙, 没有门闩。

12 你要抢夺财物, 掳掠货物, 伸手攻击那些从前荒废、现在有人居住的地方, 攻击那些从列邦招聚出来, 得了牲畜财物, 又住在世界中心的人民。

13 示巴人、底但人和他施各城镇的商人都必问你: 你来是要抢夺财物吗?你聚集军队是要掳掠货物吗?是要搬走金银、掳去牲畜财物吗?是要大肆抢掠吗?’

14 "因此, 人子啊! 你要对歌革说预言: ‘主耶和华这样说: 到那日, 我的子民以色列安然居住的时候, 你岂不会留意吗?

15 你必从你的地方, 从北方的极处, 与许多民族一起而来, 都骑着马, 成为一大队强盛的军兵。

16 你必上来攻击我的子民以色列, 像密云遮盖那地一样。歌革啊! 在以后的日子, 我必领你来攻击我的地, 好叫列国在我借着你向他们显为圣的时候, 能认识我。

17 "‘主耶和华这样说: 我从前借着我的众仆人以色列的先知所说的, 岂不是你吗?在那些年间, 他们曾预言我必领你来攻击以色列人。

18 歌革来攻击以色列地的日子, 我的怒气必从我的鼻孔中发出来。这是主耶和华的宣告。

19 我在妒恨和怒火之中说: 到那日, 以色列地必有大地震。

20 海里的鱼、空中的飞鸟、田野的走兽、在地上爬行的各种动物, 以及地上的众人, 都要在我面前震动。众山必崩裂, 悬崖必塌陷, 所有的墙垣都必倒在地上。

21 我必呼唤刀剑在我的众山上攻击歌革, 各人的刀剑必攻击自己的兄弟。这是主耶和华的宣告。

22 我必用瘟疫和血腥惩罚他; 我必把暴雨、大冰雹、火和硫磺降在他和他的军队, 以及与他在一起的许多民族身上。

23 我必显为大、显为圣, 在列国的人眼前显现自己。这样, 他们就知道我是耶和华。’"