1 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, rig jou aangesig teen Jerusalem en laat jou rede druppel teen die heiligdomme en profeteer teen die land van Israel;
3 en sê aan die land van Israel: So spreek die HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, en Ek sal my swaard uit sy skede trek en uit jou uitroei die regverdige en die goddelose.
4 Omdat Ek uit jou uitroei die regverdige en die goddelose, daarom sal my swaard uit sy skede uitgaan teen alle vlees, van die suide tot die noorde.
5 En alle vlees sal weet dat Ek, die HERE, my swaard uit sy skede getrek het; dit sal nie meer daarin terugkeer nie.
6 Maar jy, o mensekind, sug; sug voor hulle oë met verbreking van lendene en bitterheid.
7 En as hulle vir jou sê: Waarom sug jy? dan moet jy antwoord: Oor die tyding, want dit kom; en elke hart sal versmelt, en al die hande sal slap word en elke gees sal verstomp en al die knieë sal wegvloei soos water. Kyk, dit kom, en dit sal gebeur, spreek die Here HERE.
8 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
9 Mensekind, profeteer en sê: So spreek die HERE. Sê: 'n Swaard, 'n swaard is skerpgemaak en ook geskuur;
10 om 'n slagting aan te rig, is dit skerpgemaak, om soos weerlig te wees, is dit geskuur. Of moet ons bly wees deur te sê: Die septer van my seun verag elke hout?
11 En Hy het dit gegee om te skuur, dat hulle dit in die hand kan vat; dit is skerpgemaak, die swaard, en dit is geskuur om dit in die hand te gee van hom wat doodslaan.
12 Skreeu en huil, mensekind; want dit gaan teen my volk, dit gaan teen al die vorste van Israel: aan die swaard is hulle oorgelewer saam met my volk; daarom, slaan op die heup.
13 Want die proef is gemaak -- en hoe dan as ook die septer wat verag, daar nie meer sal wees nie? spreek die Here HERE.
14 En jy, mensekind, profeteer en slaan hand teen hand, sodat die swaard verdubbel word, tot drievoudig toe, 'n moordende swaard is dit, 'n moorddadige swaard, die grote, wat hulle omsweef.
15 Ek het die slagbank van die swaard opgestel teen al hulle poorte, dat die hart kan smelt en die struikelblokke baie kan wees. Ag, dit is gemaak tot 'n weerligstraal, dit is glad gemaak om te slag.
16 Bly aanmekaar, o swaard! Gaan regs, maak 'n aanval, gaan links, waarheen jou snykant ook al gerig is.
17 So sal Ek dan ook my hand teen my hand slaan en my grimmigheid tot rus bring; Ek, die HERE, het dit gespreek.
18 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
19 En jy, mensekind, maak vir jou twee paaie waarlangs die swaard van die koning van Babel kan kom; uit een land moet altwee uitgaan; en sny 'n wegwyser uit; sny dit uit by die begin van die pad na 'n stad;
20 jy moet 'n pad maak, dat die swaard kan kom na Rabba, van die kinders van Ammon, en na Juda, in die versterkte stad Jerusalem.
21 Want die koning van Babel gaan staan waar die paaie uitmekaarloop, by die begin van die twee paaie, om van waarsêery gebruik te maak: hy skud die pyle, raadpleeg die huisgode, bekyk die lewer.
22 In sy regterhand is die lot: Jerusalem, om stormramme op te stel, om die mond met geskreeu oop te maak, om die stem te verhef met krygsgeroep, om stormramme op te stel teen die poorte, om 'n wal op te werp, om forte te bou.
23 Maar dit is vir hulle soos 'n bedrieglike waarsêery in hul oë die plegtigste eedsweringe tog is hulle s'n!; maar hy bring die ongeregtigheid in herinnering, dat hulle gegryp kan word.
24 Daarom, so sê die Here HERE: Omdat julle jul ongeregtigheid in herinnering bring deurdat julle oortredinge openbaar word, sodat julle sondes in al jul handelinge gesien word -- omdat julle in herinnering gebring is, sal julle met die hand gegryp word.
25 En jy, onheilige, goddelose, vors van Israel, wie se dag gekom het in die tyd van die uiteindelike afrekening --
26 so sê die Here HERE: Die tulband moet weg, en die kroon moet af! Dit bly nie so nie: Na bo met wat nederig is! Na onder met wat hoog is!
27 Puinhoop, puinhoop, puinhoop sal Ek dit maak. Ook dit sal nie bly nie -- totdat Hy kom wat daarop reg het, en aan Hom sal Ek dit gee.
28 En jy, mensekind, profeteer en sê: So spreek die Here HERE aangaande die kinders van Ammon en hulle smaadrede; en jy moet sê: 'n Swaard, 'n swaard is getrek om te slag; dit is geskuur tot die uiterste toe om soos 'n weerligstraal te wees --
29 onderwyl hulle vir jou, o swaard, 'n bedrieglike gesig sien, onderwyl hulle vir jou leuens voorspel -- dat jy gesit sou word op die nekke van goddelose wat onheilig is, wie se dag gekom het in die tyd van uiteindelike afrekening!
30 Steek dit weer in die skede. In die plek waar jy geskape is, in die land van jou oorsprong, sal Ek jou oordeel.
31 En Ek sal oor jou my toorn uitgiet; Ek sal op jou blaas met die vuur van my grimmigheid en jou oorgee in die hand van barbare, mense wat verderf smee.
32 Voedsel sal jy wees vir die vuur; jou bloed sal binne-in die land wees; aan jou sal nie meer gedink word nie; want Ek, die HERE, het dit gespreek.
1 耶和华的话临到我说: (本节在《马索拉抄本》为21:6)
2 "人子啊! 你要面向耶路撒冷, 向圣所发言, 说预言攻击以色列地,
3 你要对以色列地说: ‘耶和华这样说: 看哪! 我要攻击你; 我要拔刀出鞘, 把义人和恶人都从你那里剪除。
4 我既然要把义人和恶人都从你那里剪除, 所以我的刀必要出鞘, 从南到北攻击所有的人;
5 所有的人就知道我耶和华已经拔刀出鞘, 刀必不再入鞘了。’
6 人子啊! 至于你, 你要叹息, 在他们眼前弯着腰, 苦苦叹息。
7 他们如果问你: ‘你为什么叹息呢?’你就要回答: ‘是因为那将要来到的消息; 人人都必心慌意乱, 手都发软, 精神衰颓, 他们的膝都像水一般的柔弱。看哪! 它要来到了。这事一定要成就。这是主耶和华的宣告。’"
8 耶和华的话临到我说:
9 "人子啊! 你要预言, 说: ‘主耶和华这样说: 有一把刀, 有一把磨利了的刀, 是擦亮了的刀;
10 磨利, 是为要大行杀戮, 擦亮, 是为要闪烁发光! 我们怎能快乐呢?我的儿子藐视管教的杖和一切劝告("劝告"原文作"木头")。
11 这刀已经交给人擦亮, 可以握在手中使用; 这刀已经磨利擦亮了, 可以交在行杀戮的人手中。’
12 人子啊! 你要呼喊、哀号。因为这刀要临到我的子民, 以及以色列所有的领袖; 他们与我的子民都要交在刀下; 所以你要拍腿悲叹,
13 因为考验必要来到, 你为什么要藐视那管教的杖呢?这事必不得成功。这是主耶和华的宣告。
14 "人子啊! 至于你, 你要拍手说预言, 要接二连三地使用这杀人的刀, 就是导致极大死伤的刀, 把它们围困,
15 好使他们心慌意乱, 多人跌倒, 我在他们所有的城门那里布下了杀戮("杀戮"原文意思不详, 这译法参古译本)的人; 啊! 这刀做得闪烁发光, 磨得尖利, 可以杀戮。
16 刀啊, 向右边斩吧! 向左边刺吧! 无论你面向哪一方, 就向哪一方杀戮吧!
17 我也要拍手, 并且要使我的烈怒止息; 这是我耶和华说的。"
18 耶和华的话又临到我说:
19 "人子啊! 至于你, 你要定出两条路, 给巴比伦王的刀前来; 这两条路都从同一个地方出来; 你要在通往城去的路口上做一个路标。
20 你要定出一条路, 使刀临到亚扪的拉巴, 又要定出另一条路, 使刀临到犹大, 攻击坚固城耶路撒冷。
21 因为巴比伦王站在分叉路口, 在两条路口上占卜、摇签、求问神像, 察看动物的肝。
22 他右手中拿着耶路撒冷的签, 要在那里架起攻城锤, 下令屠杀, 扬声吶喊; 架起攻城锤, 攻打城门; 筑起土垒, 建造围城的高墙。
23 在那些曾经向巴比伦起誓效忠的犹大人看来, 这是虚假的占卜, 但巴比伦王要使他们想起自己的罪孽, 把他们掳去。
24 因此, 主耶和华这样说: ‘你们的过犯显露, 你们的罪在你们的一切行为上给人看见; 以致你们的罪孽被想起。你们既被想起, 就要被人用手掳去。
25 你这该死、邪恶的以色列王啊! 你的日子到了, 最后惩罚的时刻到了。’
26 主耶和华这样说: ‘你当除去头巾, 脱下冠冕! 现在情形不同了, 卑微的要升高, 位高的要降卑!
27 倾覆, 倾覆, 我要倾覆这国, 这国不再存在, 直等到那统治的人来到, 我就把国赐给他。’
28 "人子啊! 你要说预言: 论到亚扪人和他们的侮辱, 主耶和华这样说: ‘你要说: 有一把刀, 有一把刀拔出来, 是为要杀戮; 擦亮, 是为要毁灭, 为要闪烁发光。
29 人为你所见的异象是虚假的, 为你所占的卜是虚谎的, 使你倒在该死的恶人的颈项上; 他们受惩罚的日子到了, 最后惩罚的时刻到了。
30 收刀入鞘吧! 我必在你被造之地, 根源之处, 审判你。
31 我必把我的忿怒倒在你身上, 把我的怒火喷在你身上, 又把你交在那些惯于毁灭的野蛮人手中。
32 你必当作燃料被火焚烧; 你的血要流在你的国中; 你必不再被记念, 因为这是我耶和华说的。’"