1 En in die twaalfde jaar, in die twaalfde maand, op die eerste van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

2 Mensekind, hef 'n klaaglied aan oor Farao, die koning van Egipte, en sê vir hom: Jong leeu onder die volke, verlore is jy! En jy was soos 'n draak in die groot water, en jy het uitgebreek in jou strome en die waters geroer met jou pote en die strome daarvan troebel gemaak.

3 So sê die Here HERE: So sal Ek dan my net oor jou uitsprei deur 'n vergadering van baie volke, en hulle sal jou optrek in my vangnet.

4 Dan sal Ek jou neerwerp op die land, jou wegslinger op die oop veld; en Ek sal al die voëls van die hemel op jou laat sit en die wilde diere van die hele aarde aan jou versadig.

5 En Ek sal jou vlees weggee op die berge en die dale vol maak met jou hoogheid.

6 En Ek sal jou stroomland natmaak met jou bloed tot by die berge; en die klowe sal vol word van jou.

7 En as Ek jou uitblus, sal Ek die hemel oordek en sy sterre verdonker; Ek sal die son met wolke oordek, en die maan sal sy lig nie laat skyn nie.

8 Al die skynende ligte aan die hemel, die sal Ek om jou ontwil duister maak, en Ek sal duisternis gee oor jou land, spreek die Here HERE.

9 En Ek sal die hart van baie volke bekommerd maak as Ek jou verbreking onder die nasies uitbring, na lande wat jy nie geken het nie.

10 En Ek sal maak dat baie volke oor jou verstom staan en hulle konings sal oor jou gril van skrik as Ek my swaard voor hulle swaai; en hulle sal elke oomblik sidder, elkeen vir sy lewe, op die dag van jou val.

11 Want so sê die Here HERE: Die swaard van die koning van Babel sal oor jou kom.

12 Ek sal jou menigte laat val deur swaarde van helde -- die geweldigste nasies, hulle almal; en hulle sal die prag van Egipte verwoes, en sy hele menigte sal verdelg word.

13 En Ek sal al sy vee laat omkom by die groot waters; en geen mensevoet sal dit weer laat roer nie en geen dier se kloue dit troebel maak nie.

14 Dan sal Ek hulle waters laat besink en hulle riviere laat vloei soos olie, spreek die Here HERE.

15 As Ek Egipteland 'n wildernis maak en die land woes lê, van sy volheid beroof, as Ek almal wat daarin woon, verslaan het, dan sal hulle weet dat Ek die HERE is.

16 'n Klaaglied is dit, en hulle moet dit sing; die dogters van die nasies moet dit sing; hulle moet dit sing oor Egipte en oor sy hele menigte, spreek die Here HERE.

17 En in die twaalfde jaar, op die vyftiende van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

18 Mensekind, weeklaag oor die menigte van Egipte, en laat hulle neerdaal hy met die dogters van geweldige nasies in die onderste plekke van die aarde, by die wat in die kuil neergedaal het.

19 Bo wie is jy skoon? Daal af, en laat jou neerlê by die onbesnedenes.

20 Onder die wat deur die swaard verslaan is, sal hulle val; die swaard is aangegee; trek hom weg saam met sy hele menigte.

21 Die magtigste helde sal hom, met sy helpers, toespreek uit die doderyk uit: Hulle het neergedaal, hulle lê daar -- die onbesnedenes, verslaan deur die swaard.

22 Daar is Assur en sy hele menigte; hulle grafte is rondom hom; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard;

23 wie se grafte gemaak is in die uithoeke van die kuil, en sy menigte is rondom sy graf; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard, hulle wat skrik versprei het in die land van die lewendes.

24 Daar is Elam en sy hele menigte rondom sy graf; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard, hulle wat onbesnede neergedaal het in die onderste plekke van die aarde, wat skrik voor hulle versprei het in die land van die lewendes en nou hulle skande dra by die wat in die kuil neergedaal het.

25 Onder die wat verslaan is, het hulle vir hom 'n bed gemaak saam met sy hele menigte; rondom hom is hulle grafte; hulle is almal onbesnede, verslaan deur die swaard, omdat skrik voor hulle versprei is in die land van die lewendes; en nou dra hulle hul skande by die wat in die kuil neergedaal het. Onder die wat verslaan is, is hy neergelê.

26 Daar is Meseg-Tubal en sy hele menigte; rondom hom is hulle grafte; hulle is almal onbesnede, verslaan deur die swaard, omdat hulle skrik voor hulle versprei het in die land van die lewendes.

27 Maar hulle lê nie by die helde wat geval het uit die onbesnedenes, wat na die doderyk neergedaal het saam met hulle oorlogswapens en wie se swaarde onder hulle hoofde gesit is nie; wie se ongeregtighede nogtans op hulle gebeente is, omdat die skrik vir die helde in die land van die lewendes was.

28 Jy sal ook verbreek word onder die onbesnedenes, en jy sal lê by die wat deur die swaard verslaan is.

29 Daar is Edom, sy konings en al sy vorste, wat ondanks hulle dapperheid neergelê is by die wat verslaan is deur die swaard; hulle lê by die onbesnedenes en by die wat in die kuil neergedaal het.

30 Daar is die vorste van die Noorde, hulle almal, en al die Sidoniërs wat neergedaal het saam met die wat verslaan is, en beskaamd staan ondanks die skrik deur hulle verwek vanweë hulle dapperheid; en nou lê hulle onbesnede by die wat verslaan is deur die swaard, en dra hulle skande by die wat in die kuil neergedaal het.

31 Farao sal hulle sien en hom troos oor sy hele menigte; deur die swaard verslaan is Farao en sy hele leër, spreek die Here HERE.

32 Want Ek het skrik vir hom versprei in die land van die lewendes; daarom sal hy neergelê word onder die onbesnedenes, by die wat verslaan is deur die swaard -- Farao en sy hele menigte, spreek die Here HERE.

1 十二年十二月初一日, 耶和华的话临到我说:

2 "人子啊! 你要为埃及王法老作一首哀歌, 对他说: ‘你像列国中的少壮狮子, 又像海中的海怪, 你在河中翻腾, 用你的爪搅动河水, 使江河浑浊。

3 主耶和华这样说: 我必用多国的群众, 把我的网撒在你身上, 他们必用我的网把你拉上来。

4 我必把你丢弃在地上, 拋掷在田野, 使空中的飞鸟都住在你身上, 使地上所有的野兽都吃你而得饱足。

5 我必把你的肉丢在山上, 把你高大的尸体填满山谷。

6 我必用你流出的血浇灌地面, 直到山上, 水沟都必充满你的血。

7 我毁灭你的时候, 必把天遮蔽, 使天上的星昏暗, 用密云遮盖太阳; 月亮也必不发光。

8 我必使天上所有的光体都在你以上变为昏暗; 我必使黑暗笼罩你的地; 这是主耶和华的宣告。

9 我使你在列国中灭亡的消息, 传到你所不认识的列邦的时候, 我必使万族的心感到不安。

10 我在他们面前向你挥动刀剑的时候, 他们必因你惊骇, 他们的君王也必因你非常恐慌; 在你倾覆的日子, 他们各人都必为自己的性命时刻战兢。

11 "‘主耶和华这样说: 巴比伦王的刀必临到你。

12 我必借着勇士的刀使你的众民倒下, 这些勇士都是列国中最强横的人。他们必毁灭埃及所夸耀的; 埃及的众民都必消灭。

13 我必从众水的旁边, 除灭埃及所有的牲畜; 人的脚必不再搅浊这些水, 牲畜的蹄也不这样作。

14 那时, 我必使众水澄清, 使江河的水像油一样缓流; 这是主耶和华的宣告。

15 我使埃及地荒凉, 使这地失去它所充满的, 又击杀其中所有的居民。那时, 他们就知道我是耶和华。

16 这就是人为埃及所唱的哀歌, 列国的女子必唱这哀歌; 她们必为埃及和它的众民唱这哀歌。这是主耶和华的宣告。’"

17 十二年十二月十五日, 耶和华的话临到我说:

18 "人子啊! 你要为埃及的众民哀号, 要把埃及和强国的女子, 与下坑的人一同送到地府那里。

19 你要对埃及说: ‘你比谁更优越呢?你下去与那些没有受割礼的人一起长眠吧! ’

20 他们必倒在那些被刀所杀的人中间; 刀既拔出, 埃及和它的众民都要被拉下去。

21 勇士中最强的必在阴间论到埃及和帮助埃及的说: ‘他们已经下来了, 他们与没有受割礼的, 就是被刀所杀的人, 一起长眠。’

22 "亚述和它的军队都在那里; 他们的坟墓在它周围; 他们都是被杀死的, 是倒在刀下的。

23 他们的坟墓是放在坑中极深之处, 亚述的众军都在它坟墓的周围, 全是被杀死的, 是倒在刀下的; 他们曾使惊恐散布在活人之地。

24 "以拦也在那里, 它的众民都在它坟墓的周围, 全是被杀死的, 是倒在刀下的; 他们没有受割礼而下到地府去; 他们曾使惊恐散布在活人之地, 现在他们与下坑的人一同担当自己的羞辱。

25 在被杀的人中, 有床为它和它的众民安设; 他们的坟墓都在它周围; 他们都是没有受割礼的, 是被刀所杀的; 他们曾使惊恐散布在活人之地。现在他们与下坑的人一同担当自己的羞辱; 以拦被安置在被杀的人中间。

26 "米设、土巴和它们所有的人民都在那里; 他们的坟墓都在米设和土巴的周围; 他们都是没有受割礼的, 是被刀所杀的; 他们曾使惊恐散布在活人之地。

27 他们不都是与那些没有受割礼而倒毙的勇士一起长眠吗?这些勇士都带着兵器下到阴间, 刀剑都放在自己的头下。他们的罪孽是在自己的骨头上。他们曾使惊恐散布在活人之地。

28 法老啊! 至于你, 你必在没有受割礼的人中被毁灭, 与那些被刀所杀的人一起长眠。

29 "以东也在那里, 以东的众王和所有首领虽然英勇, 还是与被刀所杀的人列在一起。他们必与没有受割礼而下坑的人一起长眠。

30 "在那里有北方的众首领和所有西顿人; 他们都与被杀死的人一同下去, 他们虽然英勇, 使人惊恐, 还是蒙受了羞辱; 他们没有受割礼而与那些被刀所杀的人一起长眠, 与那些下坑的人一同担当羞辱。

31 "法老看见他们, 就必为被刀所杀的众民, 就是法老自己和他的全军, 得了安慰。这是主耶和华的宣告。

32 虽然我任凭法老使惊恐散布在活人之地, 他和他的众民必在没有受割礼的人中, 与被刀所杀的人一起长眠。这是主耶和华的宣告。"