1 Toe het hy my teruggebring na die buitenste poort van die heiligdom wat na die ooste kyk; en dit was gesluit.

2 En die HERE het vir my gesê: Hierdie poort moet toegesluit bly, dit mag nie oopgemaak word nie, en niemand mag daardeur ingaan nie, omdat die HERE, die God van Israel, daardeur ingegaan het; daarom moet dit gesluit bly.

3 Wat betref die vors, hy moet as vors daarin sit om brood te eet voor die aangesig van die HERE; van die voorportaal van die poort af moet hy ingaan en op dieselfde weg daar uitgaan.

4 Daarop het hy my gebring na die noordpoort, aan die voorkant van die huis; ek kyk toe en sien dat die heerlikheid van die HERE die huis van die HERE vervul; toe het ek op my aangesig geval.

5 En die HERE het vir my gesê: Mensekind, gee ag daarop en kyk met jou oë en hoor met jou ore alles wat Ek jou sal sê aangaande al die verordeninge van die huis van die HERE en al die wette daarvan; en gee ag op die ingang in die huis deur al die uitgange van die heiligdom.

6 En sê aan die wederstrewiges, aan die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Laat dit genoeg wees met al julle gruwels, o huis van Israel!

7 Omdat julle uitlanders ingebring het, onbesnedenes van hart en onbesnedenes van vlees, om in my heiligdom te wees, om dit, my huis, te ontheilig; toe julle my brood, vet en bloed gebring, en hulle my verbond verbreek het by al julle gruwels.

8 En julle het die diens van my heilige gawes nie waargeneem nie, maar het hulle aangestel om my diens in my heiligdom vir julle waar te neem.

9 So sê die Here HERE: Geen uitlander, onbesnede van hart en onbesnede van vlees, mag in my heiligdom ingaan, van al die uitlanders wat onder die kinders van Israel is nie.

10 Maar die Leviete wat ver van My afgewyk het by die afdwaling van Israel, wat van My af weggedwaal het agter hulle drekgode aan, hulle moet hul ongeregtigheid dra:

11 hulle moet dienaars wees in my heiligdom, as wagte by die poorte van die huis en bedienaars van die huis; hulle moet die brandoffer en die slagoffer vir die volk slag en voor hulle staan om hulle te dien.

12 Omdat hulle hul gedien het voor hulle drekgode en vir die huis van Israel 'n struikelblok tot ongeregtigheid was, daarom het Ek my hand teen hulle opgehef, spreek die Here HERE, sodat hulle hul ongeregtigheid moet dra.

13 En hulle mag nie nader kom na My toe om die priesteramp vir My te bedien nie en om nader te kom na al my heilige gawes, na die hoogheilige gawes nie; maar hulle moet hul skande dra en hul gruwels wat hulle bedryf het.

14 Dus sal Ek hulle aanstel om die diens van die huis waar te neem, vir die hele bediening daarvan en vir alles wat daarin gedoen moet word.

15 Maar die Levitiese priesters, die kinders van Sadok, wat die diens van my heiligdom waargeneem het toe die kinders van Israel van My af weggedwaal het, hulle moet na My toe nader kom om My te dien en voor my aangesig staan om aan My die vet en die bloed te offer, spreek die Here HERE.

16 Hulle moet in my heiligdom ingaan, en hulle moet na my tafel toe nader kom om My te dien en my diens waarneem.

17 En as hulle na die poorte van die binneste voorhof ingaan, moet hulle linneklere aantrek; maar wol mag op hulle nie kom as hulle dien in die poorte van die binneste voorhof en daar binnekant nie.

18 Linne-hoofversiersels moet op hulle hoof wees en linnebroeke moet aan hulle heupe wees; hulle mag hul nie gord met iets wat laat sweet nie.

19 En as hulle uitgaan na die buitenste voorhof, na die buitenste voorhof na die volk toe, moet hulle hul klere uittrek waar hulle in gedien het, en dit neersit in die heilige kamers, en hulle moet ander klere aantrek, sodat hulle die volk nie heilig maak met hul klere nie.

20 En hulle moet hul hoof nie kaal skeer of die hare lank laat groei nie; behoorlik moet hulle hul hoofde skeer.

21 Ook mag geen priester wyn drink as hy in die binneste voorhof ingaan nie.

22 Ook mag hulle geen weduwee of een wat verstoot is, vir hulle as vrou neem nie; maar jongmeisies uit die geslag van die huis van Israel of 'n weduwee wat deur 'n priester as weduwee agtergelaat is, mag hulle neem.

23 En hulle moet my volk die onderskeid leer tussen wat heilig en onheilig is, en hulle bekend maak die onderskeid tussen wat onrein en rein is.

24 En oor 'n regsaak moet hulle optree om reg te spreek, volgens my verordeninge moet hulle dit uitoefen; en hulle moet my wette en my insettinge hou op al my feestye en my sabbatte heilig.

25 En hy mag by 'n lyk nie kom, sodat hy onrein word nie; net maar aan 'n vader of 'n moeder of 'n seun of 'n dogter, aan 'n broer of 'n suster wat nie aan 'n man toebehoort nie, mag hulle hul verontreinig.

26 En n sy reiniging moet hulle vir hom sewe dae tel.

27 En op die dag as hy in die heiligdom ingaan, in die binneste voorhof, om in die heiligdom te dien, moet hy sy sondoffer bring, spreek die Here HERE.

28 En dit sal vir hulle 'n erfdeel wees: Ek is hulle erfdeel; en julle mag aan hulle geen besitting in Israel gee nie: Ek is hulle besitting.

29 Die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer, die moet hulle eet; en alles wat in Israel onder die ban is, moet vir hulle wees.

30 En die beste van al die eerstelinge van alles en elke offergawe van alles, van al julle offergawes, moet vir die priesters wees; ook moet julle die eerstelinge van julle growwe meel aan die priester gee, om 'n seën op jou huis te laat rus.

31 Geen aas of iets wat verskeur is, van voëls of van vee, mag die priesters eet nie.

1 他又领我回到圣所朝东的外门, 这门关闭着。

2 耶和华对我说: "这门必须关闭, 不可打开; 任何人也不得从那里进入; 因为耶和华以色列的 神已经从那里进入, 所以这门必须关闭。

3 只有君王可以坐在里面, 在耶和华面前吃饼; 他必须从门廊进入, 也必须从原路出来。"

4 他又领我经过北门来到殿前; 我观看, 见耶和华的荣耀充满耶和华的殿, 我就脸伏在地。

5 耶和华对我说: "人子啊! 我所告诉你耶和华殿的一切规条和法则, 你都要留心, 用眼看, 用耳听, 并要留心圣殿的入口和圣所的所有出口。

6 你要对悖逆的以色列家说: ‘主耶和华这样说: 以色列家啊! 你们所行一切可憎的事, 该够了吧!

7 你们除了行这一切可憎的事之外, 还在你们把脂肪和血献给我作食物的时候, 把身心都未受割礼的外族人带进我的圣所, 玷污了我的殿, 违背了我的约。

8 你们自己没有看守我的圣物, 却委派别人在我的圣所里代你们看守。’"

9 主耶和华这样说: "以色列人中一切身心都未受割礼的外族人, 都不可进入我的圣所。

10 以色列人走迷了路的时候, 有利未人远离我, 走迷了路。他们离开我去随从他们的偶像, 他们必担当自己的罪孽。

11 他们要在我的圣所作仆役, 看管殿门, 在圣殿中供职; 他们要为人民宰杀燔祭牲和其他祭牲, 又要站在人民面前侍候他们。

12 因为这些利未人曾在他们的偶像前侍候这人民, 成了陷以色列家在罪孽中的绊脚石。因此, 我向他们举手起誓, 他们必要担当自己的罪孽。这是主耶和华的宣告。

13 他们不可亲近我, 作我的祭司, 也不可亲近我的一切圣物, 或至圣之物。他们必要担当自己的羞辱和他们所行可憎之事的报应。

14 然而我要委派他们看守圣殿, 办理圣殿的一切事务, 作一切当作的工。

15 "以色列人走迷了路, 离开我的时候, 有祭司利未人, 就是撒督的子孙, 仍然看守我的圣所; 只有他们可以亲近我, 事奉我, 侍立在我面前, 把脂肪和血献给我。这是主耶和华的宣告。

16 他们可以进入我的圣所, 可以走近我的桌前来事奉我, 守我所吩咐的职责。

17 每逢他们进入内院的门, 必须穿上细麻衣; 每逢他们在内院的门和圣殿里供职, 他们不可穿上羊毛的衣服。

18 他们头上要戴细麻布的头巾, 腰间要穿细麻布的裤子; 不可穿上使身体容易出汗的衣服。

19 每逢他们出到外院民众那里, 就要把供职的衣服脱下, 存放在圣殿的房子里, 然后穿上别的衣服, 免得因自己的圣衣使人民成圣。

20 他们不可剃头, 也不可留长头发, 只可剪短头发。

21 所有祭司进入内院的时候, 都不可喝酒。

22 他们不可娶寡妇或被休的妇人; 只可娶以色列后裔中的处女, 或是祭司留下的寡妇。

23 他们要教导我的子民分别圣俗, 使他们分辨洁净的和不洁净的。

24 他们要在争讼的事上作判断, 要按着我的典章判断。他们要在我所有的节期里谨守我的律法和条例, 守我的安息日为圣日。

25 他们不可接近死人, 玷污自己, 但如果死人是他们的父亲、母亲、儿子、女儿、兄弟或是未嫁的姊妹, 他们就可以玷污自己。

26 祭司洁净以后, 还要再等七天。

27 他进入内院, 到圣所去, 在圣所供职的时候, 他要献上赎罪祭。这是主耶和华的宣告。

28 "祭司必有产业; 我就是他们的产业。你们不可在以色列中给他们基业; 我就是他们的基业。

29 素祭、赎罪祭和赎愆祭, 他们都可以吃。以色列中所有献给耶和华之物, 都要归给他们。

30 所有初熟之物中最好的和你们献上的一切供物, 都要归给祭司; 你们也要把最先磨好的面给祭司, 好让福气临到你的家。

31 无论是飞鸟或是走兽, 凡是自然死的, 或是被撕裂的, 祭司都不可吃。