1 En in die elfde jaar, op die eerste van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

2 Mensekind, omdat Tirus oor Jerusalem geroep het: Ha, ha! die poort van die volke is gebreek, dit is na my toe gedraai; ,k sal vol word, dit is verwoes --

3 daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Tirus! en Ek laat baie nasies teen jou optrek soos die see sy golwe laat optrek.

4 Hulle sal die mure van Tirus verwoes en sy torings afbreek; ja, Ek sal sy puin van hom af wegvee en hom 'n kaal rots maak.

5 Hy sal binne-in die see 'n droogmaakplek van nette wees; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE; en hy sal 'n buit vir die nasies wees.

6 En sy dogters wat op die land is, sal met die swaard gedood word; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.

7 Want so sê die Here HERE: Kyk, Ek laat Nebukadr,sar, die koning van Babel, die koning van die konings, van die noorde af teen Tirus kom, met perde en strydwaens en ruiters en 'n menigte en baie mense.

8 Hy sal jou dogters op die land met die swaard doodmaak en forte teen jou opstel en 'n wal teen jou opwerp en die skilddak teen jou oprig.

9 En hy sal die stoot van sy stormram teen jou mure rig en jou torings met sy breekysters afbreek.

10 Vanweë die menigte van sy perde sal hulle stofwolk jou oordek; jou mure sal bewe vanweë die gedruis van ruiters en wiele en strydwaens as hy deur jou poorte intrek, soos 'n mens indring in 'n stad wat oopgebreek is.

11 Hy sal met die hoewe van sy perde al jou strate vertrap; jou mense sal hy met die swaard doodmaak, en jou trotse klippilare sal op die grond val.

12 En hulle sal jou rykdom buitmaak en jou koopware roof en jou mure afbreek en jou kosbare huise omgooi; en hulle sal jou klippe en jou houte en jou puin in die water slinger.

13 En Ek sal die geruis van jou liedere laat ophou, en die klank van jou siters sal nie meer gehoor word nie.

14 Ja, Ek sal jou 'n kaal rots maak, 'n droogmaakplek van nette sal jy wees en nooit herbou word nie; want Ek, die HERE, het dit gesê, spreek die Here HERE.

15 So sê die Here HERE aan Tirus: Sal die kuslande nie bewe van die geluid van jou val, as die gewondes kerm, as hulle 'n moord in jou aanrig nie?

16 Dan sal al die vorste van die see van hulle trone afklim en hulle mantels afhaal en hulle veelkleurige klere uittrek; met siddering sal hulle beklee word, op die grond sal hulle sit en elke oomblik sidder en oor jou verbaas wees.

17 En hulle sal 'n klaaglied oor jou aanhef en vir jou sê: Hoe het jy vergaan wat bewoon was uit die seë, hoog geroemde stad; wat sterk was deur die see, hy en sy inwoners, wat die skrik vir hulle ingeboesem het by al die kusbewoners.

18 Nou sal die kuslande sidder op die dag van jou val; en die kuslande wat aan die see is, sal verskrik word oor jou uiteinde.

19 Want so sê die Here HERE: As Ek jou 'n verwoeste stad maak, soos die stede wat nie bewoon is nie; as Ek die watervloed oor jou laat opkom en die groot waters jou oordek;

20 dan sal Ek jou laat neerdaal saam met die wat in die kuil neerdaal, na die mense van die voortyd; en Ek sal jou laat woon in die onderste plekke van die aarde, in ewige woestenye, saam met die wat in die kuil neergedaal het, sodat jy nie bewoon word nie; en Ek sal heerlikheid gee in die land van die lewendes.

21 Maar jou sal Ek tot 'n voorwerp van verskrikking maak, en jy sal daar nie wees nie; jy sal gesoek word, maar vir ewig nie meer gevind word nie, spreek die Here HERE.

1 第十一年某月初一日, 耶和华的话临到我说:

2 "人子啊! 因为推罗论到耶路撒冷说: ‘哈哈! 那万族的门已经破坏了, 向我打开了; 我必得丰满, 她却成了荒场! ’

3 所以主耶和华这样说: ‘推罗啊! 我要与你为敌; 我必叫多国上来攻击你, 好像海使波浪涌上来一样。

4 他们必毁坏推罗的城墙, 拆毁它的城楼; 我必刮净它的尘土, 使它成为光滑的磐石。

5 它必在海中作晒网的地方, 因为我已经说了。这是耶和华的宣告。它必成为列国的掠物,

6 那些在陆地居住的推罗人必被刀剑所杀; 然后, 他们就知道我是耶和华。

7 "‘因为主耶和华这样说: 看哪! 我要使诸王之王, 就是巴比伦王尼布甲尼撒, 率领马匹、战车、骑兵和一支大军, 从北方来攻击推罗。

8 他必用刀剑杀戮你那些在陆地居住的人; 他必建造围城的高墙, 筑起土垒, 举起盾牌攻击你。

9 他必用攻城锤攻击你的城墙, 用武器拆毁你的城楼。

10 因为他的马匹众多, 它们扬起的尘土必遮盖你; 他进入你的城门, 好像人进入已有破口的城, 那时, 你的城墙必因骑兵、车轮和战车的响声而震动。

11 他的马蹄必践踏你所有的街道; 他必用刀杀戮你的人民; 你坚固的柱子必倒在地上。

12 他们必掳去你的财富, 以你的货财为掠物; 他们必破坏你的城墙, 拆毁你华丽的房屋, 把你的石头、木头和瓦砾都投在水中。

13 我必使你唱歌的喧声止息; 人也再听不到你的琴声。

14 我必使你成为光滑的磐石; 你必成为晒网的地方; 你必不再被建造, 因为我耶和华已经说了。这是主耶和华的宣告。’

15 "主耶和华对推罗这样说: ‘杀戮在你中间发生, 受伤的人都在唉哼的时候, 众海岛岂不因你倾倒的声音而震动吗?

16 那时所有沿海的君王都必由王座下来, 除去朝服, 脱下刺绣的衣服; 披上战兢, 坐在地上, 不停发抖, 因你而惊骇。

17 他们必为你作一首哀歌说: 你这著名的城, 航海之人的居所, 在海上坚固有力的啊! 你和你的居民素来使惊恐临到所有住在那里的人身上, 你怎么绝了迹呢?

18 现在海岛的居民在你倾倒的日子, 都必战兢; 众海岛因你的毁灭而惊惶。

19 因为主耶和华这样说: 我使你成为荒废的城市, 像没有人居住的城镇; 我使深渊的水上升漫过你, 使大水淹没你,

20 那时, 我要使你与那些下到阴府的人一起, 下到古时的人那里去; 我要使你住在地的深处, 就是住在久而荒废之地, 与那些下到阴府的人在一起, 以致你不再在活人的境界重现("不再在活人的境界重现", 这译法参考古译本, 原文作"不再返回, 我却要在活人境地显出荣耀")。

21 我必使你遭遇可怕的灾祸, 你就不再存在了; 人虽然寻找你, 却永不再寻得着。这是主耶和华的宣告。’"