1 En in die sewende jaar, in die vyfde maand, op die tiende van die maand, het daar manne uit die oudstes van Israel gekom om die HERE te raadpleeg; en hulle het voor my gaan sit.
2 Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
3 Mensekind, spreek met die oudstes van Israel en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kom julle om My te raadpleeg? So waar as Ek leef, gewis, Ek laat my deur julle nie raadpleeg nie, spreek die Here HERE.
4 Wil jy hulle oordeel, wil jy oordeel, mensekind? Maak hulle dan die gruwels van hulle vaders bekend,
5 en sê aan hulle: So spreek die Here HERE: Die dag toe Ek Israel uitverkies het, het Ek my hand opgehef vir die geslag van die huis van Jakob en My aan hulle bekend gemaak in Egipteland; ja, Ek het my hand vir hulle opgehef en gesê: Ek is die HERE julle God.
6 Op die dag het Ek my hand vir hulle opgehef, om hulle uit Egipteland uit te lei na 'n land wat Ek vir hulle uitgesoek het, wat oorloop van melk en heuning -- 'n sieraad is dit van al die lande.
7 En Ek het aan hulle gesê: Gooi weg, elkeen die verfoeisels van sy oë, en verontreinig julle nie met die drekgode van Egipte nie: Ek is die HERE julle God.
8 Maar hulle was wederstrewig teen My en wou na My nie luister nie; niemand het die verfoeisels van sy oë weggegooi of die drekgode van Egipte laat staan nie. Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid oor hulle sal uitgiet, om my toorn teen hulle te laat uitwoed in Egipteland.
9 Maar Ek het gehandel ter wille van my Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van die nasies onder wie hulle gewees het nie, voor wie se oë Ek My bekend gemaak het aan hulle, om hulle uit Egipteland uit te lei.
10 En Ek het hulle uit Egipteland uitgelei en hulle in die woestyn gebring.
11 En Ek het hulle my insettinge gegee en my verordeninge aan hulle bekend gemaak, wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe.
12 Daarby het Ek ook my sabbatte aan hulle gegee om 'n teken te wees tussen My en hulle, dat hulle kan weet dat dit Ek, die HERE, is wat hulle heilig.
13 Maar die huis van Israel was wederstrewig teen My in die woestyn; hulle het nie in my insettinge gewandel nie en my verordeninge verwerp, wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe; en my sabbatte het hulle baie ontheilig. Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid oor hulle sal uitgiet in die woestyn om hulle te vernietig.
14 Maar Ek het gehandel ter wille van my Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van die nasies voor wie se oë Ek hulle uitgelei het nie.
15 So het Ek dan ook my hand vir hulle opgehef in die woestyn, dat Ek hulle nie sou bring in die land wat Ek aan hulle gegee het nie, wat oorloop van melk en heuning -- 'n sieraad is dit van al die lande;
16 omdat hulle my verordeninge verwerp het en in my insettinge nie gewandel het nie en my sabbatte ontheilig het; want hulle hart het agter hul drekgode aan geloop.
17 Maar my oog het hulle verskoon, sodat Ek hulle nie verdelg het nie en geen einde aan hulle gemaak het in die woestyn nie.
18 Maar Ek het aan hulle kinders in die woestyn gesê: Wandel nie in die insettinge van julle vaders nie en onderhou nie hulle verordeninge nie en verontreinig julle nie met hulle drekgode nie.
19 Ek is die HERE julle God; wandel in my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit.
20 En heilig my sabbatte; en hulle sal 'n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek die HERE julle God is.
21 Maar die kinders was wederstrewig teen My: hulle het nie gewandel in my insettinge en my verordeninge nie onderhou om dit te doen nie -- wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe; hulle het my sabbatte ontheilig. Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid oor hulle sal uitgiet, om my toorn te laat uitwoed teen hulle in die woestyn.
22 Maar Ek het my hand teruggetrek en gehandel ter wille van my Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van die nasies voor wie se oë Ek hulle uitgelei het nie.
23 Tog het Âk my hand vir hulle opgehef in die woestyn, dat Ek hulle sal versprei onder die nasies en hulle sal verstrooi in die lande;
24 omdat hulle my verordeninge nie gehou het nie, maar my insettinge verwerp het en my sabbatte ontheilig het en hulle oë agter die drekgode van hulle vaders aan was.
25 So het Âk dan ook aan hulle insettinge gegee wat nie goed was nie, en verordeninge waardeur hulle nie sou lewe nie.
26 En Ek het hulle verontreinig deur hulle offergawes, omdat hulle deur die vuur laat deurgaan het alles wat die moederskoot open; sodat Ek hulle kon vernietig, dat hulle sou weet dat Ek die HERE is.
27 Daarom, mensekind, spreek met die huis van Israel en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Verder het julle vaders My in hierdie saak smaadheid aangedoen, dat hulle troubreuk teen My begaan het:
28 toe Ek hulle in die land gebring het waaroor Ek my hand opgehef het om dit aan hulle te gee, het hulle uitgekyk na al die hoë heuwels en al die digte bome, en hulle het daar hul offers geslag en daar hul aanstootlike offergawe gegee en daar hul lieflike offergeur gebring en daar hul drankoffers uitgegiet.
29 Toe het Ek aan hulle gesê: Wat is dit vir 'n hoogte waarheen julle gaan? En hulle het dit Hoogte genoem tot vandag toe.
30 Daarom, sê aan die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Wat? Julle is verontreinig in die weg van julle vaders, en julle hoereer agter hulle verfoeisels aan;
31 ja, deur die aanbieding van julle offergawes, deur julle seuns deur die vuur te laat gaan, is julle verontreinig met al jul drekgode tot vandag toe -- en sou Ek My deur julle laat raadpleeg, o huis van Israel? So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, Ek laat My deur julle nie raadpleeg nie!
32 En wat in julle gees opgeklim het, sal sekerlik nie gebeur nie -- dat julle sê: Ons wil soos die nasies, soos die geslagte van die lande wees, deur hout en klip te dien.
33 So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, Ek sal gewis met 'n sterke hand en met 'n uitgestrekte arm en met uitgestorte grimmigheid oor julle regeer.
34 En Ek sal julle uit die volke uitlei en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, deur 'n sterke hand en deur 'n uitgestrekte arm en deur uitgestorte grimmigheid.
35 En Ek sal julle bring in die woestyn van die volke, en Ek sal daar met julle in die gerig tree van aangesig tot aangesig.
36 Soos Ek met julle vaders in die woestyn van Egipteland in die gerig getree het, so sal Ek met julle in die gerig tree, spreek die Here HERE.
37 En Ek sal julle onder die herderstaf laat deurgaan en julle bring in die band van die verbond.
38 En Ek sal uit julle afsonder die wat opstandig is en teen My oortree; Ek sal hulle uit die land van hul vreemdelingskap uitlei, maar hulle sal in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
39 Maar julle, o huis van Israel, so sê die Here HERE: Gaan weg en dien elkeen sy drekgode; maar hiern -- sekerlik sal julle na My luister en my heilige Naam nie meer ontheilig met julle offergawes en julle drekgode nie.
40 Want op my heilige berg, op die verhewe berg van Israel, spreek die Here HERE, daar sal die hele huis van Israel, hulle almal, My dien in die land; daar sal Ek 'n behae in hulle hê en daar sal Ek julle offergawes eis en die eerstelinge van julle aanbiedinge by al julle heilige gawes.
41 As 'n lieflike geur sal Ek 'n behae in julle hê wanneer Ek julle uit die volke uitlei en julle uit die lande versamel waarin julle verstrooi was, en Ek sal My in julle as die Heilige laat ken voor die oë van die nasies.
42 En julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek julle in die land van Israel bring, in die land waar Ek my hand oor opgehef het om dit aan julle vaders te gee.
43 Daar sal julle dan dink aan julle weë en al julle handelinge waarmee julle jul verontreinig het, en julle sal vir julself walglik wees vanweë al jul slegte dinge wat julle gedoen het.
44 En julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek met julle handel ter wille van my Naam en nie volgens julle verkeerde weë of julle verdorwe handelinge nie, o huis van Israel, spreek die Here HERE.
45 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
46 Mensekind, rig jou aangesig na die suide en laat jou rede druppel teen die suide en profeteer teen die bosveld, die Suidland,
47 en sê aan die bos van die Suidland: Hoor die woord van die HERE: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek steek 'n vuur in jou aan wat in jou elke groen boom en elke droë boom sal verteer; die uitslaande vlam sal nie uitgeblus word nie, maar daardeur sal alle aangesigte verbrand word van die Suidland af tot die noorde toe;
48 en alle vlees sal sien dat Ek, die HERE, dit aangesteek het; dit sal nie uitgeblus word nie.
49 Toe sê ek: Ag, Here HERE, hulle sê vir my: Spreek hy nie altyd in gelykenisse nie?
1 第七年五月十日, 有几个以色列的长老来求问耶和华, 他们坐在我的面前。
2 耶和华的话临到我说:
3 "人子啊! 你要告诉以色列的长老, 对他们说: ‘主耶和华这样说: 你们来求问我吗?我指着我的永生起誓, 我必不让你们求问我。这是主耶和华的宣告。’
4 人子啊, 你要审问他们吗?要审问他们吗?你要使他们知道他们列祖那些可憎的事,
5 对他们说: ‘主耶和华这样说: 在我拣选以色列的日子, 我向雅各家的后裔举手起誓, 又在埃及地向他们显现。我向他们举手起誓说: 我是耶和华你们的 神。
6 那日, 我向他们举手起誓, 要把他们从埃及地领出来, 到我为他们所选定的流奶与蜜之地, 就是万邦中最荣美的地。
7 我对他们说: 你们各人要拋弃你们眼中那些可憎的像, 不可因埃及的偶像玷污自己: 我是耶和华你们的 神。
8 但是他们背叛了我, 不肯听从我; 他们各人没有拋弃他们眼中那些可憎的像, 没有离弃埃及的偶像。"’那时我说, 我要把我的烈怒倾倒在他们身上, 在埃及地向他们完全发尽我的怒气。
9 然而我为了我名的缘故没有这样作, 免得我的名在他们寄居的列国的人眼中被亵渎, 我把他们从埃及地领出来, 在列国的人眼前向他们显现。
10 "‘这样我把他们从埃及地领了出来, 带到旷野。
11 我把我的律例赐给他们, 把我的典章指示他们; 人如果遵行, 就必因此活着。
12 我又把我的安息日赐给他们, 作我与他们之间的凭据, 使他们知道我是使他们分别为圣的耶和华。
13 可是以色列家在旷野背叛了我, 没有遵行我的律例, 弃绝了我的典章(人如果遵行这些, 就必因此活着), 大大亵渎了我的安息日, 那时我说我要把我的烈怒倒在他们身上, 在旷野把他们灭绝。
14 然而我为了我名的缘故没有这样作, 免得我的名在列国的人眼中被亵渎; 我曾在他们眼前把以色列人领出来。
15 我在旷野也曾经向他们举手起誓, 必不领他们到我赐给他们的流奶与蜜之地, 就是万邦中最荣美的地。
16 因为他们弃绝了我的典章, 没有遵行我的律例, 亵渎了我的安息日; 他们的心随从自己的偶像。
17 虽然这样, 我的眼还是顾惜他们, 不毁灭他们; 我没有在旷野把他们灭绝。
18 "‘我在旷野对他们的儿女说: 不要遵行你们祖先的律例, 不要谨守他们的典章, 也不要因他们的偶像玷污自己。
19 我是耶和华你们的 神; 你们要遵行我的律例, 谨守我的典章, 把它们实行出来。
20 你们要把我的安息日分别为圣, 作我与你们之间的凭据, 使你们知道我是耶和华你们的 神。
21 可是他们的儿女背叛了我, 没有遵行我的律例, 也没有谨守实行我的典章(人如果遵行这些律例典章, 就必因此活着), 亵渎了我的安息日; 那时我说我要把我的烈怒倒在他们身上, 在旷野向他们发尽我的怒气。
22 然而我为了我名的缘故缩手, 没有这样作, 免得我名在列国的人眼中被亵渎; 我曾在他们眼前把以色列人领出来。
23 我在旷野也曾经向他们举手起誓, 要把他们分散在列国, 四散在万邦;
24 因为他们没有遵守我的典章, 弃绝了我的律例, 亵渎了我的安息日, 他们的眼目注视着他们祖先的偶像。
25 因此, 我也把不好的律例和不能借以存活的典章赐给他们;
26 他们使所有头生的都经火作供物, 所以我让他们玷污自己, 好叫他们惊惶, 知道我是耶和华。’
27 "因此, 人子啊! 你要告诉以色列家, 对他们说: ‘主耶和华这样说: 你们的列祖在对我不忠的这事上亵渎了我。
28 我领他们到了我曾经举手起誓要赐给他们的那地, 他们看见各高山和茂盛的树林, 就在那里献祭, 在那里奉上惹我发怒的供物, 也在那里献上馨香的祭, 并且在那里浇上他们的奠祭。’
29 我问他们: ‘你们所去的那高处是什么地方?’于是那高处的名字叫巴麻, 直到今日。
30 因此, 你要对以色列家说: ‘主耶和华这样说: 你们还照着你们祖先所行的玷污自己吗?仍随着他们可憎的偶像行邪淫吗?
31 你们奉上供物, 使你们的儿子经火, 用你们的一切偶像玷污自己, 直到今日。以色列家啊, 我怎能让你们向我求问呢?主耶和华说: 我指着我的永生起誓: 我决不让你们向我求问。这是主耶和华的宣告。
32 你们说: 我们要像列国的人, 像列邦的各族一样去事奉木头和石头。你们心里所起的这意念, 必不能成就。
33 "‘我指着我的永生起誓: 我必用大能的手, 伸出来的膀臂, 以及倒出来的烈怒, 统治你们。这是主耶和华的宣告。
34 我必用大能的手, 伸出来的膀臂, 以及倒出来的烈怒, 把你们从万族中领出来, 从你们所分散到的列邦招聚你们。
35 我要把你们带到万族的旷野, 在那里当面审判你们。
36 我怎样在埃及地的旷野审判你们的祖先, 也必怎样审判你们。这是主耶和华的宣告。
37 我必使你们从牧人的杖下经过, 使你们进入盟约的约束。
38 我必从你们中间除净那些背叛和得罪我的人, 我虽把他们从寄居之地领出来, 可是他们不得进入以色列地; 这样, 你们就知道我是耶和华。
39 以色列家啊, 至于你们, 主耶和华这样说: 你们各人去事奉自己的偶像吧! 只是将来你们必要听从我, 不可再以你们的供物和偶像亵渎我的圣名。
40 在我的圣山, 就是在以色列的高山, 以色列全家所有的人都要在那地事奉我; 我要在那里悦纳他们; 在那里向你们要举祭和初熟的土产, 以及一切圣物。这是主耶和华的宣告。
41 我从万族中把你们领出来, 从你们所分散到的列邦召集你们的时候, 我必悦纳你们, 好像悦纳馨香的祭一样。我要在列国的人眼前, 在你们中间显为圣。
42 我领你们进入以色列地, 就是进入我曾经举手起誓要赐给你们祖先的地以后, 你们就知道我是耶和华。
43 在那里你们要想起你们玷污自己的所作所为, 又要为了自己所行的一切恶事而厌恶自己。
44 以色列家啊! 为了我名的缘故, 我没有照着你们的恶行和败坏的行为待你们, 这样, 你们就知道我是耶和华。这是主耶和华的宣告。’"
45 耶和华的话临到我说:
46 "人子啊! 你要面向南方, 向南面发言, 说预言攻击南地田野的树林,
47 对南地的树林说: ‘你要听耶和华的话, 主耶和华这样说: 看哪! 我要在你中间点起火来, 吞灭你中间所有青绿和枯干的树; 猛烈的火焰必不熄灭; 从南到北遍地都要烧焦。
48 所有的人都必看见是我耶和华使这火燃起来; 这火必不熄灭。’"
49 于是我说: "啊, 主耶和华啊! 人都指着我说: ‘这人不是在说比喻吗?’"(本章第45-49节在《马索拉抄本》为21:1-5)