1 Jy dan, my seun, wees sterk deur die genade wat in Christus Jesus is;

2 en wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer.

3 Ly dan verdrukking soos 'n goeie krygsman van Jesus Christus.

4 Niemand wat 'n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir die diens gewerf het.

5 En verder, as iemand aan 'n wedstryd deelneem, word hy nie bekroon as hy nie volgens die reëls gewedywer het nie.

6 Die landbouer wat swaar werk, behoort eerste van die vrugte te geniet.

7 Dink na oor wat ek sê; en mag die Here jou insig gee in alles!

8 Onthou dat Jesus Christus, uit die geslag van Dawid, uit die dode opgewek is volgens my evangelie,

9 waarin ek verdrukking ly tot die boeie toe soos 'n kwaaddoener; maar die woord van God is nie gebonde nie.

10 Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid.

11 Dit is 'n betroubare woord; want as ons met Hom gesterf het, sal ons ook met Hom lewe.

12 As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën.

13 As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie.

14 Herinner aan hierdie dinge en betuig voor die Here dat hulle geen woordestryd moet voer wat tot geen nut is nie, maar net tot ondergang van die hoorders.

15 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as 'n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

16 Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid,

17 en hulle woord sal voortwoeker soos 'n kanker, onder wie daar Himen,s en Fil,tus is,

18 wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.

19 Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.

20 Maar in 'n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en erdewerk; en sommige tot eer, maar ander tot oneer.

21 As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy 'n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk.

22 Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag n geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.

23 En die dwase en onverstandige strydvrae moet jy afwys, omdat jy weet dat dit twis verwek;

24 en 'n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.

25 Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie,

26 en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.

1 所以, 我儿啊, 你应当在基督耶稣的恩典里刚强起来,

2 又应当把你在许多见证人面前从我这里听见的, 交托给那些又忠心又能够教导别人的人。

3 你应当和我同受磨难, 好像基督耶稣的精兵。

4 当兵的人不让世务缠身, 为要使那招兵的人欢喜。

5 竞赛的人若不遵守规则, 就不能得冠冕。

6 劳力的农夫理当先尝果实。

7 你要想想我的话, 因为凡事主必给你领悟力。

8 你要记得那从死人中复活的耶稣基督, 他是大卫的后裔所生的, 这就是我所传的福音。

9 我为了这福音受了磨难, 甚至像犯人一样被捆绑起来; 可是, 神的话却不被捆绑。

10 因此, 我为了选民忍受一切, 好叫他们也可以得着在基督耶稣里的救恩, 和永远的荣耀。

11 "我们若与基督同死, 就必与他同活;

12 我们若能坚忍, 就必与他一同作王; 我们若不认他, 他必不认我们;

13 我们纵然不信, 他仍然是信实的, 因为他不能否定自己。"这话是可信的。

14 你要在 神面前把这些事提醒众人, 叮嘱他们不要作无益的争辩; 这只能败坏听见的人。

15 你应当竭力在 神面前作一个蒙称许、无愧的工人, 正确地讲解真理的道。

16 总要远避世俗的空谈, 因为这些必会引人进到更不敬虔的地步。

17 他们的话好像毒瘤一样蔓延; 他们当中有许米乃和腓理徒。

18 他们偏离了真道, 说复活的事已经过去了, 于是毁坏了一些人的信心。

19 然而, 神坚固的根基已经立定, 上面刻着这样的印: "主认识属于他的人"和"凡称呼主名的人都应当离开不义"。

20 在富贵人的家里("富贵人的家里"原文作"大房子"), 不但有金器、银器, 也有木器、瓦器; 有贵重的, 也有卑贱的。

21 人若自洁, 离开卑贱的事, 就必作贵重的器皿, 成为圣洁, 合主使用, 预备行各样的善事。

22 你应当逃避年轻人的私欲, 要和那些以清洁的心求告主的人, 一同追求公义、信心、爱心、和平。

23 你要拒绝愚蠢无知的问难; 你知道这些事会引起争论。

24 但主的仆人却不可争论, 总要待人温和, 善于教导, 存心忍耐,

25 以温柔劝导那些对抗的人, 或许 神给他们悔改的心, 可以认识真理。

26 他们虽然曾经被魔鬼掳去, 随从他的意思而行, 或许也能醒悟过来, 脱离魔鬼的陷阱。