1 Godspraak. Die woord van die HERE oor Israel. Die HERE spreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves en die gees van die mens in sy binneste formeer:
2 Kyk, Ek maak Jerusalem vir al die volke rondom tot 'n beker van bedwelming, en ook teen Juda sal dit wees tydens die beleëring teen Jerusalem.
3 En in die dag maak Ek Jerusalem tot 'n baie swaar klip vir al die volke: elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seer maak; en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word.
4 In die dag, spreek die HERE, sal Ek al die perde met verwarring slaan en hulle ruiters met waansin; maar oor die huis van Juda sal Ek my oë oophou, terwyl Ek al die perde van die volke met blindheid slaan.
5 Dan sal die stamhoofde van Juda in hulle hart sê: Die inwoners van Jerusalem is vir my 'n sterkte deur die HERE van die leërskare, hulle God.
6 In die dag sal Ek die stamhoofde van Juda maak soos 'n pan met vuur onder 'n hoop hout en soos 'n brandende fakkel onder gerwe -- hulle sal regs en links al die volke rondom verteer; maar Jerusalem sal nog bewoond wees op sy plek in Jerusalem.
7 En die HERE sal eers die tente van Juda verlos, sodat die roem van die huis van Dawid en die roem van die inwoners van Jerusalem die van Juda nie sal oortref nie.
8 In die dag sal die HERE die inwoners van Jerusalem rondom beskut, en die struikelende onder hulle sal in die dag wees soos Dawid, en die huis van Dawid soos 'n hemelse wese, soos die Engel van die HERE voor hulle uit.
9 Ook sal Ek in die dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te verdelg.
10 Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos 'n mens rouklaag oor 'n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos 'n mens bitterlik ween oor 'n eersgebore kind.
11 In die dag sal die rouklag groot wees in Jerusalem, soos die rouklag van Hadad-Rimmon in die laagte van Megiddo.
12 En die land sal rouklaag by geslagte, elke geslag afsonderlik; die geslag van die huis van Dawid afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die geslag van die huis van Natan afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik;
13 die geslag van die huis van Levi afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die geslag van S¡me‹afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik.
14 Al die ander geslagte -- elke geslag afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik.
1 以下是耶和华的默示, 这是耶和华论到以色列的话(是耶和华的宣告, 他铺张诸天, 奠定大地的根基, 造成人里面的灵):
2 "看哪! 我要使耶路撒冷成为令周围万族喝醉的杯; 耶路撒冷被围困的时候, 犹大也必受到攻击。
3 到那日, 我要使耶路撒冷对万族来说像一块沉重的石头, 举起它的必受重伤; 地上的列国必聚集起来攻击耶路撒冷。
4 到那日(这是耶和华的宣告), 我要击打所有的马匹, 使它们惊恐, 击打骑马的人, 使他们疯狂; 我必开眼看顾犹大家, 我要击打万族所有的马匹, 使它们瞎眼。
5 那时, 犹大的族长必心里说: ‘耶路撒冷的居民, 靠万军之耶和华他们的 神得着力量。’
6 "到那日, 我必使犹大的族长好像木柴中的火盆, 又好像禾捆中的火把; 他们必向左右吞灭周围的万族, 但耶路撒冷的人必仍在城中原处安居。
7 "耶和华必先拯救犹大的帐棚, 免得大卫家的荣耀和耶路撒冷居民的荣耀胜过犹大。
8 到那日, 耶和华必保护耶路撒冷的居民; 他们中间最软弱的, 到那日必好像大卫, 大卫家必好像 神, 好像行在他们前面的耶和华使者。
9 到那日, 我必歼灭所有前来攻打耶路撒冷的列国。
10 "我必把那恩慈与恳求的灵倾注在大卫家和耶路撒冷居民的身上。他们必仰望我, 就是他们所刺的; 他们要为他哀哭, 好像丧独生子; 他们必为他悲痛, 好像丧长子。
11 到那日, 耶路撒冷必有极大的哀哭, 像在米吉多平原的哈达临门的哀哭一样。
12 全地都要哀哭, 一家一家独在一处哀哭。大卫家独在一处, 他们的妇女也独在一处; 拿单家独在一处, 他们的妇女也独在一处;
13 利未家独在一处, 他们的妇女也独在一处; 示每家独在一处, 他们的妇女也独在一处;
14 其余的各家都是一家一家独在一处, 他们的妇女也独在一处。"