1 En ek het my oë opgehef en gekyk -- daar was 'n man met 'n meetsnoer in sy hand.
2 Toe sê ek: Waar gaan u heen? En hy antwoord my: Om Jerusalem te meet, om te sien wat sy breedte en wat sy lengte is.
3 En meteens kom die engel wat met my gespreek het, vorentoe; en 'n ander engel het te voorskyn gekom, hom tegemoet,
4 aan wie hy sê: Loop gou, spreek met hierdie jongman en sê: Jerusalem sal lê soos 'n oop land weens die menigte van mense en vee daar binne-in.
5 En Ek sal vir hom wees, spreek die HERE, 'n vurige muur rondom en tot heerlikheid daar binne-in.
6 Op, op, vlug uit die Noordland, spreek die HERE! Want Ek het julle na die vier windstreke van die hemel verstrooi, spreek die HERE.
7 Op, o Sion, red jouself, jy wat woon by die dogter van Babel!
8 Want so sê die HERE van die leërskare: Hy het my gestuur agter heerlikheid aan na die nasies wat julle uitgebuit het; want wie julle aanraak, raak sy oogappel aan.
9 Want kyk, Ek sal my hand oor hulle swaai, sodat hulle 'n buit word vir hulle knegte. Dan sal julle weet dat die HERE van die leërskare my gestuur het.
10 Jubel, en wees bly, o dogter van Sion! Want kyk, Ek kom om in jou midde te woon, spreek die HERE.
11 En baie nasies sal hulle in die dag by die HERE aansluit, en hulle sal My tot 'n volk wees; en Ek sal in jou midde woon. Dan sal jy weet dat die HERE van die leërskare my na jou gestuur het.
12 En die HERE sal besit neem van Juda as sy erfdeel op die heilige grond en Jerusalem weer verkies.
13 Swyg alle vlees voor die HERE! Want Hy verhef Hom uit sy heilige woning.
1 我又举目观看, 看见一人手里拿着量度用的绳子。(本节在《马索拉抄本》为2:5)
2 我问他: "你到哪里去?"他对我说: "我要去量度耶路撒冷, 看看有多宽, 有多长。"
3 那与我说话的天使离去的时候, 另有一位天使迎着他来,
4 对他说: "你快跑去告诉那年轻人: ‘耶路撒冷必有人居住, 像没有城墙规限的田野, 因为城中的人和牲畜很多。
5 耶和华说: 我要作耶路撒冷四围的火墙和城中的荣耀。’"
6 "嗨! 嗨! 你们要从北方之地逃走(这是耶和华的宣告), 因为我过去曾把你们分散在天的四方。"这是耶和华的宣告。
7 耶和华说: "嗨! 与巴比伦的居民同住的锡安的人民哪! 逃跑吧! "
8 万军之耶和华这样说, 得了荣耀之后, 他差遣我去攻击那些劫掠你们的列国, 因为凡触摸你们的, 就是触摸他眼中的瞳人。
9 看哪! 我要向他们挥动我的手, 他们就必成了自己奴仆的掠物。这样, 你们就知道万军之耶和华差遣了我。
10 "锡安的居民("居民"原文作"女子")哪! 你们要欢呼快乐, 因为我要来住在你们中间。"这是耶和华的宣告。
11 到那日, 许多国家要归附耶和华, 作他的("他的"原文作"我的")子民, 他要("他要"原文作"我要")住在你们中间。你们就知道万军之耶和华差遣了我到你们那里去。
12 耶和华必再得着犹大作他在圣地的业分, 他必再拣选耶路撒冷。
13 全人类都当在耶和华面前肃静, 因为他从自己圣洁的居所被激动起来了。