1 En die woord van die HERE van die leërskare het gekom en gesê:

2 So spreek die HERE van die leërskare: Ek ywer oor Sion met 'n groot ywer, ja, Ek ywer met groot grimmigheid daarvoor.

3 So sê die HERE: Ek keer terug na Sion en sal midde-in Jerusalem woon; en Jerusalem sal genoem word: Die stad van trou, en die berg van die HERE van die leërskare: Die heilige berg.

4 So sê die HERE van die leërskare: Daar sal weer ou manne en ou vroue op die pleine van Jerusalem sit -- elkeen met sy stok in sy hand vanweë die veelheid van hulle dae.

5 En die pleine van die stad sal vol wees van seuntjies en dogtertjies wat op die pleine daarvan speel.

6 So sê die HERE van die leërskare: As dit te wonderbaar is in die oë van die oorblyfsel van hierdie volk in die dae, sal dit ook in my oë te wonderbaar wees? spreek die HERE van die leërskare.

7 So sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek gaan my volk verlos uit die land van die ooste en uit die land van die weste

8 en hulle aanbring; en hulle sal midde-in Jerusalem woon. Dan sal hulle vir My 'n volk wees, en k sal vir hulle 'n God wees, in trou en geregtigheid.

9 So sê die HERE van die leërskare: Laat julle hande sterk wees, julle wat in hierdie dae sulke woorde gehoor het uit die mond van die profete op die dag toe die fondament gelê is van die huis van die HERE van die leërskare, die tempel, om gebou te word.

10 Want voor hierdie dae het die mense geen loon getrek nie, ook vir die diere was daar geen loon nie; en vir die wat uit-- en ingaan, was daar weens die teëstander geen veiligheid nie; want Ek het al die mense die een teen die ander losgelaat.

11 Maar nou sal Ek vir die oorblyfsel van hierdie volk nie wees soos in vroeër dae nie, spreek die HERE van die leërskare.

12 Want die saad van vrede, die wingerdstok, sal sy vrug gee, en die aarde sy opbrings lewer, en die hemel sal sy dou skenk; en die oorblyfsel van hierdie volk sal Ek al hierdie dinge laat beërwe.

13 En soos julle 'n vloek gewees het onder die nasies, o huis van Juda en huis van Israel, so sal Ek julle verlos, dat julle 'n seën kan wees. Wees nie bevrees nie, laat julle hande sterk wees.

14 Want so sê die HERE van die leërskare: Soos Ek My voorgeneem het om julle kwaad aan te doen, toe julle vaders My vertoorn het, sê die HERE van die leërskare, en Ek daar geen berou van gehad het nie --

15 so het Ek My weer voorgeneem om in hierdie dae goed te doen aan Jerusalem en die huis van Juda. Wees nie bevrees nie.

16 Dit is die dinge wat julle moet doen: Spreek die waarheid met mekaar; beoefen waarheid en 'n regspraak van vrede in julle poorte!

17 En julle moet nie mekaar se onheil in jul hart versin nie, en nie die valse eed liefhê nie. Want dit alles haat Ek, spreek die HERE.

18 En die woord van die HERE van die leërskare het tot my gekom en gesê:

19 So sê die HERE van die leërskare: Die vasdag in die vierde en die vasdag in die vyfde en die vasdag in die sewende en die vasdag in die tiende maand moet vir die huis van Juda 'n vreugde en blydskap wees en vrolike feestye, maar julle moet die waarheid en die vrede liefhê.

20 So sê die HERE van die leërskare: Nog sal volke aankom en die inwoners van baie stede.

21 En die inwoners van die een stad sal gaan na die ander en sê: Kom, laat ons heengaan om die aangesig van die HERE om genade te smeek en die HERE van die leërskare te soek. Ek wil ook gaan!

22 So sal dan baie volke en magtige nasies kom om die HERE van die leërskare in Jerusalem te soek en die aangesig van die HERE om genade te smeek.

23 So sê die HERE van die leërskare: In die dae sal tien man uit al die tale van die nasies die slip van 'n Joodse man gryp en dit vashou en sê: Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is.

1 万军之耶和华的话临到我说:

2 "万军之耶和华这样说: ‘我十分热爱锡安; 我为锡安大发烈怒。’

3 耶和华这样说: ‘我要返回锡安, 住在耶路撒冷里面; 耶路撒冷必称为"信实之城", 万军之耶和华的山必称为"圣山"。’

4 "万军之耶和华这样说: ‘年老的男女必再坐在耶路撒冷的街上; 他们因为年纪老迈, 各人都手拿拐杖。

5 城里的街上必满了男孩女孩, 在街上嬉戏。’

6 "万军之耶和华这样说: ‘在那些日子, 这事在这余剩的子民眼中被视为不可能的奇迹, 在我眼中也视为不可能吗?’这是万军之耶和华的宣告。

7 "万军之耶和华这样说: ‘看哪! 我必从日出之地和日落之地拯救我的子民。

8 我要把他们领回来, 让他们住在耶路撒冷; 他们要作我的子民, 我也要凭着信实和公义作他们的 神。’

9 "万军之耶和华这样说: ‘在万军之耶和华的殿奠立了根基, 预备建造的日子, 你们这些在当时听过众先知亲口宣告这些话的人, 现在你们的手务要刚强。

10 因为在那些日子以前, 人作工是没有工价的, 牲畜也是这样, 并且因有敌人的缘故, 人出入就没有平安, 我也使众人互相攻击。

11 但现在我待这些余剩的子民必不像从前的日子那样(这是万军之耶和华的宣告)。

12 因为五谷必生长繁茂, 葡萄树必结果子, 地土必出土产, 天也必降下甘露, 我要使这些余剩的子民承受这一切。

13 犹大家和以色列家啊! 你们从前在万国中成为可咒诅的, 将来, 我要拯救你们, 使你们成为赐福的器皿。你们不要惧怕, 你们的手务要刚强。’

14 "万军之耶和华这样说: ‘你们的列祖惹我发怒的时候, 我曾定意降祸在你们身上, 并没有改变心意(这是万军之耶和华说的);

15 照样, 在这些日子里, 我定意恩待耶路撒冷和犹大家。你们不要惧怕。

16 你们应当行这些事: 你们各人要与邻舍说真话, 在你们的城门口要凭着诚实和公正施行审判。

17 你们各人不要心里图谋恶事, 彼此陷害, 也不可好起假誓, 因为这些都是我所恨恶的。’这是耶和华的宣告。"

18 万军之耶和华的话临到我, 说:

19 "万军之耶和华这样说: ‘四月的禁食、五月的禁食、七月的禁食和十月的禁食都要变为犹大家欢喜快乐的日子和欢乐的节期。所以, 你们要喜爱诚实与和平。’

20 "万军之耶和华这样说: ‘将来还有万族的人和多个城市的居民要来。

21 一城的居民到另一城去, 对他们说: 我们快去恳求耶和华施恩, 求告万军之耶和华; 我们自己也去。

22 必有很多的民族和强大的国家前来, 在耶路撒冷求告万军之耶和华, 恳求他施恩。’

23 "万军之耶和华这样说: ‘在那些日子, 必有十个说不同方言, 来自列国的人, 紧抓住一个犹大人的衣襟, 说: 让我们与你们同去吧, 因为我们听见 神与你们同在。’"