1 Open jou deure, o L¡banon, sodat vuur jou sederbome verteer!
2 Huil, o sipres, omdat die seder geval het, omdat die pragtige bome verwoes is! Huil, eike van Basan, omdat die ontoeganklike woud afgekap is.
3 Hoor! die gejammer van die herders, want hulle heerlikheid is verwoes. Hoor! die geknor van die jong leeus, want die pronkbosse van die Jordaan is verwoes.
4 So sê die HERE my God: Wees herder van die slagskape --
5 hulle kopers maak hulle dood, sonder om skuldig te voel; hulle verkopers sê: Geloofd sy die HERE; ek word ryk! En hulle herders het geen medelyde met hulle nie.
6 Want Ek sal met die inwoners van die land geen medelyde meer hê nie, spreek die HERE; maar kyk, Ek gaan die mense oorlewer, elkeen in die hand van sy naaste en in die hand van sy koning; en hulle sal die land verwoes, en Ek sal uit hulle hand nie red nie.
7 En ek het die slagskape -- waarlik ellendige skape! -- opgepas; en ek het vir my twee stawe geneem. Die een het ek genoem: Lieflikheid, en die ander het ek genoem: Samebinding; en ek het die skape opgepas.
8 En ek het die drie herders in een maand vernietig. Toe het my siel ongeduldig geword oor hulle, terwyl hulle siel ook van my afkerig geword het.
9 Daarop het ek gesê: Ek wil julle nie meer oppas nie -- wat sterwend is, laat sterwe; en wat verlore gaan, laat verlore wees, en laat die wat oorbly, mekaar se vleis verslind!
10 Toe het ek my staf Lieflikheid geneem en dit verbreek, om my verbond wat ek met al die volke gesluit het, te verbreek.
11 En dit is op die dag verbreek. En so het die ellendiges onder die skape wat op my ag gegee het, bemerk dat dit 'n woord van die HERE was.
12 Daarop sê ek vir hulle: As dit goed is in julle oë, gee dan my loon; en so nie, laat dit dan staan. Toe het hulle my loon afgeweeg: dertig sikkels silwer.
13 Hierop sê die HERE vir my: Gooi dit vir die pottebakker -- die heerlike prys waarmee Ek deur hulle gewaardeer is! En ek het die dertig sikkels silwer geneem en dit in die huis van die HERE vir die pottebakker gegooi.
14 Toe het ek my tweede staf, Samebinding, verbreek, om die broederskap tussen Juda en Israel te verbreek.
15 Daarop sê die HERE vir my: Neem weer vir jou die gereedskap van 'n herder, van 'n dwase.
16 Want kyk, Ek sal 'n herder verwek in die land; na wat verlore is, sal hy nie omkyk nie; wat verstrooi is, nie opsoek nie; en wat gebroke is, nie genees nie; en wat nog regop staan, nie versorg nie. Maar die vleis van die vettes sal hy eet en selfs hulle kloue afruk.
17 Wee die slegte herder wat die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm tref en sy regteroog! Mag sy arm heeltemal verdor en sy regteroog heeltemal verduister word!
1 黎巴嫩哪! 敞开你的门户, 好让火吞灭你的香柏树。
2 松树啊! 哀号吧, 因为香柏树已经倒下, 雄壮的树木都毁坏了; 巴珊的橡树啊! 哀号吧, 因为茂密的树林被砍下来了。
3 听牧人们哀号的声音, 因为他们荣美的草场毁坏了; 听少壮狮子吼叫的声音, 因为约旦河边的丛林毁坏了。
4 耶和华我的 神这样说: "你要牧养这将被宰杀的羊群。
5 那些买了它们的宰杀它们, 也不算为有罪; 那些卖它们的说: ‘耶和华是应当称颂的, 因我成了富足的人。’它们的牧人并不怜恤它们。
6 因此我必不再怜恤这地的居民(这是耶和华的宣告)。看哪! 我把他们各人交在他的邻舍和君王的手中。他们必摧毁这地, 我必不救这地的居民脱离他们的手。"
7 于是, 我牧养这将被宰杀的羊群, 就是羊群中最困苦的; 我取了两根杖, 一根我称为"恩宠", 另一根称为"联合"。这样我就牧养了羊群。
8 在一个月之内我除灭了三个牧人。我的心厌烦他们, 他们的心也讨厌我。
9 我就说: "我不再牧养你们了; 那将要死的, 让他死吧! 那将要被除灭的, 让他被除灭吧; 那些余剩的, 让他们彼此吞食对方的肉吧! "
10 然后, 我拿起我那根称为"恩宠"的杖, 把它折断, 表示要废除我与万民所立的约;
11 那约就在当日废除了。这样, 那些仰望我的困苦羊群, 就知道这是耶和华的话。
12 我对他们说: "你们若看为美, 就给我工资; 不然, 就算了。"于是, 他们称了三十块银子作我的工资。
13 那时, 耶和华对我说: "你要把银子丢给陶匠。"那银子就是他们认为我应得的高价。我就拿了那三十块银子, 在耶和华的殿里丢给陶匠了。
14 我又折断那称为"联合"的另一根杖, 表示要废除犹大和以色列之间的手足之情。
15 耶和华又对我说: "你去取愚昧牧人的装备来。
16 因为我要在这地兴起一个牧人; 那些快要丧亡的他不看顾, 失散的他不寻找, 受伤的他不医治, 强壮的他不喂养, 他却要吃肥羊的肉, 撕掉它们的蹄子。
17 "那丢弃羊群的无用牧人有祸了! 愿刀剑落在他的膀臂和他的右眼上; 愿他的膀臂全然枯槁, 愿他的右眼完全失明! "