1 En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom.

2 En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die HERE en na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem.

3 En Hy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.

4 Maar hulle sal sit elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, sonder dat iemand hulle verskrik; want die mond van die HERE van die leërskare het dit gespreek.

5 Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar ons sal wandel in die Naam van die HERE onse God vir ewig en altoos.

6 In die dag, spreek die HERE, wil Ek versamel die wat kreupel is, en bymekaarmaak wat verdryf was, en die wat Ek kwaad aangedoen het.

7 Dan sal Ek die wat kreupel was, tot 'n oorblyfsel maak en wat ver verwyder was, tot 'n magtige nasie. En die HERE sal koning wees oor hulle op die berg Sion, van nou af tot in ewigheid.

8 En jy, Skaapstoring, Heuwel van die dogter van Sion, na jou sal dit kom, ja, die vroeëre heerskappy sal kom, die koningskap vir die dogter van Jerusalem.

9 Waarom skreeu jy nou so hard? Is daar geen koning in jou nie? Of het jou raadgewer omgekom, sodat smart jou aangegryp het soos van een wat baar?

10 Krimp inmekaar en bring voort, o dogter van Sion, soos een wat baar! Want nou sal jy die stad verlaat en op die veld gaan woon; en jy sal in Babel aankom -- d r sal jy gered word, d r sal die HERE jou verlos uit die hand van jou vyande.

11 En nou is daar baie nasies teen jou versamel wat sê: Laat haar ontheilig word, en laat ons oë met welgevalle neersien op Sion.

12 Maar hulle ken nie die gedagtes van die HERE nie en verstaan nie sy besluit nie, dat Hy hulle versamel het soos gerwe op die dorsvloer.

13 Staan op en dors, o dogter van Sion! Want Ek sal jou horing yster maak en jou kloue koper, en jy sal baie volke fyn trap; en jy sal hulle onregverdige wins aan die HERE toewy en hulle rykdom aan die Here van die ganse aarde. [ (Micah 4:14) Nou sal jy by hope bymekaar moet kom, o dogter van krygsbendes; die vyand het 'n wal teen ons opgegooi; met 'n stok slaan hulle die regeerder van Israel op die kakebeen. ]

1 到末后的日子, 耶和华殿的山, 必矗立在万山之上, 高举过于万岭; 万民都要流归这山。

2 必有多国的人前来说: "来吧! 我们上耶和华的山, 登雅各 神的殿; 他必把他的道路指示我们, 我们也要遵行他的道; 因为教训必出于锡安。耶和华的话要来自耶路撒冷。

3 "他要在多族中施行审判, 为远方的强国断定是非。他们必把刀剑打成犁头, 把矛枪打成镰刀; 这国不举刀攻击那国, 他们也不再学习战事。

4 各人都要坐在自己的葡萄树, 和无花果树下, 无人惊吓他们, 因为万军之耶和华亲口说过了。

5 虽然, 万民各奉自己神的名行事, 我们却要永远奉耶和华我们 神的名而行。"

6 耶和华说: "到那日, 我必召聚瘸腿的, 集合被赶散的, 和我所苦待的。

7 我必使瘸腿的作余民; 使软弱疲乏的成为强国; 耶和华必在锡安山作王统治他们, 从现在直到永远。

8 你这羊群的守望楼啊! 锡安女子的俄斐勒啊! 从前的权柄, 必归给你, 就是耶路撒冷女子的国权, 要归还给你。

9 现在你为什么大声呼喊?难道你们中间没有君王吗?或是你的谋士灭亡了, 以致疼痛抓紧你, 好像临产的妇人呢?

10 锡安的女子啊! 你要疼痛劬劳, 好像临产的妇人; 因为现在你要从城里出来, 住在田野, 一定要到巴比伦去; 在那里你要蒙拯救, 在那里耶和华必救赎你, 脱离仇敌的掌握。

11 现在多国的民集合起来, 攻击你, 说: ‘愿锡安被蹂躏, 愿我们亲眼看见锡安遭报应。’"

12 但是, 他们却不知道耶和华的意念, 也不明白他的谋略; 他收集他们, 好像把禾捆收集到禾场一样。

13 锡安的女子啊! 起来踹谷吧! 因为我必使你的角成为铁, 使你的蹄成为铜; 你必粉碎许多民族, 把他们所得的, 作为当灭之物献与耶和华, 把他们的财宝献给全地的主。