1 En Dawid het daarvandaan weggegaan en ontvlug na die spelonk van Adullam; en toe sy broers en sy hele familie dit hoor, het hulle daarheen afgetrek na hom.
2 Verder het by hom vergader elkeen wat in benoudheid was, en elkeen wat 'n skuldeiser gehad het, en elkeen wat verbitterd was; en hy het owerste oor hulle geword, sodat daar omtrent vier honderd man met hom saam was.
3 Vandaar gaan Dawid toe na Mispe in Moab en sê aan die koning van Moab: Laat my vader en my moeder tog uitkom by julle totdat ek weet wat God met my wil doen.
4 En hy het hulle voor die koning van Moab gebring, en hulle het by hom gebly al die dae wat Dawid in die bergvesting was.
5 Maar die profeet Gad het vir Dawid gesê: Jy mag nie in die bergvesting bly nie; trek weg en gaan die land Juda in. En Dawid het weggetrek en in die bos H,ret gekom.
6 Toe Saul hoor dat Dawid en die manne wat by hom was, opgemerk is -- Saul het by G¡bea op die hoogte onder die tamarisk gesit met sy spies in sy hand, en al sy dienaars het by hom gestaan --
7 het Saul aan sy dienaars wat by hom staan, gesê: Luister tog, Benjaminiete! Sal die seun van Isai ook vir julle almal lande en wingerde gee, julle almal aanstel as owerstes oor duisend en owerstes oor honderd,
8 dat julle almal teen my saamspan en niemand dit aan my openbaar as my seun met die seun van Isai 'n verbond sluit nie? en niemand van julle met my medelyde het en dit aan my openbaar dat my seun my onderdaan teen my ophits om my voor te lê, soos vandag die geval is nie?
9 Daarop antwoord Doëg, die Edomiet, wat by die dienaars van Saul staan, en sê: Ek het die seun van Isai sien kom in Nob by Ahim,leg, die seun van Ah¡tub.
10 En die het vir hom die HERE geraadpleeg en hom padkos gegee; hy het ook die swaard van Goliat, die Filistyn, aan hom gegee.
11 Toe stuur die koning om Ahim,leg, die seun van Ah¡tub, die priester, met sy hele familie, die priesters wat in Nob was, te roep, en hulle het almal na die koning gekom.
12 En Saul het gesê: Luister tog, seun van Ah¡tub! Toe antwoord hy: Hier is ek, my heer!
13 En Saul sê vir hom: Waarom het julle teen my saamgesweer, jy en die seun van Isai, deurdat jy vir hom brood en 'n swaard gegee het en God vir hom geraadpleeg het, sodat hy hom as iemand wat my voorlê, teen my sou versit soos vandag die geval is?
14 Toe antwoord Ahim,leg die koning en sê: Maar wie is onder al u dienaars so getrou soos Dawid, wat skoonseun van die koning is en aangesluit het by u lyfwag en geëerd is in u huis?
15 Het ek vandag vir die eerste keer God vir hom geraadpleeg? Dit is ver van my! Die koning moet nie op sy dienaar, op my hele familie, iets lê nie; want u dienaar het van hierdie hele saak, klein of groot, niks af geweet nie.
16 Maar die koning sê: Ahim,leg, jy moet sekerlik sterwe, jy en jou hele familie.
17 En die koning sê aan die hardlopers wat by hom staan: Tree nader en maak die priesters van die HERE dood, omdat hulle hand ook met Dawid saam is en omdat hulle geweet het dat hy vlug en dit nie aan my geopenbaar het nie. Maar die dienaars van die koning wou hulle hand nie uitsteek om op die priesters van die HERE aan te val nie.
18 Daarop sê die koning vir Doëg: Tree jy nader en val op die priesters aan. Toe tree Doëg, die Edomiet, nader en hy val op die priesters aan; en hy het op die dag vyf en tagtig man wat die linneskouerkleed dra, gedood.
19 Ook die priesterstad Nob het hy met die skerpte van die swaard verslaan, man sowel as vrou, kind sowel as suigling, ook die beeste en esels en skape met die skerpte van die swaard.
20 Maar een van die seuns van Ahim,leg, die seun van Ah¡tub, het vrygeraak, en sy naam was Abjatar; hy het agter Dawid aan gevlug.
21 Toe Abjatar aan Dawid vertel dat Saul die priesters van die HERE vermoor het,
22 sê Dawid vir Abjatar: Ek het daardie dag toe Doëg, die Edomiet, daar was, geweet dat hy dit sekerlik aan Saul sou vertel. Ek is die oorsaak van die dood van al die lede van u familie.
23 Bly by my, wees nie bevrees nie; want die wat my lewe soek, soek u lewe ook; want u is by my in goeie bewaring.
1 大卫离开那里, 逃到亚杜兰洞。他哥哥们和他父亲的全家听到了, 就都下到他那里去。
2 凡是受窘迫的、负债的、心里不满的, 都聚集到大卫那里, 他就成了他们的领袖。那时, 跟从他的约有四百人。
3 大卫从那里到摩押的米斯巴去, 对摩押王说: "求你容许我父母来住在你们这里, 直到我知道 神要为我作什么。"
4 于是大卫把他们留在摩押王那里。大卫住在山寨的日子有多久, 他父母也与摩押王同住多久。
5 迦得先知对大卫说: "你不要留在山寨, 要到犹大地去。"大卫就离开那里, 往哈列的森林去了。
6 扫罗听见发现了大卫和跟从他的人的行踪。那时扫罗在基比亚坐在山上一棵垂柳树下, 手中拿着枪, 众臣仆侍立在他周围。
7 扫罗就对侍立在他周围的臣仆说: "便雅悯人哪, 你们要听! 耶西的儿子能把田地和葡萄园赐给你们各人吗?他能立你们各人作千夫长、作百夫长吗?
8 你们竟都同谋陷害我。我的儿子与耶西的儿子立盟约的时候, 没有人告诉我; 我的儿子挑唆我的臣仆陷害我, 就像今天一样, 你们中间也没有人关心我, 告诉我。"
9 那时以东人多益与扫罗的臣仆侍立在那里, 他回答说: "我曾看见耶西的儿子到了挪伯亚希突的儿子亚希米勒那里。
10 亚希米勒为他求问耶和华, 给他粮食, 又把非利士人歌利亚的刀给他。"
11 扫罗就派人去把亚希突的儿子, 亚希米勒祭司和他父亲的全家, 就是在挪伯的众祭司, 都召了来; 他们众人都来见王。
12 扫罗说: "亚希突的儿子啊! 你要听。"他回答: "我主啊! 我在这里。"
13 扫罗对他说: "你为什么与耶西的儿子合谋陷害我?把食物和刀给他, 又为他求问 神, 使他起来陷害我, 就像今天一样呢?"
14 亚希米勒回答王说: "在你所有的臣仆中, 有谁像大卫那样忠心呢?他是王的女婿, 又是你的卫队的队长, 并且在你朝中是受敬重的。
15 我岂是今天才开始为他求问 神的呢?绝对不是。请王不要归罪于我和我父的全家, 因为这整件事无论大小, 我都不知道。"
16 王说: "亚希米勒啊! 你和你父的全家都是该死的。"
17 王就对侍立在他周围的卫兵说: "你们转过去, 把耶和华的祭司杀死, 因为他们与大卫携手, 又因为他们知道大卫逃跑, 也不告诉我。"但王的臣仆不愿下手杀害耶和华的祭司。
18 于是王对多益说: "你转过去把祭司击杀。"以东人多益就转过去把祭司击杀了。那一天, 他杀了八十五个穿以弗得的人,
19 又用刀击杀了祭司城挪伯, 无论男女, 孩童或吃奶的婴儿, 牛驴或羊, 都用刀杀尽。
20 亚希突的儿子亚希米勒有一个儿子, 名叫亚比亚他, 逃过了大难, 就逃去跟随大卫。
21 亚比亚他把扫罗杀害耶和华祭司的事告诉了大卫,
22 大卫就对亚比亚他说: "那一天我见以东人多益在那里, 就知道他必定会告诉扫罗。你父全家每个人的死, 我都有责任。
23 你可以住在我这里。不要惧怕, 因为那寻索你命的, 正在寻索我的命, 你与我在一起就可保安全。"