1 En Samuel het die kruik met olie geneem en dit op sy hoof uitgegiet en hom gesoen en gesê: Het die HERE jou nie gesalf as vors oor sy erfdeel nie?
2 As jy vandag van my af weggaan, sal jy by die graf van Ragel, op die grens van Benjamin in Selsag, twee manne aantref wat vir jou sal sê: Die esels wat jy gaan soek het, is gevind. En kyk, jou vader het die saak van die esels laat vaar en is besorg oor julle en vra: Wat kan ek vir my seun doen?
3 Gaan jy dan vandaar verder en kom by die terpentynboom van Tabor, dan sal drie manne jou daar kry wat na God, na Bet-el opgaan: een dra drie bokkies, en een dra drie broodjies, en een dra 'n sak wyn.
4 En hulle sal jou na die welstand vra en sal jou twee brode gee; dit moet jy dan uit hulle hand aanneem.
5 Daarna sal jy kom by G¡bea van God waar die wagposte van die Filistyne is; en net soos jy daar die stad inkom, sal jy 'n groep profete ontmoet wat van die hoogte afkom, en voor hulle uit harpe en tamboeryne en fluite en siters, terwyl hulle self profeteer.
6 En die Gees van die HERE sal oor jou vaardig word, sodat jy saam met hulle sal profeteer en in 'n ander mens verander word.
7 En as hierdie tekens vir jou uitkom, doen dan wat jou hand vind om te doen, want God is met jou.
8 En jy moet voor my uit na Gilgal afgaan, en kyk, ek sal na jou afkom om brandoffers te offer, om dankoffers te slag; sewe dae lank moet jy wag, totdat ek by jou kom en jou bekend maak wat jy moet doen.
9 En net toe hy sy skouer draai om van Samuel af weg te gaan, het God sy hart verander, en al hierdie tekens het op die dag uitgekom.
10 Nadat hulle daar by G¡bea gekom het, ontmoet hom meteens 'n groep profete, en die Gees van God het oor hom vaardig geword, sodat hy onder hulle geprofeteer het.
11 En toe elkeen wat hom van gister en eergister af geken het, sien dat hy saam met die profete profeteer, het die mense die een aan die ander gesê: Wat het tog gebeur met die seun van Kis? Is Saul ook onder die profete?
12 En 'n man daarvandaan het geantwoord en gesê: Wie is tog hulle vader? Daarom het dit 'n spreekwoord geword: Is Saul ook onder die profete?
13 Toe hy klaar was met profeteer, het hy op die hoogte aangekom.
14 En die oom van Saul het vir hom en sy dienaar gevra: Waar het julle heen gegaan? Daarop sê hy: Om die esels te soek; en toe ons sien dat hulle daar nie was nie, het ons na Samuel gegaan.
15 En die oom van Saul sê: Vertel my tog wat Samuel julle meegedeel het.
16 Toe sê Saul vir sy oom: Hy het ons verseker meegedeel dat die esels gevind is. Maar die saak van die koningskap, waar Samuel van gespreek het, het hy hom nie vertel nie.
17 En Samuel het die volk na die HERE in Mispa byeengeroep
18 en aan die kinders van Israel gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek het Israel uit Egipte laat optrek en julle gered uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van al die koninkryke wat julle verdruk het.
19 Maar julle verwerp vandag julle God wat julle uit al jul onheile en node verlos het, en sê: Nee, maar jy moet 'n koning oor ons aanstel. Stel julle dan nou op voor die aangesig van die HERE volgens julle stamme en volgens julle geslagte.
20 Toe Samuel dan al die stamme van Israel laat nader kom het, is die stam van Benjamin aangewys;
21 en toe hy die stam van Benjamin volgens sy geslagte laat nader kom het, is die geslag van Matri aangewys; verder is Saul, die seun van Kis, aangewys. En hulle het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.
22 En hulle het die HERE verder geraadpleeg: Het nog iemand hierheen gekom? En die HERE sê: Kyk, hy het tussen die pakgoed weggekruip.
23 Daarop het hulle geloop en hom daarvandaan gebring; en toe hy tussen die mense gaan staan, was hy van sy skouers af boontoe hoër as die hele volk.
24 En Samuel sê aan die hele volk: Sien julle hom wat die HERE uitgekies het? Want daar is nie een onder die hele volk soos hy nie. Toe juig die hele volk en sê: Mag die koning lewe!
25 Daarna het Samuel die reg van die koningskap voor die volk afgekondig en dit in 'n boek geskrywe en voor die aangesig van die HERE neergelê. En Samuel het die hele volk elkeen na sy huis laat gaan.
26 En Saul het ook na sy huis gegaan in G¡bea; en die helde wie se hart God geroer het, het met hom saamgegaan.
27 Maar die deugniete het gesê: Hoe kan hierdie man ons verlos? En hulle het hom verag en hom geen geskenk gebring nie; maar hy het hom doof gehou.
1 撒母耳拿了一瓶膏油, 倒在扫罗的头上, 又与他亲嘴, 说: "耶和华不是已经膏立你作他产业的领袖吗?
2 今天你离开我以后, 在便雅悯境内的泄撒, 靠近拉结坟墓的旁边, 必遇见两个人。他们会对你说: ‘你去寻找的那几头母驴已经找到了。现在你父亲放下了母驴的事, 反而为你担忧, 说: 我为我的儿子要怎么办呢?’
3 你要从那里再往前去, 直到他泊的橡树那里, 必遇见三个上伯特利去敬拜 神的人, 一个带着三只山羊羔, 一个带着三个饼, 一个带着一皮袋酒。
4 他们必向你问安, 并且给你两个饼, 你要从他们手中接过来。
5 然后, 你要到 神的山去, 那里有非利士人的驻军。你进城的时候, 会遇见一班先知从邱坛上下来。在他们前面有鼓瑟的、打鼓的、吹笛的、弹琴的。他们都受感说话。
6 耶和华的灵必大大感动你, 你就要与他们一同受感说话, 变成另一个人。
7 这些征兆临到你的时候, 你就可以见机行事, 因为 神与你同在。
8 你要在我以先下到吉甲去, 我也要下到你那里去献燔祭和平安祭。你要等候七天, 等我到了你那里, 指示你所当行的。"
9 扫罗转身离开撒母耳的时候, 神就改变了他, 赐给他一颗新心。那一天, 这一切征兆都实现了。
10 扫罗到了那山, 有一班先知迎面而来。 神的灵大大感动他, 他就在他们中间受感说话。
11 所有以前认识扫罗的人, 看见他和他们一起受感说话, 就彼此说: "基士的儿子怎么啦! 扫罗也列在先知中间吗?"
12 那里有一个人回答: "这些人的父亲是谁呢?"因此, 后来有句俗语说: "扫罗也列在先知中间吗?"
13 扫罗受感说话完了以后, 就到邱坛去了。
14 扫罗的叔叔问扫罗和他的仆人说: "你们到哪里去了?"他回答: "找母驴去。我们找不到, 就去见撒母耳。"
15 扫罗的叔叔说: "你把撒母耳对你们所说的话告诉我。"
16 扫罗对他叔叔说: "他清楚地告诉我们, 母驴已经找到了。"至于撒母耳所说有关王国的事, 扫罗却没有告诉他的叔叔。
17 撒母耳召集众民到米斯巴耶和华那里,
18 对他们说: "耶和华以色列的 神这样说: ‘我把你们以色列人从埃及带上来, 我救你们脱离埃及人的手, 又救你们脱离所有欺压你们的列国人的手。’
19 你们今天却离弃了那位拯救你们脱离一切灾难和困苦的 神, 竟对他说: ‘求你立一个王统治我们。’现在你们要按着你们的支派和家族, 站在耶和华面前。"
20 撒母耳使以色列众支派都近前来, 抽签抽中了便雅悯支派;
21 他又使便雅悯支派按着家族近前来, 抽签抽中了马特利; 再抽签抽中了基士的儿子扫罗。众人寻找他, 却找不到。
22 于是他们求问耶和华: "那人到这里来了没有?"耶和华说: "他躲在那些物件中。"
23 他们就跑过去, 把他从那里领出来; 他站在众人中间, 比众人都高出一个头。
24 撒母耳对众民说: "你们看见耶和华所拣选的人没有?在众人中没有一个可与他相比。"众人就大声欢呼: "愿王万岁! "
25 撒母耳把国法对众人述说了, 又记在书上, 存放在耶和华面前, 然后遣散众人, 各回自己的家去了。
26 扫罗也回基比亚自己的家里去了, 有一些勇士与他一起回去; 他们的心都被 神感动。
27 但是有些流氓说: "这人怎能拯救我们呢?"就藐视他, 也没有送他礼物。扫罗却没有说什么。